Het jy geweet daar word elke vyf sekondes ’n botteltjie van Clarins se ikoniese Double Serum wêreldwyd verkoop?! En nou is daar ’n weergawe van hierdie besonderse serum spesifiek vir jou oë ontwikkel. En ja hierdie slimserum spreek pofferigheid en donker kringe aan. Dit is gemaak vir vroue van van alle ouderdomsgroepe en veltipes en ons is albei (met 10 jaar verskil in ouderdom tussen ons) mal daaroor. Deur Justine Kroes & Suzanne Kotze
Ons ken vir Jody Bunkell al vir langer as ’n dekade as Clarins se kommunikasiebestuurder en ons leer altyd iets nuuts by haar. Sy het (behalwe die heel mooiste bene!) ook die gawe om so goed te verduidelik.
Hoekom sukkel ons met donker kringe en pofferigheid rondom ons oë?
As ons foto’s neem, merk een van ons twee gewoonlik op, “ag kyk nou weer na die donker kringe onder my oë!” Ons het vir Jody gevra om te verduidelik hoekom ons hiermee sukkel.
“Die oorsaak hiervan is swak limfdreinering. Wanneer ons saans op ons maag of sy slaap, affekteer dit ons liggaam se natuurlike dreineringstelsel wat lei tot die opbou van gifstowwe, en dit is hoekom ons soms wakker word met pofferigheid rondom ons oë. Baie keer is kringe onder die oë ook meestal oorerflik,” verduidelik Jody.
Maak die gebruik van rollers en massering om die oë ’n verskil?
“Ja, rollers sal die dreinering beslis aanhelp, maar dit is belangrik om ekstra versigtig te wees, omdat die vel rondom jou oe baie delikaat en dun is” is Jody se raad.
Leefstylwenke wat donker kringe en pofferigheid sal verminder
“Drink daagliks baie water om enige gifstowwe in jou sisteem uit te spoel, en maak dan ook natuurlik seker jy kry minstens 8 ure se goeie slaap saans” sê Jody
Clarins Double Serum Eye

Hierdie oogserum is geskik vir vroue van enige ouderdomsgroep met sensitiewe oë en vir draers van kontaklense.
Clarins sê: Die oogserum beloof om:
- die voorkoms van plooie te versag,
- pofferigheid te verminder
- donker kringe te verminder
- die gedeelte rondom jou oë te verhelder
- die oog-area teen besoedeling
- en die skadelike gevolge wat die blou lig van ons rekenaar en selfoonskerms mag inhou te beskerm
Hoofbestanddele van Clarins Double Serum Eye
Die bestanddele van hierdie oogserum is 96% natuurlik en bestaan uit 13 verskillende plantekstrakte, waarvan Wild Chervil (wildekerwel) en Turmeric (borrie) die hoofbestanddele is.
Hierdie twee wonderplante werk saam en komplementeer mekaar om die gedeelte rondom die oog te versterk (wildekerwel) en ook die vel se belangrike funksies (naamlik selvernuwing, hidrasie, voeding en beskerming) te optimaliseer (borrie).
Wildekerwel (Wild Chervil)
Dit het die Clarins span drie jaar se navorsing van 196 plante geneem om die versterkende voordele van Wild Chervil (wildekerwel) te ontdek. Namate ons ouer word, verminder die Alpha-V Integrins rondom die kontoere van ons oë. Hierdie Alpha-V Integrins is die sleutelproteïene vir selkohesie (dink daaraan as die gom wat jou velselle ferm, sterk en bymekaarhou). Die Clarins span het gevind dat die bestanddeel organic wild chervil ekstrak die produksie van hierdie Alpha-V integrins met byna 119% versterk het.
Borrie (Turmeric)
Is een van die hoofbestanddele in die ikoniese Clarins Double Serum en nou ook in die die Double Serum Eye. Borrie word geken aan sy wonderlike anti-oksidant en anti-inflamatoriese voordele asook velsuiwerende eienskappe.
