Wie sou nou dink dat jy ’n lambsboud in ’n lugbraaier kon maak? Die Instant Vortex Versazone is egter lekker groot, jy kan uiteindelik vir die hele familie en vriende op een slag kook en met sy verskeie funksies kan dit selfs jou oond ook vervang. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Tegan Smith
Gemarineerde lugbraaierlambsboud met dukkah

Bestanddele
- Lambsboud (been in)
- Sout en peper
Marinade
- ½ teelepel oreganum
- 4 knoffelhuisies
- 1 suurlemoen (sap en skil)
- Min of meer 15 ml roosmaryn
- Min of meer 7.5 ml tiemie
- 7.5 ml witasyn
- 15 ml balsamiese reduksie plus ekstra vir oorverf na die tyd
- (Sun-Dried Turkish Fig Balsamic Reduction beskikbaar by Woolworths)
- 7.5 ml gedroogde olywe (beskikbaar by Checkers)
- 15 ml water
Dukkah
- ½ koppie haselneute
- 3 eetlepels amandels
- 4 eetlepels wit sesamsaad
- 3 eetlepels uitgedopte pistasieneute
- 1 eetlepel fennelsade
- 1 teelepel gemaalde komyn
- 1 teelepels gemaalde koljander
- Sout na smaak
Metode

- Vryf gemaalde sout en peper in die lambsboud
- Gebruik ’n elektriese menger om al die marinadebestanddele te meng.
- Vryf die marinade aan beide kant van die lam in.
- Sit die Instant Vortex Versazone op die Roasting funksie op 180° vir min of meer 80 minute (afhangend van hoe groot jou boud is)
- Draai die boud om wanneer die alarm afgaan (dit doen dit vanself!)
- Haal die boud uit en laat rus vir 10 minute (Dit is nou tyd op jou aartappels in te sit. Sien onder)
- Sit die Versazone op Airfryer en stel dit op 10 minute en sit die boud in.
- Verwyder na 10 minute
- Verf die boud met balsamiese reduksie
- Druk dukkah op die boud
Maak jou dukkah so
Maak hierdie gerus die dag of aand van te vore. Dit is heerlik om in jou kas te hou en ook saam met varsgebakte brood en olyfolie te eet, of dit selfs oor slaaie of groente te gooi.
- Braai al die bestanddele in ’n pan, skud gereeld.
- Braai todat dit effens verbruin en aromaties ruik.
- Maak die neute fyn met ’n stamper en vysel. Of jy kan dit in ’n voedselverker sit. ’n Voedselverwerker maak dit net dikwels te fyn. As jy haastig is, gooi ¾ in die voedselverwerker en maal ’n kwart met die hand sodat jy nog die neuterige tekstuur kry.
Wenk: Hoe lank jou boud bak sal afhang van die grootte van jou boud. ’n Elektroniese insteektermometer is handig om te bepaal of die boud gaar genoeg is.
Rare 63-75°C Medium 70-75°C Well done 75-80°C

Platgedrukte aartappels met roosmaryn, knoffel, kruie en suurlemoenskil
Bestanddele
- 2 knoffelhuisies
- Paar takkies roosmaryn
- Paar takkies tiemie
- Suurlemoenskil
- Sout en peper
- Olyfolie (aanspuit olyfolie werk veral goed

Maak die aartappels so
- Kook aartappels (begin net nadat jy die boud ingesit het)
- Druk die gekookte aartappels effens plat met ’n drukker
- Spuit of verf olyfolie op
- Druk knoffel fyn, ‘zest’ suurlemoenskil en kap dit saam met roosmaryn en tiemie.
- Skep dit bo-op die aartappels en gooi ook sout op.
- Terwyl die boud rus, sit die Versazone op die lugbraaier funksie op 190° en sit die aartappels vir 10 minute in.
Geroosterde groente

