Piekniekpartytjie vir Paasfees

Omskep jou tuin of selfs ’n parkie naby jou huis in ’n piekniekpartytjie vir Paasfees. Ons deel sakpas en maklike doen-dit-self dekor-idees met The Crazy Store se oulike Paasfees bykomstighede. Loer gerus na die Stylvol gunstelinge wat ons gebruik het, ons hoop dit inspireer jou eie Paasfees piekniekpartytjie. Deur Justine Kroes, Fotos: Raincoat Media

15/03/2024

Promosie

Paaseier skattejag

Maak dit pret en interaktief – gee vir elke kind sy eie paashaas sakkie en stuur hulle op ’n paaseier skattejag. Kyk net hoe pragtig is hierdie hasiesakkies gemaak van vilt, beskikbaar in pienk, geel en blou.

Gebruik hasiepote as ’n prettige leidraad vir die paaseiersoektog. Plaas hierdie groot haaspote op die grond in die rigting van die paaseierskattejag en piekniek. Daar is 6 groot haaspote in die pak beskikbaar.

Ons kon nie genoeg kry van hierdie slim aanwysingspyle nie. Plak dit op paaltjies of plak die pyle vas op stokkies en druk dit in die grond in. Ons het selfs van die pyltjies en aanwysingsbordjies op die grond neergelê. Die soektog sal beslis die kinders opgewonde maak vir dit wat nog voorlê.  Daar is 15 verskillende kartonaanwysings in hierdie stel.

Versier jou piekniektafel so

Gebruik ’n kleurvolle tafeldoek om ’n klein tafeltjie te versier. Ons het hierdie geel en wit blokkies-patroon tafeldoek gebruik omdat dit so mooi by al The Crazy Store se Paasversierings pas. 

Paas viltkranse

Versier die area rondom die tafel met hierdie hasie en “Easter” viltkranse. Ons het elkeen van die kleurvolle kranse van boom tot boom gespan om die area rondom die tafel af te span en meer feestelik te laat voel. Hierdie ekstra detail het ’n prettige atmosfeer geskep.

Pak uit

Gebruik ’n hout- (of snybord) en plaas ’n paar paasbolletjies (hot cross buns) op die bord. Vul dan die gaatjies rondom die paasbolletjies met hierdie pastelkleurige foeliebedekte paaseiers vir ‘n tikkie ekstra kleur.

Klett Chocolate Eggs (R59.99 vir 125g)

Hierdie mini eierhouertjie propvol pastelkleurige eiers dien ook as ’n versiering vir die piekniektafel. Stal dit sommer so oop in die eierhouertjie uit. Ons gaan dit beslis op die grootmenstafel ook gebruik wanneer ons vanjaar tafel dek.

Plaas ’n kleurvolle hasie op elke kind se plekkie aan tafel, dit dra by tot ’n kleurvolle tafel en laat natuurlik die kinders ook ekstra spesiaal voel.

Bunny slab with candy coated buttons (R19,99)

Blomme is ‘n moet

Blomme op ’n tafel (selfs vir ’n piekniekpartytjie) is nou maar net eenmaal vir ons ’n moet! Dit skep hoogte en laat enige tafel dadelik afgerond lyk. Ons wou nie groot of luukse blomme hier gebruik nie, dit sou uit plek lyk op ’n informele kindertafel.

Gebruik eenvoudig blommetjies of mooi takkies wat in jou tuin of in die veld rondom jou piekniek-tafel groei. Ons het hierdie kleurvolle, glinsterende eiertjies van The Crazy Store aan ’n toutjie saamgebind en rondom ’n glasflessie vasgemaak as ’n houertjie vir die blomme. Jy kan natuurlik enige vaas of selfs ’n konfytflessie gebruik.

Gebruik enige geweefde mandjie wat jy tuis het en vul dit ook met veldblommetjies – bind ook ’n string van die doen-dit-self-eiertjies om die mandjie om die tema te herhaal op nog ’n manier. Daar is 12 kleurvolle eiertjies per pak.

Die paashaas bring sjokolade

Plain Bunny on a Stick (R9,99 elk)

En hy stel nie teleur nie. The Crazy Store se Klett sjokolade reeks, wat bestaan uit sjokolade hasies en eiers is ingevoer vanuit Duitsland, jy sal beslis die verskil kan proe in die sjokolade!

Klett Chocolate Eggs (R59.99 vir 125g)
Klett Chocolate Eggs (R59.99 vir 125g)

The Crazy Store se verskeidenheid van paassjokolade het ons omtrent opgewonde gehad, van reuse sjokoladehase tot klein paashase, kleurvolle eiertjies en selfs sjokolade paashase op ’n stokkie.

Sjokolade-paashaas-melkskommels

Maak eenvoudig ’n gaatjie bo in die sjokoladehaas en vul met ’n klein bietjie gegeurde melk en sit voor met ’n gekleurde strooitjie. Hierdie was ’n gunsteling onder die kinders.

Wenk: Hou die onderste gedeelte van die foelie op die haas, dit sal keer dat die sjokoladehaas vinnig smelt wanneer klein handjies dit vashou.

Pret met paashaasore (en brille)

Hierdie brille en hasie-ore het heel oggend lank die kleinspan besig gehou. ’n Paasfees-piekniek hoogtepunt. Die dogtertjies het veral daarvan gehou om met die hasie-ore en tutu-stelletjie te speel. Almal was ewe opgewonde oor die oulike hasie-brilletjies. Beslis ’n moet vir jou paasfees piekniek!

Selfs ons kon nie help om deel te neem aan die pret nie – met hierdie stylvol goedgekeurde paashaas partytjiebrille. 

WEN!

5 gelukkige lesers kan elk ‘n R500 geskenkbewys van The Crazy Store wen. Teken eenvoudig in vir ons nuusbrief klik hier om in te teken. (indien jy reeds ‘n intekenaar is word jy outomaties ingeskryf).

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Hygge jou winterslaapkamer: 8 wenke vir snoesige ontvlugting
error: Content is protected !!