Ons geniet die groen natuurskoon en om buite in die tuin wees op ’n sonnige dag, maar sjoe, party wintersdae is net te ysig en reënerig om die tuin te geniet. Die oplossing? Plante vir jou muur – ’n slim idee om die mooi groen te waardeer op ’n stylvolle manier, tuis in jou warm huis. Loer hier vir 11 van die mooiste idees vir plante vir jou muur. Deur Justine Kroes
11/06/2023
Dekor met jou plante
Wall Spaces se slim planne met kaggelhout (loer hier!) het ons gelei na hierdie idee van die allermooiste potte vir jou muur. Ek het self verlede jaar so ’n stel van 3 Hexagon planters bestel en hierdie plante teen my muur verskaf daaglikse vreugde as ek dit raaksien. Die ontwerp het nuwe lewe geblaas op ’n kaal muur in ons huis.
Jy kan natuurlik ’n hele installasie bou met ’n klompie van die planters, kyk net hoe mooi. Die planters is ook beskikbaar in vyf ander skakerings, onder andere, swart, wit, geel, silwer en goud.
As die Hexa nie vir jou is nie loer net hoe mooi is hierdie ronde vorm:
Nog ’n mooi ontwerp vir ’n kaal muur – is die Leather Gallery Pot Plant Wall Hanger (R4699) – groottes 1000mm x 1000mm.
Kyk hoe mooi is hierdie stel van 6 muurpotte. Distinctive Spaces Set of Six Wall Pots With Succulents (R4 837)
En die driehoeke is ook iets anders! Plantr Trioka – pas tot ’n 18cm pot
Hierdie Hex Wall Planter kan ewe goed werk vir binne of buite;
Die oulikste muurpot nog! Kyk hoe slim is die keramiek Rhino Wall Planter (R749) Knus.co
Die afwerking op die is so uniek – beskikbaar in wit, swart, brons en forest green. Moonrock Planter Large (R449 Knus.co)
Oulik vir kruie
Kyk net hoe oulik is al hierdie muurplanters as jy graag jou eie kruie kweek, die bonus is natuurlik dat jy nie eers die kombuis hoef te verlaat met hierdie teen die muur nie.
Pedersen Lennard Wall Planter (R550) se slim ontwerp maak gebruik van “water-wicking”, ’n self-water- en-dreineer-plan wat seker maak die plant kry self genoeg water soos nodig. Die ontwerp is beskikbaar in 15 pragtige skakerings.
Hierdie stel is volgende op ons wenslysie: Herb Box Set of Two (R1 598 vir twee, beskikbaar op iconomyonline.com)
Halo Wall Planter (R399 Iconomy se terracottapotjie kan maklik uitgehaal word indien jy kruie wil pluk. Die staalbasis plaatjie vang enige grond of water op wat dalk sou mors – netjiese kombuis, geen probleem!