Jy dink dalk ’n glimlag emoji is vir wanneer jy gelukkig is, maar dink weer want hoe Millennials en Gen Z dit gebruik, verskil hemelsbreed van mekaar. As jy ’n tiener-ouer is, ken jy waarskynlik ’n paar van die nuwes. Deur Suzanne Kotzé.
Gen Z gebaretaal
Hartjie/lief vir jou

Onlangs gesels ons as ’n groep tiener-ouers oor hoe die nuwe generasie verskillende fisiese tekens gebruik. Ek is lief vir jou is byvoorbeeld nou ’n gekruisde duim – en middelvinger. Sodat daar ’n klein v, soos die onderkant van ’n hartjie vorm. Dit kom van Koreaans ‘K-pop’ kultuur. Een ma vertel hoe, as sy haar Gen Alpha dogter se kamerdeur oop kry, sy dikwels die vir haar wys.
Opgewonde klap

’n Ander vriend vertel weer hoe een van sy jong Gen Z werknemers, vinnige middelvinger na duimbewegings tydens ’n aanlyn video-vergadering gemaak het, nadat hy goeie nuus gedeel het, en hy nie geweet het wat haar reaksie is nie. Toe hy haar vir haar ’n WhatsApp tydens die vergadering stuur om privaat te vra hoekom sy daai gebaar maak en of iets fout is, verduidelik sy ‘nee, dit is die teken vir opgewondenheid.’
‘Clock it’ klap

Wysvinger na duim bewegings beteken weer ‘clock it’. Dit verwys na as jy iets duidelik raaksien, bv. rooi vlaggies, of as jy reageer op iets wat iemand probeer wegsteek, maar dit dan raaksien.
Emoji-taal
En dit is nie net fisiese gebare wat verskil nie, maar veral ook emoji-gebruik.
😂 💀 Snaaks
’n Gunsteling onder Millennials en Gen X om lag te wys. Gen Z sien dit dikwels as verouderd en verkies 💀, wat beteken “Ek is dood van die lag.”
👍 OK of passief aggressief
Millennials/Gen Z gebruik dit om “OK” of “goeie werk” te beteken. Sommige Gen Z-gebruikers interpreteer dit as kortaf, passief-aggressief of afwysend.
❤️ 🫶 💖 Waardering/liefde
Gebruik deur Millennials/Gen Z om opregte toegeneentheid, liefde of waardering uit te druk. Gen Z mag dit ook gebruik, maar verkies dikwels alternatiewe soos 🫶 of 💖.
😊 Vriendelik of ongemaklik
Millennials gebruik dit om vriendelik en beleefd voor te kom. Gen Z mag dit in sommige kontekste as effens ongemaklik of geforseerd beskou.
😭 hartseer of snaaks
Millennials gebruik dit vir hartseer, terwyl Gen Z dit dikwels gebruik om oorweldigende lag, vreugde of emosie te wys.
✨ Positief of sarkasme
Millennials gebruik dit om iets positiefs uit te lig. Gen Z gebruik dit gereeld vir sarkasme of dramatiese klem. Voorbeeld: “Ek floreer” wanneer dinge eintlik sleg gaan.
🫠 Verleentheid
Gewild onder Gen Z om verleentheid, ongemaklikheid, stres of oorweldigende gevoelens uit te druk.
🤡 Fout
Gebruik deur Gen Z om hulself te beskryf nadat hulle ‘n fout gemaak het of mislei is.
🫡 Respek/aanvaarding
Dikwels gebruik deur Gen Z om respek, aanvaarding van ’n moeilike taak of speelse oorgawe aan te dui.
🫣 Ongemaklike nuuskierigheid
Stel ongemaklike nuuskierigheid, tweedehandse verleentheid of die geheime kyk na drama wat ontvou, voor.
👀 Ek kyk
Beteken “Ek kyk, of “ek luister”, “dit is interessant,” of “daar is skinderstories hier.”
🥲 Gemenge emosies
Gebruik om gemengde emosies uit te druk, soos om gelyktydig gelukkig en hartseer te wees.
🤌 Perfek, opgewondenheid
Kan “perfek,” “wat doen jy?” beteken of opgewondenheid beteken.
🤝 ooreenkoms, begrip
Word dikwels gebruik om ooreenkoms, begrip of ‘n gedeelde ervaring te toon.
🫶 Waardering/liefde
’n Nuwer gunsteling onder Gen Z om waardering, ondersteuning en liefde uit te druk.
Die verskil kom neer op kommunikasiestyle. Millennials gebruik tipies emoji’s om boodskappe warmer en vriendeliker te maak, terwyl Gen Z dit dikwels as deel van internethumor, memes en gelaagde betekenisse gebruik. Soos aanlynkultuur ontwikkel, bly emoji-betekenisse verander, wat konteks net so belangrik maak soos die emoji self.
Ken jou generasies
Gen Beta (2025-2039)
- Word groot met KI wat van geboorte af in die alledaagse lewe geïntegreer is.
- Ervaar hoogs gepersonaliseerde onderwys deur tegnologie.
- Gewoond aan slimhuise en -stelsels en gevorderde robotika.
- Leef in ‘n wêreld waar virtuele en fisiese ervarings toenemend vermeng word.
Gen Alpha (2013–2024)
- Die eerste generasie wat geheel en al in die era van KI, stroming en slimtoestelle gebore is.
- Sterk beïnvloed deur TikTok, YouTube, speletjies en internetkultuur.
Gen Z (1997-2012)
- Ware digitale inboorlinge wat met slimfone en sosiale media grootgeword het.
- Verkies korter formaat videos en vinnge vermaak
- Visuele kommunikeerders
- Platforms soos TikTok en YouTube Shorts het ’n groot invloed op hoe hulle informasie hanteer.
Millennial (1981-1996)
- Het grootgeword tydens die opkoms van die internet en sosiale media.
- Gemaklik met beide digitale en persoonlike kommunikasie.
Gen X (1965-1980)
- Die eerste generasie wat met persoonlike rekenaars grootgeword het.
- Bekend vir onafhanklikheid en aanpasbaarheid.
- Onthou die lewe voor die internet, maar het digitale tegnologie as volwassenes omhels.
“Baby boomers” (1946–1964)
- Het grootgeword tydens die voorspoed na die Tweede Wêreldoorlog.
- Het die opkoms van televisie ervaar.
- Waardeer dikwels harde werk, lojaliteit en persoonlike kommunikasie.





