Na jare (en jare) se produkte toets is ons partykeer huiwerig wanneer ’n skoonheidsproduk die byna onmoontlike belowe. En hierdie nuwe oogroom beloof die voorkoms van ’n goeie nagrus, selfs al het jy net ’n paar uur geslaap, in slegs 30 sekondes!
Beide Justine en Suzanne wou eerstehands die een self uittoets. Clarins se nuwe Total Eye Lift oogroom beloof duidelike resultate in slegs 30 sekondes.
Ons deel 6 redes waarom jy hiervan sal hou en wat ons werklik van hierdie oogroom dink;
Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze.
6 Redes waarom hierdie jou volgende oogroomkopie behoort te wees;
1. Die voordele:

Verminder pofferigheid, kalmeer en streel die vel rondom die oë vir ’n varser voorkoms.
Versag die voorkoms van fyn lyne en plooie, hidreer die vel rondom die oë vir ’n plomper en meer egalige veltonus.
Lig oë in 30 sekondes, die formule verferm die voorkoms van jou vel binne sekondes.
Verhelder donker kringe danksy lig reflekterende aktiewe bestanddele wat ook sirkulasie en bloedvloei aanhits.
Ondersteun vel vir die lang duur, met gereelde gebruik voel die area rondom jou oë sterker en lyk jonger.
2. Die natuurlike bestanddele:
94% van hierdie formule is van natuurlike botaniese, plantbestanddele.
Kafeïen– hierdie is ’n gunsteling wanneer dit by oogrome kom, dit laat die oë dadelik meer oop, wakker en minder pofferig lyk.
Organic Horse Chestnut (Escin) – help met die mikro-sirkulasie en bloedvloei rondom jou oë wat die voorkoms van donker kringe sal verminder.
Harungana ekstrak gekombineer met ’n nuwe geaktiveerde Red Jania ekstrak– die bestanddeel is verantwoordelik vir die “liggende” effek. Die kombinasie hiervan het ’n retinol-tipe uitwerking op die vel, maar sonder die newe effekte van retinol. ’n Formulasie wat die stimulasie van nuwe kollageen aanhits.
Organic white horehound beskerm die vel teen die effek van omgewingsbesoedeling.
Albizia Bark, Guarana en Shea Butter is bestanddele wat almal saam werk om vel te hidreer en helderder te laat vertoon.
3. Die 30 sekonde effek:
Kom ons gesels oor die 30 sekonde belofte: “’n duidelik liggende effek na ’n halwe minuut”

Nadat ons die Clarins Total Eye Lift (R1450) aangewend het, het ons opgemerk ons oë lyk effens gladder, stywer en effens meer wakker. Nie ’n face-lift of gesig-lig in ’n botteltjie nie maar dit gee beslis ’n verfrissende “ek het goed geslaap” voorkoms met ’n fermer voorkoms rondom jou oe.
4. Grimering wend foutloos aan
Na twee weke se gebruik wend die grimering rondom my oë makliker aan, vertel Justine. Nie net dien hierdie oogroom as ’n fantastiese voorbereidingslagie vir my verbloemer nie, die room se liggende effek beteken die fyn lyne onder my oë is minder sigbaar en my onderlaag en verbloemer wend makliker aan.
5. Herwinbaar en hervulbaar
Clarins is een van die min skoonheidshuise wat herwinbare en eko-vriendelike opsies bied – die Total Eye Lift word ook nou in ’n hervulbare luglose aluminiumbottel verpak.
Die hervulbare houertjie is deursigtig sodat jy kan sien hoeveel produk jy nog oor het en wanneer jy weer jou hervulbare oogroom moet aankoop. Danksy die maklike druk en trek sisteem is dit blitsig vinnig om jou gunsteling oogroom met ’n hervulbare weergawe te vervang.
6. Die moet-probeer masseringstegniek
Clarins deel internasionale bekende skoonheidskenner en facialist, Marie Depoulan se raad vir die beste tegniek om die Clarins Total Eye Lift tuis aan te wend. Om seker te maak jy kry die meeste uit hierdie wonderroom, probeer Marie se “gesg-liggende” massering:

- Plaas jou wysvinger en middelvinger op die binnehoeke van jou oë, net onder jou wenkbroue.
- Skuif nou jou wysvinger oor jou boonste ooglede, en dan uitwaarts na jou slape.
- Laat nou jou middelvingers die binnehoeke van jou oë afwaarts onder jou oë masseer van die binnehoeke uitwaarts na jou slape.
Herhaal die stappe totdat die Clarins Total Eye lift goed geabsorbeer is.
Justine en Suzanne sê:
Justine sê
My eerste indruk was die hemelse tekstuur van hierdie sysagte room wat byna dadelik wegsmelt, dit voel glad nie swaar rondom my oog-area nie.
Na aanwending voel my onder oë gehidreerd, en nie taai nie. Dit laat my oë omtrent dadelik meer oop, wakker en minder pofferig lyk nog voor my oggendkoffie klaar is of koud geraak het!
Na ’n paar weke se gebruik is die resultate selfs meer indrukwekkend – my onder oë voel baie meer gehidreerd, sag en soepel en danksy hierdie hidrasie hupstoot is die voorkoms van my fyn plooitjies langs my oë al hoe minder sigbaar.
Suzanne sê
Ek is veral mal oor die pompbotteltjie van die Clarins Total Eye Lift. Ek weet geen kieme kan ingaan, soos met ’n oopdraai potjie oogroom nie, en dit pomp presies die regte hoeveelheid uit vir een keer se aanwending.
Dit voel ook heerlik verfrissend as jy dit aanwend, en die effense koel sensasie is verfrissend, so asof die pofferigheid sommer dadelik verdwyn.










