Paas-inspirasie; van natuurlik tot pastelle of met ’n tikkie glans

Hier is Paas-inpsirasie; of jy nou ’n meer gestroopte, natuurlike gevoel, prettige pastelle of ’n tikkie glans verkies. Deur jou huis reeds vanaf die intrapslag te versier, skep jy dadelik ’n Paasgevoel. Deur Suzanne Kotzé

Paas-inspirasie: Natuurlike, gestroopte voorkoms

Foto: Pinterest

Ons is mal oor hierdie tipe voorkoms, dit voel asof dit by die gevoel en gees van Paasfees pas. Kies neutrale kleure en natuurlike teksture; dink aan hout, rottang, sement en plante. Span gerus dit wat jy reeds tuis het, in. Droë takke met versierings aan, of jou ou Kerskrans.

Kyk hoe oulik is hierdie Paaseiers met blommetjies in. Foto: Pinterest
Leë eierdoppie wat aanmekaar vasgegom is (met ’n gomgeweer) met fyn blommetjies in, is ’n pragtige idee. Foto: Pinterest
Dit is goed om te onthou waaroor Paasfees regtig gaan. Foto: Pinterest
Rabbit Family Statue (R599,99 Mr Price Home)
H&M Stoneware easter bunny (R239, Superbalist)
Bunny Woven Basket (R159,99 , Mr Price Home)
The Nordic Collection Set of two straw bunnies (R528, Nordic Collection)

Prettige pastelle

Ideaal as jy kleiner kinders in die huis het. Om Paasfees deur kinders se oë te beleef, bly spesiaal. Maak tyd vir eiers verf, ‘craft’ en saam versier. Eiers blaas bly spesiaal, maar as jy nie kans sien vir die tydrowende proses nie, verf gerus eerder wit sjokolade eiers.

Foto: Emelbe design Pinterest
Kyk net hoe mooi is die strepe. Foto Pinterest
Nessie met pastel eiers: Foto Pinterest Soortgelyke nessie by Babylonstoren beskikbaar
Easter Glass Cake Dome, Small (R159,99, Mr Price Home)
Easter Bunny Glass Jar medium (R89,99, Mr Price Home)
Rainbow Sidewalk Chalk Easter Paint Kit (R95, The Local Edit)
Mia Melange Bunny Basket Limited Easter Edition (R95, The Local Edit)
Felt Easter Eggs (R220 vir 6, Babylonstoren)

’n Tikkie glans

Sit titsels goud by jou Paasdekor. Die doel moenie oordaad wees nie, maar gebruik dit as ’n kontras-element met byvoorbeeld natuurlike teksture en elemente.

Foto: Pinterest

Kyk hoe oulik is hierdie paaseiers met ‘gold leaf’ tegniek. Jy kry eetbare ‘gold leaf’ by bakwinkels soos Cab Foods

Foto Pinterest
Foto Pinterest
Foto Pinterest

Big Ear Ceramic Bunny Figure Gold (3 groottes beskikbaar,R449-R1599 Elevenpast)
S&P Kringle 3 Tier Cake Stand White (R649, Bash)
Rialheim Riverine Rabbit Book Ends Black Bronze (R899, Bash)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Mervyn Gers
Mervyn Gers; van kleindorpse seun tot kleimeester
error: Content is protected !!