7 Dopamiene dekorwenke vir ’n vreugdevolle spasie

Ons kan eenvoudig nie genoeg kry van die goedvoel dopamiene kopies tans op dekorwinkel se rakke nie! Dopamiene dekor verwys na huis en dekor elemente wat jou gelukkig laat voel en innerlik laat glimlag.

In hierdie artikel deel ons ’n paar handige dopamiene dekorwenke, stileerwenke en dekoritems wat die goedvoel dekorstyl in jou spasie sal aanhits. Deur Justine Kroes

Wat is Dopamiene dekor:

Dopamiene dekor fokus op die stilering van jou spasie op so ’n manier dat dit geluk, energie en persoonlikheid skree. Dink aan helder skakerings, prettige patrone, nostalgiese elemente en dekoritems wat jou laat glimlag wanneer jy dit sien.

In plaas van streng dekorreëls, vestig dopamiene dekor die aandag op een vraag “laat hierdie my gelukkig voel?”

Onthou Dopamiene Dekor is uit en uit persoonlik, wat vir jou gelukkig laat voel mag dalk nie vir iemand anders gelukkig laat voel nie.

7 Wenke vir jou eie Dopamiene Dekor-spasie:

1. Meng en pas

Die truuk is om bont en besige dekorelemente in meer neutrale spasies in te bring, dit laat die spasie minder chaoties en besig voel en laat ook die oë rus tussen helder/interessante dekor stukke.

2. Herhaal skakerings

Om daardie perfekte “goue lyntjie” effek deur jou spasie te kry – herhaal gerus een of twee aksentskakerings deur die kamer op verskillende areas om ’n samehangende gevoel te skep.

3. Nie net kleur nie maar vorms ook

Jy kan maklik wegraak in die kleur en patroon obsessie van dopamiene dekor, maar hou interessante vorms ook in gedagte as ’n stylelement. Dink aan beeldhoukunde tipe lampe, gekurfde meubels en wavy of golwende spieëls

4. Vertel ’n storie

Die fokus van Dopamiene Dekor is om elemente wat jou gelukkig laat voel by jou spasie in te sluit – en baie keer is hierdie tipe elemente nostalgiese dekoritems wat ’n storie vertel.

Moet dus nie net op dopamiene trends fokus nie, maar sluit jou Ouma se kleurvolle blompot op jou kas in. Of verf die raam van ’n ou swart en wit familie foto in ’n neonhelder skakering.

Nog ’n paar nostalgiese elemente om te oorweeg:

  • ’n Retro-geinspireerde kunswerk
  • ’n Kleurvolle platespeler
  • Familiefotos mooi kleurvol geraam
  • Vintage geinspireerde dekorelemente wat jy geverf en jou eie gemaak het.

Die fokus is op die emosionele konneksie aan die spasie, nie die visuele impak alleen nie.

5. Eksperimenteer met klein dekorelemente

Verander en stileer gereeld jou rakke en spasie. Die opwinding van Dopamiene Dekor lê daarin om gereeld dekorelemente te redigeer, verander en rond te skuif. Eksperimenteer met kleiner dekorelemente om ’n groot verskil in jou spasie te maak.

Stileer jou rakke met kleurvolle keramiek items, en verander gereeld die uitleg en kombinasie van items.

Stal helder gekleurde kerse op jou etenstafel uit.

Groepeer kleiner kleurvolle items op ’n skinkbord bymekaar om daardie goedvoel impak te verkry sonder die klottergevoel.

6. Nie net vir maksimaliste nie

Dopamiene dekor is nie net vir maksimalistiese liefhebbers nie, dit kan ook werk in ’n minimalistiese spasie. ’n Neutrale spasie kan steeds vreugdevol voel deur ’n helder kunswerk in te sluit, of ’n kleurvolle helder stoel wat ’n stelling maak.

Nog eenvoudige truuks in ’n neutrale spasie is om helder en bont strooikussings in te sluit of ’n interessante en kleurvolle mat ontwerp met tekstuur, helder skakerings en patrone.

Vir die minimalis gaan dit nie oor die kwantiteit van dopamiene dekor items nie, eerder die emosionele impak van daardie een of twee bont dekorstukke.

7. Lewende dopamiene dekor

Een van die eenvoudigste maniere om dopamiene dekor by jou spasie in te sluit is met lewende goedvoel elemente soos vars helderkleurige blomme en plante.

Helder blomme (in ’n helder blompot) skep dadelik ’n gevoel van vreugde in enige spasie.

Plante laat ons altyd goed voel – hou dit interessant met ’n unieke potjie of planthouer, skakerings, patroon en vorm kombinasies wat jou laat goed voel.

‘n Paar dopamiene dekor items op ons wenslys:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
minimalistiese huis
Organiseringswenke vir ’n minimalistiese huis
error: Content is protected !!