Ons talentvolle vriendinne by The Home Collective, het ’n prag-inspirasie Paastafel stileer. Het jy geweet Delft is weer groot nuus!? Lees hul oulike wenke hier;
Stilering en konsep ontwerp deur: Kalinka Lombard & Heloise Louw van The Home Collective
Fotograaf: Philip Grobler ; Assistent: Liam Danvers
Delft is weer groot nuus
Ons het vanjaar ’n blou en wit Delft-tema gekies vir ons Paas-inspirasie tafel en geel blomme by gesit om die blou mooi te beklemtoon.
Vanjaar is die Delft-patroon weer groot nuus vir dekor en ook in die mode-wêreld. Dit word veral gesien op rokke en bloese (gaan loer beslis by H&M en Poetry!).
Dit is iets wat meeste van ons al by ons ouers, oumas of familie-huise reeds gesien het. En siende dat Paastyd ook ’n familie-fees is, is dit ’n spesiale geleentheid om al mens se ou erfstukke af te stof en weer te gebruik!
The Home Collective se Paastafel-wenke:
- Moenie bang wees om met patrone en kleur te speel nie – mix & match jou eetgerei vir ’n luukse, boheemse gevoel.
- Bring die natuur na jou tafel met groot bosse takke of blomme.
- Lap servette lyk baie mooi en laat ’n tafel ook ’n tikkie meer spesiaal voel. Daar is baie maniere om dit te vou, draai gerus jou servette – dit skep ook ’n ekstra lagie van tekstuur op jou tafel.
- ’n Lekker aktiwiteit vir jou en die kinders is om die wit sjokolade eiers te verf met voedsel-kleursel. Boonop is dit so spesiaal om dit deel te maak van die tafel dekor. Gebruik patrone of jy kan selfs jou gaste se name daarop verf.
Kry dit hier:
Hierdie winkels het talle van die blou en wit breekware beskikbaar:
Ons borde is van Sarah Jane Jordaan in colab met Mervyn Gers
Blombeker is van Bouquet Café in Paarl
Ligblou bordjies is van Clay by MG
Servette is van Andsara
Nog Delft – loer hier:
Lees ook: Paas-gesinstradisies