Soos julle teen die tyd al weet, is ons reuse aanhangers van die Clarins Double Serum. Oor die 35 jaar van die bestaan daarvan is ons sommer opgewonde om die nuwe, ligter formulasietekstuur met julle te deel. Het jy geweet met die oorspronklike Double Serum, word daar wêreldwyd elke vyf sekondes ’n botteltjie verkoop! Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze; Fotos deur Jess Delport; Spieëls van Mooi Mirrors
04/08/2023
Clarins Double Serum Light
Ingeval jy wonder – die nuwe formulasie van Clarins se universele slim-serum wat al vroue se grootste teenverouderingskwessies aanspreek doen presies dieselfde werk – die tekstuur is net ligter.

Dieselfde slim, innoverende teenverouderingsformule met twee serums in een bevat steeds 21 plantekstrakte en bied ’n fermer vel met versagde plooie. ’n Helderder gelaat met porieë wat minder sigbaar voorkom daarby, nes die oorpronklike formule. Die slim, ligter weergawe bevat ’n nuwe trio van ultraklein oliemolekules. Die molekules in die produk word vinniger deur die geabsorbeer en laat die vel met ’n skoon en vars gevoel.
Die verpakking bly steeds dieselfde, met die botteltjie wat steeds kan verstel om by jou voorkeur van hoeveelheid produk wat jy wil gebruik te pas, sodat jy geen produk mors nie.
Die nuwe serum is spesiaal ontwikkel vir die wat ’n ligter tekstuur verkies, een wat blitsvinnig absorbeer, en geen olierige lagie op die vel agterlaat nie.

Die nuwe formule is gepas vir enige ouderdom en veltipe, maar veral vir diegene in ’n warmer en vogtiger klimaat met hoë humiditeit. Dit is ook fantasties vir diegene met kombinasie tot olierige veltipes. Plus dit is ook geskik vir mans!
Stylvol sê
Justine verkies die Clarins Double Serum Light Texture

Die nuwe Clarins Light Texture is ’n wonderlike serum en ek verkies die ligte tekstuur. Ek het ’n kombinasievel en dit is geneig om partykeer meer olierig te wees gedurende die winter. Daarom is die nuwe Light Texture vir my so ’n lieflike alternatief vir die oorspronklike Double Serum. Al dieselfde vel- voordele nou net in ’n ligter tekstuur. Ek weet hy werk net so goed soos die gewone Double Serum, dis slegs die tekstuur wat verskil. Nou moet ek net oppas dat my man dit nie steel nie. Want dit is glo baie gewild onder die manne en sommige van hulle skeer selfs daarmee.
Suzanne verkies die oorspronklike Clarins Double Serum


Ek verkies die oorspronklike Double Serum, my vel is 40 + en droog, en ek is gaande oor die luukse tekstuur van Clarins se oorspronklike Double Serum. Soos ek dit aansmeer verbeel ek my dat al 21 plant- ekstrakte dadelik begin werk om plooitjies uit te stryk en my vel te verferm.
Lees ook: Ons handsakstaatmakers
