Meer as 10 biljoen emojis word glo daagliks gebruik, maar praat jy die regte emoji-taal? Al ooit gewonder of die emojis wat jy gebruik dalk heeltemal iets ander beteken as wat jy dink? Leandie du Rant het ons onlangs lekker laat giggel met ’n emoji was sy al vir jare ‘verkeerd’ gebruik het. En psst sommige emojis kan jou ook glo laat ‘oud’ lyk. Deur Suzanne Kotzé
12/07/2024
Leandie du Randt oor haar emoji-taal blaps 🙏

Leandie het onlangs ’n baie snaakse Instagram reel gedeel oor die 🙏 ‘bid-hande’ emoji. (Ons is met jou Leandie, ons het dit ook as bid-hande gebruik!). Sy deel: “Ek het pas uitgevind hierdie is ook die emoji vir ‘high-five’ en nie noodwendig vir bid nie. Mense daarbtuite gaan deur moeilike tye en ons high-five.”
Toe ons Leandie uitvra oor hoe sy agtergekom het die bidhande is nie altyd bidhande nie deel sy: “Ek het iemand anders gesien van oorsee dit post en toe besef ek wow mens sien so baie keer iets van net een perspektief af en dink nie aan die ander moontlikhede nie. Dit is eintlik nog ’n life lesson vir my – soms moet mens net jou perspektief verander na hoe jy na dinge kyk. That said – ek sien dit weer as ‘n DANKIE emoji maar kan sien hoe dit as ’n high five ook gesien kan word. Op die ou end maak dit nie saak wat dit beteken dit gaan oor mens se intensie wanneer jy dit stuur en gebruik dink ek. 🤪😂”
Persepsie, geslag, kultuur en ouderdom speel ’n rol as dit by emojis kom.
Tydens ’n studie gedoen deur die Universiteit van Nottigham is 24 emojis aan mans en vroue van veskillende ouderdomme en herkoms (Sjinees en Brits) gewys. Hulle het gevind dat hoe ouer die persoon, hoe minder pas wat hulle dink die emoji beteken by die eintlike betekenis van die volgende emojis verbaas, bang, hartseer en kwaad. Vroue se interprataties van die gelukkigge, bang, harsteer en kwaad emoji’s was meer geneig om reg te wees.
Die outeurs van die studie het wel bygevoeg dat die dubbelsinnighed van emojis beslis nog navorsing werd is, veral as dit kom by kommunikasie tussen verskillende geslagte, ouderdomme en kultuurgroepe.
Interessante emoji-statistieke
- 44% van verbruikers is meer geneig om iets te koop as dit ’n emoji by het. (Volgens (Adobe)
- Die emoji wat die meeste gebruik word is die lag gesiggie 😂, gevolg deur die hart ❤️, en derde is die rol op die grond van lag emoji 🤣 (volgens DooFinder)
- Die brein identifiseer beelde/prente binne slegs 13 millisekonders en dit is waarom emojis so handig is vir kommunikasie (volgens MIT News Office)
- Mans hou minder van emojis as vroue, veral as dit by bemarking kom. (volgens NetHunt)
- 42% van vroue dink dit is prettig as handelsmerke emojis gebruik (volgens (NetHunt)
- 15% van mense bo 45 glo dat die gebruik van emojis onvanpas is. (volgens NetHunt)
- Die hoofrede waarom internet verbruikers emojis gebruik is omdat hulle glo emojis kan help om hulself duidelik uit te druk. (volgens Falkon SMS)
- 50% mense is meer geneg om op ’n boodskap te reageer as daar ’n emoji by is. (volgens Pumble)
- 32% van Gen Z het al ’n verhouding beeindig deur ’n emoji te gebruik. (Adobe)
- 73% va mense glo dat jy cooler is as jy ’n emoji in jou boodskap gebruik. Instagram posts that use emojis have increased engagement by 48% (SignHouse)
Verwarrende emojis
Hierdie emojis veroorsaak veral verwarring (volgens ’n studie gedon op 2201 Amerikaners)
💅 Die naelsverf emoji
40% van die mense glo die emoji dui op luuksheid, terwyl ander weer glo dit beteken ‘naelverf’, ‘moenie oor my bekommerd wees nie’ en ‘selfsorg’.
💨 Die wolk emoji
Vir 38% van mense betken die wolkie wegstorm (of dashing away) of vinnig. 34% dink dit beteken poep, 15% dink dit beteken moeg of uitasem en 13% dink dit beteken rook.
🙃 Die onderste-bo gesig emoji
38% van mense sien die gesig as sarkasties, 36% glo dit beteken glimlag deur die pyn, selfde as die gewone glimlag emoji (16%) en passief aggriessief (10%).
👍 Die duim emoji
In Westerse kultuur word dit dikwels gesien as ’n simbool vir saamstem, maar is sommige Midde-Oosterse kulture is dit soorgelyk aan die middelvinger in die Westerse kultuur. Sommige van die Gen Z ervaar dit ook as ’n passiewe aggresiewe teken.
👌 Wysvinger en duim emoji
Die meeste van ons gebruik die as ‘okay’ of uitstekend, maar in Brasilië en Suid-Europa word dit as obseen beskou, terwyl Austaliës dit as duiwels (evil) kan sien. In Japan beteken dit glo geld in in sommige Midde-Oosterse lande word dit met verwysing na die evil eye gebruik.
Top tien emoji’s wat jou glo kan laat oud lyk
Volgens Perspectus Global kan die gebruik van hierdie emojis jou oud laat lyk
👍 ❤️ 👌 ✔💩 😭 🙈 👏 💋 😬
Onseker oor die betekenis van die emoji wat jy wil gebruik?
Loer gerus op emojipedia.org
PS Wêreld emoji-dag is op 17 Julie 2024.