Ja ons weet Moedersdag is nog ’n paar weke weg, maar hoekom nie hierdie jaar ekstra spesiaal maak met persoonlike Moedersdag-geskenke nie? Deur Suzanne Kotzé
Die meeste van die spesiaal-ontwerpte geskenke neem ’n paar weke om te vervaardig, so jy sal moet wikkel.
Stylvol se gunsteling persoonlike Moedersdag-geskenke
Ons hoop nie ons ma’s lees dit nie, want dan gaan hulle weet wat hulle kry.
Sketse
Stuur vir Jaurné van der Westhuizen van Jaurne Illustrates ’n foto van jou en jou ma of enige spesiale foto en sy omskep dit in ’n illustrasie wat sy vir jou terug e-pos. Jy kan dit dan op mooi papier laat druk en in ’n raam sit of jy kan dit selfs op skilderdoek laat druk. Loer gerus na haar Instagramblad.
Sy vra R400 per foto.
Stuur vir haar ’n e-pos na jaurne.illustrates@gmail.com
’n Handgeborduurde T-hemp
Vir ma’s van dierekinders is hierdie ’n oulike geskenk. Inge Hough borduur prentjies van diere op T-hemde. Jy kan vir Inge foto’s stuur van diere en dan ontwerp en borduur sy dit. Pryse vir die T-hemde wissel vanaf R350 tot R450. Loer gerus na Inge se Instagramblad myxboyfriendtshirt of kontak haar per e-pos by ingehough@gmail.com
Juwele met name, voorletters of woorde
Voorstad Studio maak die mooiste persoonlike juwele. Hier is ’n paar gunstelinge
Jy kan enige van jou ma se gunsteling woorde, plekke of herinneringe kies en dan word dit op die ronde sterlingsilwer plaatjie uitgedruk. Die brons agterplaatjie is mooi genoeg dat ma dit ook andersom kan dra as sy die woorde eerder teen haar hart wil dra. Koop dit aanlyn by Voorstad se aanlynwinkel.
Jy kan enige woord kies om op die plaatjie te kom. R520. Bestel dit aanlyn by Voorstad en tik die woord wat jy kies in.
Kies kinders of kleinkinders se voorletters. R450 vir die sirkel met die handuitgedrukte voorletter sirkel en sterlingsilwer kettinkie. Bestel dit aanlyn hier.
Fotokuns
Omskep foto’s in kunswerke met die sirkel, blokkies en seshoekvormige Photoblox
Kies ’n paar blokkies saam en sit foto’s alleen of foto’s, prentjies en woorde bymekaar wat op berkehout (birch wood) of dennehout gedruk word. Pryse wissel vanaf R120 per blokkie (vierkant, sirkel of seshoek) vir ‘n 10 x 10cm grootte. Verskeie groottes en pryse is beskikbaar. As jy vyf koop kry jy ’n sesde een gratis.
Besoek Photoblox se Instagram blad vir idees en voorbeelde. Bestel by Photoblox.co.za of stuur ’n WhatsApp na +27 (82) 419-6280
Etikette
Hierdie is die ideale geskenk vir ma’s of oumas wat daarvan hou om te bak. Jy kan natuurlik die name kies.
Vanaf R150 per stel van 24 by Tailored Tags se aanlyn winkel.
Lees ook: Mooiste smuktassies