Janine Binneman Madame Messy Stylvol
Janine Binneman Madame Messy Stylvol

Ons is verlief op ons ‘Madam Messy’-ringe van Janine Binneman

Die energie en kreatiwiteit het gevloei toe ons onlangs by juweelontwerper Janine Binneman gaan kuier het. En elke keer as ons ons pragtige ‘Madam Messy’-ringe aansit is dit asof ons hierdie energie ook voel. Deur Suzanne Kotzé

Ontmoet Janine Binneman

Janine Binneman

’n Warrelwind met ’n groot glimlag en turkoois hare met kreatiwiteit en energie wat haar omring. Maar moenie dink hierdie hierdie pakkie kreatiewe dinamiet is ’n kop-in-die-wolke tipe kreatiewe siel nie. Sy het net soveel besigheidsin as kreatiwiteit en is pas terug van New York, waar sy as een van 10 Suid-Afrikaanse juweelontwerpers gekies is om aan die die NY Now vertoning deel te neem. “Ek het ook vroeg reeds met aanlynverkope en sosiale media begin en my besigheid was reeds goed gevestig toe baie ander mense eers begin het,” vertel Janine.

Janine se skatkis van mooi goed en edelgesteentes

Janine Binneman Stylvol

Sommer met intrapslag by die turkoois deur, kompleet met ’n goue meermin-handvatsel, weet jy dat hierdie geen gewone studiospasie is nie. Oral is beeldjies van meerminne (Janine is ’n groot meermin-liefhebber), mooi goed, edelstene, juwele en ’n hele paar troeteldiere wat baie tuis is die studio.

Janine Binneman studio
Janine Binneman meermin
Janine Binneman studio

As Janine egter haar houers en houers vol edelstene uithaal, vergaap jy jou behoorlik aan die die mooi, blink, kleurvolle stene.

“Ek reis die wêreld vol op soek na mooi stene, van Bangkok tot Kenia. Die kleur en kwaliteit van hierdie stene in ongelooflik.

Janine Binneman

Deur my reise het ek ook wonderlike ‘artisinal’ vroulike myners ontmoet. Deur hierdie vroue te ondersteun dra ek by sodat hulle weer self ’n volhoubare ekonomie kan skep wat weer hulle opleiding en ‘upskilling’ ondersteun.

Ek is mal daaroor om so ’n groot versameling stene te hê, dit maak die ontwerp en kreatiewe proses soveel makliker,” vertel Janine.

Kleurvolle ringe

Janine Binneman Madame Messy
Janine Binneman Ombre ring

Omdat Janine so lief is vir kleur en so ’n groot versameling edelstene in verskeie kleure het, het sy ’n pragtige reeks kleurvolle ringe geskep. Madame Messy, Miss Messy en ’n verskeidenheid ombré ringe.

“Hierdie ringe is veral gewilde geskenke, van 21ste, 30ste, 40ste, 50ste tot 80ste verjaarsdaggeskenke.

Dit is ’n wonderlike geskenk aan ’n vriendin om haar te herinner dat sy sprankel aan jou/julle lewe bring.”

Al hierdie ringe kan jy net so op die webtuiste bestel. Daar is ’n verskeidenheid kleurkeuses en ook metaalkeuses, van silwer tot oorgeblaasde goud en egte goud beskikbaar. (Nadat jy jou stene se kleure, metaal en jou ringgrootte gekies het, verskyn die pryse en foto’s.) Pryse wissel vanaf R2 250 (vir die Mini Ombrè ring) tot R15 750 na gelang van jou ring, metaal en steenkeuses.

Loer gerus hier

Jy kan ook ’n afspraak maak by Janine se studio in Kaapstad om jou eie kleurkombinasies te kies (teen ’n ekstra fooi van R1 000).

Ons Madame Messy-ringe

 “Hierdie ringe se inspirasie is die lewe. ‘Life is a mad, messy existence; not linear and neat’. 

Janine Binneman

Die ringe voel en lyk ook breër en meer ‘kickass’ aan jou vinger,” sê Janine.

Ons is totaal en al verlief op ons Madame Messy ringe. Ons het saam met Janine stene gekies spesifiek vir ons ringe. Dit bring daaglikse vreugde, en veral as een van die stene die son vang!

“Vir Suzanne het ons ’n spatsel seekskuimblou bygevoeg by haar steenkeuse. Dit en die geelgoudring pas by haar ligte velkleur en komplementeer veral haar blonde hare.”

“Ek hou van juwele wat uniek is en die kleure van hierdie pragtige stene pas by alles. Hierdie ring (en my trou en verloofring wat toevallig deur ’n vriendin van my, en so kom ons agter ook ’n goeie universiteitsvriendin van Janine, gemaak is) haal ek slegs af as ek slaap.” Suzanne

Justine se witgoudring en steenkeuse pas weer by haar velkleur en staan pragtig uit teen haar donker hare.

“Ek kan nie glo dat ’n ring ’n mens so gelukkig kan maak en soveel vreugde kan bring nie.”

Justine Kroes

Besoek gerus janinebinneman.com om na die mooi ringe (en van haar ander juwele) te kyk.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
veldskoen namaqualand.
Veldskoen se gemaklike Namaqualand sandale
error: Content is protected !!