Dun of kort hare? Maar jy wens so jy kon ook graag ’n vol poniestert vasmaak? Welkom by die klub! Ons het die oplossing gevind, ’n aanknip en vasbind poniestert wat so natuurlik lyk, mense gaan nie glo dis nie deel van jou eie hare nie. Lees meer oor die kwaliteit van die hare, hoe dit werk en die stap-vir-stap poniestert proses hier. Deur Justine Kroes.
06/09/2024
Meer oor die Frontrow poniestert
Regte hare
Die poniestertverlenging deur Frontrow Hair bestaan uit luukse kwaliteit 100% Indian Remy Human Hair.
Lengte en gewig
Die hare van die poniestert is 20 duim (50cm) lank.
Dit is glad nie swaar nie en weeg maar 90 g.
Geen skade aan jou eie hare nie
Die poniestert beskadig op geen manier jou eie hare nie. Dit bind eenvoudig rondom jou eie hare vas met ‘n knip en toutjies. G’n gom of chemikalieë nie.
‘n Skakering vir almal
Die aanknip poniestert is ’n maklike en eenvoudige manier om lengte, volume of kleur by jou eie hare te voeg sonder om ’n permanente verandering te maak. Daar is tot 11 verskillende skakerings en teksture beskikbaar.
Eindelose stileeropsies
Hierdie poniesterte is ook super veelsydig en kan op verskeie maniere gestileer word, hoë ponies, lae ponies, bollas of vlegsels.
Justine sê:
Hierdie innoverende (en nie permanente) oplossing vir dun of kort hare spaar my nou so baie tyd. Waar ek voorheen huiwerig was om my hare terug te dra en in ’n poniestert vas te maak omdat my hare fyn is, voel ek nou vol selfvertroue.
Pssst – ’n wenner haarstyl wanneer jy haarwasdag gemis het!
Frontrow Clip-In Ponytail is R2 990 – bestel nou joune, klik hier, gebruik ons kode STYLVOL12 vir 12% afslag op jou kopie. (Die skakel en kode is geldig en beskikbaar om op enige Frontrow haarverlengings te gebruik).
https://frontrow.co.za/collections/clip-in-ponytails?sca_ref=6908611.nPstXiXocD
Hier’s hoe:
Stap 1
Bind jou eie hare terug in ’n poniestert of ’n bolla. Ek het gevind die bolla werk die beste en gee die Frontrow poniestert ’n ekstra bietjie hoogte en beweging. Jy hoef nie noodwendig ’n hoë poniestert te maak nie, ’n lae poniestert sal net so stylvol lyk.
Stap 2
Skuif die kammetjie gedeelte op die poniestert onder jou haarrekkie in.
Ek voel so met my vingers totdat die kammetjie gedeelte van die poniestert gemaklik tussen my haarrekkie en my kopvel sit. Dit moet nie ongemaklik voel nie, indien dit doen, trek die kammetjie uit en probeer weer.
Stap 3
Neem nou die linte aan beide kante van die poniestert en bind dit om jou poniestert of bolla, maak dit bo vas en maak weer vas aan die onderkant.
Herhaal hierdie bo en onder vasmaak totdat dit vas voel. Maak seker jy trek hierdie toutjies styf vas en maak ’n dubbelknoop vir ekstra houkrag.
Jy kan dit selfs met die lint bo op jou poniestert vasmaak – onthou, strikke is in!
Stap 4
Vir die ultra-gladde teruggekamde voorkoms is hierdie Frontrow Frizz Fixer Flyaway Gel (R180) ’n moet. Dit lyk dalk soos ’n maskaraborseltjie, maar hierdie slim borseltjie werk fantasties om jou hare heeldag (en aand) op hul plek hou.
’n Wonderlike klein vriendin om in jou handsak te hou om daardie wegvlieghaartjies enige tyd van die dag te tem.
Daar is selfs haarscrunchies en aanknipkuiwe beskikbaar – beslis ’n volgende moet-probeer vir ons!