Foto: Black Betty Design

Oorbelle: die gestapelde oorring-trend

Die “curated ear” is die oorring-trend van die oomblik – oorringe aaneen reg rondom die buitekant EN ook aan die binnekant van jou oor gestapel. Moenie bekommerd wees as jy skrikkerig is vir gaatjies inskiet nie, die oplossing is “ear cuffs” en is nie permanent nie! Lees meer oor die gestapelde oorring-trend hier, Deur Justine Kroes

9 Gestapelde oorring wenke

  1. Die “curated ear” of gestapelde oor is gewoonlik ’n versameling van oorkrabbers, hoops- en huggies-styl oorbelle wat noukeurig uitgesoek en gekombineer word.
  2. Kies die metaal tussen goud, silwer of roosgoud wat die beste by jou veltoon pas en bou jou gestapelde versameling daarrondom. Jy kan selfs meer as een metaalskakering saam dra.
  3. Simmetrie tussen beide ore is nie noodsaaklik nie, die idee is om ’n voorkoms te skep wat uniek en uiteenlopend is vir elke oor. Jou ore moet susters wees, nie ’n tweeling nie!
  4. ’n Handige wenk is om ’n foto van jou oor te neem, uit te druk en te skets daar waar jy gaatjies wil laat inskiet om ’n beter idee te kry van hoe jou oor sou lyk.
  5. Praat met jou “piercer” en vind uit wat die hersteltyd is vir elke oorgaatjie. Dit mag dalk sin maak om vir eers net een oor te versier sodat jy steeds op die ander oor kan slaap sonder dat dit te seer is.
  6. Probeer ’n tema skep, byvoorbeeld blommetjie en blaartjie oorbelle saam, of iets soos ’n see-tema, seeperdjies, skulpies en seesterre of selfs verskillende gekleurde stene vir ’n reenboog voorkoms.
  7. Shen van Black Betty Design Studio se raad – as jy reeds gaatjies het, maak seker hulle is 100% gesond met geen irritasies of keloïede (verhoogde littekens) nie. Jou immuniteitstelsel moet sterk en gesond wees om enige nuwe gaatjies blitsig te laat genees.
  8. Deesdae is ons veral ook bewus, met die nuwe manier van dinge doen en maskers dra, dat nie alle oorgaatjie-plasings so goed sal werk met die aansit en afhaal van ’n masker nie. Hou dit dus in gedagte!
  9. Te bang? Probeer ’n aanknip ear cuff. Dit lyk net so mooi soos gewone gaatjies en is beslis die makliker manier om jou oor te versier. Dit laat jou ook toe om plasings van gaatjies te toets voordat jy ’n finale besluit neem. Toets dit vir ’n paar maande om ’n idee te kry wat goed sal lyk aan jou oor.
By Cara Gold Plated Ear Cuff & Chain (R160)

Ken die terme vir die verskillende tipe piercings

Oorlob gaatjies

Gewone oorgaatjie, en transverse lob-piercing

Foto: Lovisa

Buitelob oorgaatjies (Outer lobe piercings)

Tragus, snug, forward helix, auricle piercing

Foto: Lovisa

Binnelob oorgaatjies (Inner lobe piercings)

Anti tragus piercing, helix piercing, rook piercing, daith piercing, outer conch, orbital

Foto: Black Betty

Anatomie van die oor

Black Betty se gids vir die perfekte oorgaatjies

Vermy hierdie gestapelde oorring foute:

Shenn van Black Betty Design studio se raad:

  • Jou plasing van oorringe is verkeerd. Die plasing van die oorringe aan ’n gestapelde oor is baie belangrik, jy wil nie die gaatjies te na aan mekaar maak nie, maar ook weer nie te ver nie. Dit sal die gestapelde gevoel belemmer.
  • Jy het nie ’n plan nie. Met ’n gestapelde oor is daar altyd ’n plan, maak merkies op die plekke waar jy graag gaatjies wil hê.
  • Jy kies die verkeerde juwele. Dit is belangrik om oorringe te kies wat bypassend is en die regte “vloei” op die oor vorm. Byvoorbeeld jy wil nie drie reusegroot oorbelle reg bo op mekaar plaas nie. Beplan dit eerder vooraf met jou “piercer”.

Hier is ‘n paar gunstelinge:

Matter of Fakt Small Square Pesso Earrings (R770)
By Cara Shell Earring Stack Set (R165)
Mango Stereo Earrings (R299 Superbalist)
Mr Price 8 Pack Earring (R45,99)
Lovisa Gold Diamante Earcuff and Huggie (R190)
Superbalist Ear Cuff Set Gold (R129)
Black Betty Design The wave crawler (R1150); Swiss cross (R1360)
Lovisa Ear Cuff Earring Pack (R220)
Mango Paul Earrings Gold (R299 Superbalist)
Mr Price 9 Pack Earrings (R45,99)
Mango Cata Earrings (R299 Superbalist)
Black Betty Design 9ct Yellow Broad Cuff (R3500)
Lovisa Rose Gold Hoop and Diamante Earring Pack (R220)
Black Betty Design Yellow Gold Star Stud (R745)
Superbalist 2 Pack Ear Cuff Set (R129)

Lees ook: Wenke vir jou eie “capsule wardrobe”

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Slim vakansie pakwenke
error: Content is protected !!