Sothys cryo eye treatment
Sothys cryo eye treatment

Porseleinlepels vir pofferige oë met die Sothys Cryo-oogbehandeling

Ons is genooi om die Sothys Cryo-oogbehandeling te probeer en het nie net heerlik ontspan nie, maar ook baie meer ontspanne en varser gelyk na die tyd! Deur Suzanne Kotzé

Wat behels die Sothys Cryo-oogbehandeling?

Die salonbehandeling is spesifiek ontwerp vir donker kringe en pofferigheid sodat dit die tekens van veroudering, oneweredige veltoon en moegheid kan teenwerk. ’n Masseringstegniek met ’n spesiaal ontwerpte porseleinlepeltjie help om die limf in jou oog-area te dreineer om dit minder pofferig en meer gelig te laat lyk. Die woord cryo verwys natuurlik na “koue terapie”, want die porseleinlepeltjies word in ys gehou sodat dit heerlik koud is wanneer jy daarmee gemasseer word. 

Hoe werk die oogbehandeling?

Die behandeling bestaan uit 6 stappe

Stap 1: Voorbereiding en reiniging

Jou grimering word verwyder en jou gesig word gereinig (dit voel behoorlik asof dit skoon gemasseer word!) en ’n vogroom word aangewend. 

Stap 2: Afskilfering

Jou oog-area word byna nooit afgeskilfer nie, aangesien die meeste afskilferaars nie naby jou oog-area gebruik moet word nie. ’n Ligte jel wat ’n ensiem-afskilferaar bevat, word aangewend, of eerder aangemasseer; reg rondom jou oribitale been en om jou wenkbroue. Dit voel hemels! Daarna word die area met afskilferingslappies skoongevee en ’n Sothys Rebalancing lotion word aangewend

Stap 3: Die anti-donker kringe-en-pofferigheidsbehandeling volg nou:’n behandeling met fyn knyp-bewegings

Die Sothys Lift Eye serum word aangewend aan jou oog-area.Die terapeut maak die allerfynste knyp bewegings met haar wysvinger en duim terwyl sy dit aanwend. Dit voel so lekker, ek is van voornemens om my eie oogroom ook nou so aan te wend, want dit help met die dreinering van vloeistowwe en gifstowwe. 

Stap 4: Fermer en meer plomp met koue porseleinlepeltjies

Sothys Plumping modelling cream word aangewend en ingemasseer met die koue porseinlepeltjies. Nooit sou ek kon dink dat dit so lekker voel om met lepeltjies gemasseer te word nie. Ek wens ek kon nou sommer dadelik weer die behandeling laat doen!

Stap 5: ’n Strelende, koel jelmasker om te help met pofferigheid 

’n Koel jelmasker word nou aan jou oog-area aangewend. En dan word jy weer met die lepeltjies gemasseer: vanaf jou borsbeen tot by jou wenkbroue. Jy voel behoorlik hoe die swelling minder word (ek sukkel nogal met sinus ook, voel altyd bietjie geswel). Sothys Rebalancing Lotion word nou weer aangewend. 

Stap 6: Laaste lepelmassering

Sothys Radiance Cream for Anti-Dark Circles word nou aangesmeer en weer met die lepeltjies ingemasseer. Daarna volg room oor jou hele gesig. 

Ek kon werklik ’n verskil sien aan my oog-area. Ek het beslis vir myself (en Justine) minder moeg en pofferig gelyk. Ek het ook lanklaas so lekker ontspan. Ek gaan beslis hierdie masseertegnieke tuis ook inspan. 

Ek het die behandeling by Claremont Endermologie & Skin Clinic, Kaapstad ontvang. 

Kry die behandeling hier

Nog salonne wat die behandeling aanbied is:

Wes-Kaap

Alpha Beauty Skincare Clinic – Hermanus

Bloom Nails & Beauty – Panorama

Claremont Endermologie & Skin Clinic – Claremont

Exquisite Beauty Salon – Melkbosstrand

Revive – Robertson

Skincare with Caroline – Brackenfell

Gauteng

Body Oasis – Bronkhorstspruit

Carol-Ann Beauty Salon – Norwood

Die Salon Jeanette – Heidelberg

Solo Tu – Sandton

Waverley Beauty Clinic – Waverley (Pretoria)

Oos-Kaap

Complexions – Nahoon (Oos Londen)

Elizabeth’s Beauty Salon – Summerstrand (PE)

Tranquility Beauty & Body Clinic – Queenstown

Kwa-Zulu-Natal

Hayleigh Stanistreet Beauty Therapist – Pietermaritzburg

Infinity Beauty on 12A – Pietermaritzburg

The Vine Health & Beauty – Pietermaritzburg

The Studio– Pietermaritzburg

Marshmallows Nail & Beauty Bar – Ballito

Beauty Treats – La Lucia

Skin Tone – Musgrave

Mpumalanga

Body Basics – White River

Namibia

Timeless Body & Skincare – Windhoek

Dermabeauty – Otjiwarongo

Lees ook: Raad vir donker kringe onder jou oë

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
natuurlike lipkleure
Elkedagse natuurlike lipkleure
error: Content is protected !!