Die borrie of tumerones wat hier gebruik word is hoogsgekonsentreerd en word gebruik om;
- sigbare fyn lyne en plooie te verminder vir ’n fermer vel,
- ’n helder en glansende gelaat aan te moedig,
- jou vel om gesond te bly deur sellulêre voeding aan te moedig
- jou vel se natuurlik hidrasie te versterk en ondersteun so die vel se sperfunksie
- jou vel teen vrye radikale en besoedeling te beskerm
Die formule

Justine sê: Hierdie formule is lig en laat glad nie ’n vetterige of olierige lagie op my vel nie. Die dubbel formule – ’n jeltekstuur en ’n room tekstuur- voel heerlik verfrissend rondom my oë, dit trek ook dadelik in. Ek dra kontaklense en die serum het nie die sensitiewe vel rondom my oë of my oë self laat traan soos wat baie ander oogrome of serums doen nie.
Die fyn lyne rondom my oë lyk beslis sagter en meer gehidreerd. Ek lyk meer “wakker” en my oë meer oop as vantevore.
Ek wend dit ook aan die bokant van my ooglede aan, ek was so verbaas dat my oogskadu nie afgesmeer het nie, maar eintlik goed regdeur die dag gehou het.
Suzanne sê: Ek is mal oor die jeltekstuur wat heerlik koel is, veral op daardie oggende wat my oë ekstra pofferig voel. Die jel smelt behoorlik in, sonder om olierig te voel. Ek was nog altyd gaande daaroor om die Clarins Double Serum op my gesig te gebruik en is baie opgewonde oor hierdie weergawe vir die oë. Na slegs ’n paar keer se gebruik voel my oog-area reeds varser en al het ek die afgelope ruk minder as gewoonlik geslaap, wil dit voorkom of my donker kringe minder erg lyk.
Wat is die regte manier om oogroom/serum aan te wend?
Jody se “Ek verkies dit om oogroom/serum van die binnekant van my oë uitwaarts aan te wend, dit verhoed dat jy nie die delikate gedeelte rondom die oog trek nie. Hierdie aksie moedig ook die dreinering van gifstowwe rondom die ooggedeelte aan.”
Wend so jou Clarins Double Serum Eye aan;
Wend soggens en/of saans aan nadat jy die kontoer van jou oë goed skoongemaak het. Meng albei fases van die formule (die slim botteltjie doen dit vir jou!) en vryf die produk warm tussen jou vingerpunte. Wend dit onder jou oë aan met ’n uitwaartse beweging met vier dreinerings- of sagte drukaksies, van die binnehoeke van die oë uitwaarts na jou slape. Herhaal die stap op jou boonste ooglede. Eindig met drie sagte dreinerings-drukaksies op jou frons lyn tussen jou wenkbroue.
Kyk na die video hier:
Die innoverende botteltjie
Hierdie botteltjie, net soos die Clarins Double serum, maak gebruik van ’n 2 in 1 stelsel. ’n Dubbele flessie aan die binnekant sorg dat die twee teenverouderingsplantekstrakte, een oplosbaar in olie en die ander oplosbaar in water, eers meng wanneer die pomp-aksie plaasvind. Soos jy die pomp bottletjie druk, meng die twee fases van die produk.
Daar is twee druppels op die bo kant van die serum botteltjie, ’n groter druppel as jy meer produk verkies of draai na die kleiner druppel as jy minder van die produk wil gebruik. Hierdie innovering verseker dat die regte hoeveelhede van die produk gebruik word sonder om daarvan te mors.
Die bestanddele self is nie die enigste volhoubare en omgewingsvriendelike deel van die serum nie – die plastiekbotteltjie is ook gemaak van herwinbare materiale.
Lees ook: Ons het hierdie nuwe onderlaag getoets, Clarins Everlasting Long-Wearing & Hydrating Matte Foundation
Hierdie is ‘n promosie, maar ons gee ons eerlike mening oor die produkte wat ons getoets het.