Ons is altyd opgewonde wanneer Clarins se nuutste Lip Perfectors vrygestel word, ’n ware staatmaker in beide Justine en Suzanne se handsakke, daar was al ontelbaar baie kere wat ons albei lipstif wou aanwend en ons trek terselfdertyd albei die Clarins Lip Perfectors stafies uit ons handsakke uit. Die nuwe Clarins Lip Perfector is nie net nog ’n lipglans nie. Hierdie lipglans bied vol, glansende lippe te danke aan die jel-tekstuur propvol plantekstrak bestanddele en lipplompende peptiedes. Hier is 4 redes waarom die Lip Perfectors ’n stapelproduk in ons handsak sal bly. Deur Justine Kroes
14/07/2023
4 Redes waarom die Clarins Lip Perfectors handsakstaatmakers is;
Plant ekstrakte vir sysagte lippe
Die nuwe formulering is propvol natuurlike plantekstrakte (soos net Clarins kan!). Bestanddele galambotter en veselperskebotter sorg dat jou lippe se hidrolipiese lagie herstel en gevoed word. Te danke aan ’n onlangse proeftydperk van 28 dae deur 27 vroue het hul bevind dat, met die gebruik van Clarins se nuwe Lip perfectors lippe 15% sagter, 48% meer gehidreerd en 29% meer gevoed is.
Unieke plompende peptiede
Clarins se unieke lipplompende formulering, die “volume booster peptide”, sorg dat die lippe intense hidrasie ontvang wat lippe opplomp en voller laat lyk.
Glansend soos nooit van te vore
Hierdie nuwe lipglansformule bevat die “Lip Highlighter Complex”. Die Clarins laboratorium het hier twee verskillende tipes pêrelpigment in die formulering ingesluit. Die eerste bevat ’n silwerige wit glansende pêrelpigment wat sorg vir glansende en stralende lippe. Die tweede pigment dien as ’n teenwig en maak die skakerings effens warmer met glansende pienk, goud en koper reflekterende pigmente. Psst, onthou glansende lippe wat effens blink, (lig reflekteer) lyk outomaties voller en plomper.
’n Skakering vir elkeen
Die Clarins lip perfectors (R385 elk) is nou in ses skakerings beskikbaar, vanaf deursigtig na skakerings van pienk, rooi en selfs ’n pers/pruim skakering. Skakerings:
25 Mulberry Glow; 24 Fuchsia Glow; 23 Pomegranate glow; 21 Soft Pink Glow; 22 Peach Glow; 20 Translucent Glow
Justine sê
Hierdie lipglans gebruik ek werklik daagliks, dit is so lekker hidrerend. Die formule voel glad nie taai en swaar aan my lippe nie, eerder lig en bevogtigend en dit ruik lieflik.
Die lipstafie wend so maklik aan en ek geniet veral die sagte kussinkie teen my lippe.
Van die kleurpigmente is lieflik helder en ek gebruik selfs ’n tikkie daarvan as blosser op my wange. Ek was veral verbaas hoe baie ek (wat gewoonlik pienk of koraal dra) die rooi skakering (Pomegranate Glow) geniet het.
Suzanne sê
Elke keer as ek iets soek in een van my vele handsakke, kom daar ’n Clarins Lip Perfector ook uit. Dit is ’n ware staatmaker, om glans en subtiele kleur aan jou lippe te gee. Die glansende kleur is glad nie taai nie en dit laat jou lippe ook effens voller lyk. My lippe is altyd droër gedurende die winter, en die Lip Perfector help om dit te voorkom.
Ek tik dit ook sommer aan my wangbene vir kleur en glans. My gunsteling skakernigs om op my lippe en wange te gebruik is Fuchsia Glow (rooi pienk kleur) en Pomegranate Glow (rooierige skakerings).
Psst: Jy kan hierdie skakerings self ook ‘aan probeer’ op www.clarins.co.za Jy laai bloot ’n foto van jouself op en dan kan jy sien hoe jy met die verskillende skakerings aan lyk. Dit is behulpsaam en pret!