Praat jy die regte liefdestaal vir jou maat?

Hou jou maat fyn dop, want die manier waarop hy/sy (of selfs jou kinders of familie) liefde wys (hul liefdestaal) is dikwels die manier hoe hulle ook liefde wil ontvang. Deur Suzanne Kotzé

11/02/2024

Wat is liefdestaal

Die liefdestaal-konsep is nie nuut nie. Huweliksterapeut Dr. Gary Chapman se “The 5 Love Languages” boek wat hy reeds in die negentigs geskryf het, is so bekend dat die naam ’n handelsmerk geword het, en jy kry selfs gesertifiseerde Love Language ™ coaches.

En al is daar ook kritiek teen die konsep (die wêreld en geslagsrolle het immers geweldig verander vanaf die negentigs) bly dit tog handig om te weet met watter een van hierdie liefdestale jy en ook jou maat assosieer.

Deur jou maat, en selfs jou kinders (’n spesifieke boek vir kinders ‘The Five Love Languages of Children is ook beskikbaar) en vriende fyn dop te hou, behoort jy te kan weet watter tipe liefdestaal hulle praat. Volgens die ‘Love Language ™’ konsep is dit ook die manier waarop hulle liefde sal wil ontvang.

Die vyf liefdestale

  1. Diensgebare
  2. Woorde van bevestiging
  3. Kwaliteit-tyd
  4. Fisiese aanraking
  5. Om geskenke te ontvang.

1. Diensgebare

Vir hierdie mense wys dade (groot of klein) eerder as woorde, liefde. Bedagsame, onbaatsugtige dade sonder dat die ander persoon daarvoor gevra het.

  • Koffie in die bed
  • Was sy/haar motor
  • Verrig ’n taak waarvan sy/hy nie hou nie. Bel die loodgieter, doen die inkopies ens.
  • Help met huiswerk

2. Woorde van bevestiging

Verbale uitdrukkings van liefde, aanmoediging en waardering. Dit is belangrik om hierdie woorde uit jou hart te bedoel. Dit kan ook in die vorm van ’n WhatsApp of briefie wees.  Ek is lief vir jou

  • Dankie
  • Ek waardeer jou
  • Ek is trots op jou
  • Ek dink aan jou
  • Komplimente (slegs as jy dit waarlik bedoel)

3. Kwaliteit-tyd

Om onverdeelde aandag te gee. En hoe lank of hoe kort dit moet wees hang af van persoon tot persoon. Dit kan ’n 10 minute gesprek oor ’n koppie tee wees voor bedtyd of ’n naweek weg. Probeer dinge wat jy ook deel kan maak van julle daaglikse roetine.

  • Oogkontak as julle gesels
  • Luister aandagtig
  • Sit foon eenkant
  • ‘Date nights’
  • Maak tyd om te praat oor julle dag

4. Fisiese aanraking

En fisiese aanraking gaan nie noodwendig oor seks in ’n romantiese verhoudig nie. Enige liefdevolle aanraking.

  • Hou hande vas
  • Gee drukkies
  • ’n ‘Hallo’ en ‘totsiens’ soen of drukkie
  • Prioritiseer seks in romantiese verhoudings

5. Geskenke ontvang

Jy/maat is bekend daarvoor dat jy/hy/sy weldeurdagte, betekenisvolle geskenke gee. En dit gaan nie noodwendig oor hoe duur dit is nie, maar oor die moeite (en lekkerte) wat in die keuse van die geskenk ingaan. Die ware geskenk is om te weet jou maat dink aan jou.

  • Gunsteling sjokolade in kosblik/werksak
  • Gee blomme of ’n plant
  • ’n Pakkie kougom in sy/haar motor
  • Dit kan natuurlik nou en dan ook groter geskenke wees.

Doen gerus self die 5 Love Languages ® ‘quizz’ of laat jou maat dit doen as jy onseker is.

Klik hier:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Oekraïne
5 Oekraïniese vroue wat nou in Suid-Afrika bly deel hul gevoelens oor die Oekraïnse-oorlog
error: Content is protected !!