Hoe gemaak met donker kringe onder jou oë? Hier is kundige raad; van moet-hê oogroom-bestanddele tot estetiese behandelings wat kan help en hoe om dit weg te steek met grimering. Deur Suzanne Kotzé
Wat veroorsaak donker kringe onder jou oë?
’n Mens is geneig om te dink donker kringe beteken te min slaap, maar Kaapse dermatoloog Dr Dr Suretha Kannenberg sê daar is meestal twee redes:
1. Volumeverlies as gevolg van veroudering
Ons het oral natuurlike vetkussinkies in ons gesig, en veral onder ons oë. Soos ons ouer word, word die natuurlike vet egter minder, of dit kan selfs afskuif en kleiner word.
2. Pigmentasie as gevolg van wrywing
Jy vryf dalk jou oë omdat jy moeg is, of as gevolg van allergieë of maskara wat jou oë irriteer.
Wat kan ons doen aan donker kringe onder die oë?
Estetiese behandelings
Dr. Suretha vertel watter estetiese behandelings ons kan probeer, sou jy besluit dat dit jou te veel pla.
Vullers vir volumeverlies
Jou oog-area kom as gevolg van veroudering en volumeverlies meer ingesonke voor. Vullers wat hialuroonsuur bevat, plomp hierdie area op deur hidrasie van binne te gee. Nou is jou vel nie meer so naby aan die bloedvaatjies (wat deurskyn en die donker kringe vorm) nie omdat daar meer van ’n lagie tussen jou vel en die bloedvaatjies is.
Vullers vir pigmentasie
Jy kry vullers (soos Teoxane Redensity 2) wat bestanddele bevat soos aminosure, anti-oksidante en vitamiene, wat veral goed werk vir pigmentasie onder die oë.
Vullers word gewoonlik so tussen jou oog en wangbene gespuit, aan die onderste rand van jou oogbank, maar ’n kundige dokter kan dit aanpas na gelang van jou kringe en gesigsvorm.
Swelling en kneusing
Ons het met ’n Stylvol-vriendin gesels wat al vuller in die area laat doen het en sy sê: “Dit was nie regtig seer nie. Ek kneus maklik en ek het ’n hele paar blou kolle gehad. Ek is baie bly ek het hierdie op ’n Vrydag laat doen, sodat ek by die huis kon bly. Die effek was wel baie goed, en ek het ook hoër wangbene gehad en minder plooitjies rondom my mond.”
Dr. Suretha sê swelling en kneusing kan vier tot sewe dae hou, maar jy kan dit met grimering wegsteek.
Hoe lank hou dit?
Gewone vullers hou een tot twee jaar, en dit kan selfs langer hou onder jou oë.
Kostes
Kostes kan wissel van R2500-R4000, afhangende van wat gedoen moet word.
Chemiese afskilfering vir pigmentasie.
“Vir donker kringe as gevolg van pigmentasie, werk chemiese afskilferings goed,” sê dr. Suretha. Die afskilfering word oor jou hele gesig en oog-area gedoen.
- Glikoliensuur-afskilferings kan elke vier tot ses weke gedoen word.
- Jy behoort na vier tot ses afskilferings ’n verskil te sien.
- Daarmee saam beveel ek gewoonlik ’n goeie oogroom soos Neostrata Bionic Eye cream en Skinceuticals AGE Eye complex aan.
Jou oogroom
Ons gaan nie doekies omdraai nie, ons weet nie van ’n oogroom wat op sy eie jou donker kringe kan wegneem nie. Daar is te veel ander faktore, soos genetika en leefstyl, ook betrokke. ’n Oogroom kan dit wel help verbeter.
Dr Suretha verduidelik dat die vel rondom jou oë dunner en meer sensitief is en is meer geneig om droog te wees. Daarom moet jy ’n oogroom op die area gebruik en nie ’n gewone room nie.
Aanwending
Gebruik ’n ertjiegrootte drupel op jou ringvinger en tik die room liggies aan. Ons het geleer dat dit beter is om oogroom vanaf die buitehoeke na die binnehoeke liggies aan te tik en weer uitwaarts te tik. So beland die grootste hoeveelheid van die room op jou lagplooitjies.
Wat van ’n rollertjie? Kan dit ’n verskil maak?
Ek gebruik graag rollertjies nadat ek my room aangewend het (ek het ’n ou rollertjie wat saam met ’n oogroom gekom het wat ek steeds gebruik).
Dr Suretha maan egter dat dit belangrik is om sagkens te werk. Daar is heelwat oogrome met ’n metaal-aanwender op die punt. Dr Suretha sê: “’n Rollertjie mag goed wees vir donker kringe, mits jy dit saam met room gebruik en die rollertjie nie jou vel trek nie.
Bestanddele
Volgens dr Suretha is hierdie die bestanddele wat jou oogroom behoort te bevat.
Dr. Suretha beveel aan
Nog oogroom opsies waarvan ons hou
Verbloem jou donker kringe so
- Wend ’n primer (voorbereidingslagie) wat spesifiek vir die area bedoel is onder jou oë aan. Die meeste van die voorbereidingslagies wat vir jou oë bedoel is, het van nature ’n pienkerige/perske-ondertoon wat die donker uitbalanseer. Ek gebruik graag Smashbox Photo Finish Hydrating Under Eye Primer. Dit voel lig en laat my verbloemer beslis langer aanbly.
2. Tik verbloemer aan in die binnehoeke van jou oë (wees versigtig om dit nie in jou oë te kry nie, want dit sal brand en jou oë sal traan) en gebruik dan jou ringvinger (of ’n kwassie as jy verkies) om die room uitwaarts te meng. Moenie te veel aanwend nie, anders lyk dit dik en plooierig.
3. Spuit ’n sproei aan wat jou grimering langer laat hou. (Mac Prep ’n Prime R375 is ’n ou gunsteling).
4. Gebruik ’n kwassie, druk dit in deursigtige poeier, skud ekstra poeier goed af en tik dit liggies op die area. Gebruik min poeier, want dit kan maklik te dik lyk en jou plooitjies beklemtoon!
Ek gebruik graag