Bestanddele
- Bababeet met skil aan in helfte gesny
- Babawortels (skil aan)
- Klein brocolli met stingels
- Heel vinkel
- Olyfolie
- Sout en peper
Maak dit so
- Gooi olyfolie, sout en peper oor die groente
- Sny die vinkel sodat die bol min of meer so 1 cm is, los van die takkies by vir ekstra geur.
- Sit die groente in die lugbraaier se laai. Hou die beet effens apart in die laai, sodat dit nie die res van jou groente vlek nie
- Stel die lugbraaier op 180° en 40 minute op die Roasting funksie
- Rooster die groente
- Gebruik nou die lugbraaifunksie op 180° vir 10 minute.
Wenke:
- Onthou om jou groente (veral die beet) ekstra goed af te spoel en druk dit goed droog.
- Moet dit nie te gou uithaal nie. Jy kan dit eerder langer inlos, sodat die beet en wortel karamaliseer en effens brand.
- Maak die groente die dag van te vore en sit dit net vir 10 minute op die lugbraaifunksie teen 180° om op te warm.
Meer oor die Instant Vortex Versazone lugbraaier
- Dit het die grootste enkele laai van alle lugbraaiers in Suid-Afrika. (8,5 liter en 240 mm x 320 mm)
- Dit kan tot 3 kilogram wors, twee heel hoenders en ’n ronde koekpan inpas.
- Die laai wat verdeel kan word is ook ideaal om twee verskillende soorte kos gelyktydig in te sit. Byvoorbeeld hoenderschnitzel en skyfies. Druk eenvoudig SyncFinish om albei kante gelyktydig klaar te kry.
- Funksies sluit in rooster, lugbraai, bak en selfs dehidreer.
Koop die Instant Vortex Versazone lugbraaier hier
Yuppiechef en by @home of aanlyn by Bash
English Recipe
Leg of lamb and smashed roast potatoes in the Instant Vortex Versazone Airfryer.
INGREDIENTS
Leg of lamb, Salt and pepper
MARINADE ½ teaspoon of Origanum, 4 garlic cloves, 1 lemon (juice and zest from the peel), Roughly 15ml fresh rosemary, Roughly 7.5ml fresh thyme, 7.5ml white vinegar, 15ml Balsamic reduction (plus enough for basting the leg of lamb before serving) we’ve used Sun-Dried Turkish Fig Balsamic Reduction available from Woolworths., 7.5 ml dried olives (available from Checkers), 15ml water
DUKKAH ½ a cup of hazelnuts,3 tablespoons of almonds, 4 tablespoons white sesame seeds, 3 tablespoons of shelled pistachios, 1 tablespoon fennel seeds,1 teaspoon ground cumin, 1 teaspoon ground coriander, Salt to taste
POTATOES 8-10 potatoes, 2 garlic cloves, Few sprigs of rosemary, Few sprigs of thyme, Lemon zest, Salt and pepper, Olive Oil (olive oil spray works well)
Method:
- Massage ground salt & pepper into your leg of lamb
- Use an electrical blender (like a nutribullet) to combine the marinade ingredients to a fine pulp.
- Rub the marinade onto the leg of lamb, make sure to cover both sides.
- Select the Instant Vortex Versazone “roasting” function and set at 180°C for +-80 minutes (depending on the size of the leg of lamb).
- Turn the leg of lamb over when the alarm sounds (the air fryer does this on it’s own!)
- Remove the leg of lamb from the air fryer and let it rest for 10 minutes (It’s time to place your potatoes in the air fryer, see instructions below)
- Place your leg of lamb back into the air fryer. Select the “air fryer” function on your Instant Pot Duo and set the timer for 10 minutes.
- Remove after 10 minutes.
- Baste your leg of lamb with balsamic reduction using a basting brush.
- Now cover the lamb with your dukkah – press it on gently. The balsamic reduction will allow the dukkah to stick to the lamb effortlessly.
Smashed roast potatoes with garlic, herbs and lemon zest
- Boil the potatoes (start this process after placing your lamb in the air fryer) strain the potatoes and place aside.
- Smash the boiled potatoes (nearly halfway) with a potato masher.
- Spray olive oil onto the potatoes.
- Mince the garlic, grate your lemon zest, combine with fresh rosemary & thyme and chop together till fine.
- Using a teaspoon, place a small amount of the lemon and herb mixture onto each potato, finish with salt.
- While your leg of lamb is resting, set the Versazone to the “roast” function at 190°C, place potatoes one by one in the drawer and set the timer for 10 minutes.
Dukkah
- In a pan combine the dukkah ingredients and roast on a low heat, tossing the pan regularly.
- Roast till the ingredients release an aromatic flavour and turn slightly brown in colour.
- Grind the dukkah (nuts) with a pestle and mortar. You can use a food processor to grind the dukkah – be careful not to mill the dukkah rub too fine. Alternatively, you can mill half the ingredients in the food processor and the other half by hand not to loose the nutty texture.
Buy Instant Vortex Versazone Airfryer here:
Yuppiechef & @home or online at Bash
