Kirsten Goss is nie net een van ons gunsteling juweelontwerpers nie, maar ons is ook mal oor haar quirky modestyl. Sy gesels met ons oor alles, van haar nederige begin vanuit ’n woonstel in Londen, en ’n baba backstage met doeke omruil en borsvoed by haar eerste vertoning by die Londense modeweek, tot die inspirasie agter haar nuwe BANG-BANG 2.0 versameling. Deur Suzanne Kotzé
Ek sien gereeld vir Kirsten in my woonbuurt stap of in Cavendish Square op pad na haar Kirsten Goss winkel. Sy is gewoonlik so cool aangetrek dat ek my moet keer om nie skelm ’n foto van haar te neem en dit vir Justine te WhatsApp nie. Oukei, ek het dit al een keer gedoen ook.
Kirsten Goss, die Londense beginjare
Kirsten, wat in Durban groot geword, het, het terwyl sy in 2002 in Londen gewoon het, besluit dat sy haar eie winkel wil oopmaak. Aanvanklik het sy vanuit hulle woonstel in Londen gewerk. Sy was in haar twintigs en het elke sent gespaar om haar winkel te kan open. In Februarie 2003 het sy haar eie winkel in Londen begin en minder as ’n jaar en ’n half later is haar oudste dogter gebore.

“Ek het in September 2004 die eerste keer by die Londense Modeweek vertoon, toe my dogter twee maande oud was. Al die geld is in die besigheid ingepomp en my dogter moes oral heen saamgaan. Sy het op ’n matrassie vir doeke omruil onder jasse geslaap terwyl die vertoning aan die gang was. Ek het in opslaan toilette geborsvoed. Dit was ’n mal tyd. Ek het haar aan my lyf gedra as sy wakker was en sy het tussen my bene in ’n papooze gehang terwyl ek juwele gemaak het. Ons was onafskeidbaar. Ons het in ’n klein eenslaapkamer woonstel gebly met geen spasie nie en sy was dag en nag langs my. Ek het skuld gehad om af te betaal, so daar was geen ander uitweg as om net aan te gaan nie.”
Eindelik het Kirsten en haar familie teruggekeer Durban toe waar sy ook ‘n winkel oopgemaak het. Jare van heen en weer vlieg het gevolg. “Soms het ek tot ag keer per jaar Londen toe gvlieg en ook Hong Kong, New York en Parys tussendeur vir mode-weke. Ek was minstens 10 keer per jaar oorsee en het selfs een keer slegs vir ’n aand Londen toe gevlieg om die Koningin te ontmoet,” vertel Kirsten.
Sy het ook winkels in Johannesburg en Kaapstad geopen. Kirsten en haar gesin in 2019 na Kaapstad se suidelike voorstede getrek waar sy deesdae ‘n rustiger bestaan voer.



Kirsten Goss se nuwe BANG-BANG 2.0 versamelig
“Dit is onmoontlik om net een gunsteling uit my nuwe versameling te kies,” vertel Kirsten. “Ek het die versameling gedurende die inperking ontwerp terwyl ek en my familie vir drie maande op ’n tropiese eiland in die Seychelles gebly het. Dit was so ’n vreemde, aardse, terug na die basiese, tydperk wat my diep aangeraak het. Elkeen van die juweelstukke resoneer met my ondervinding gedurende hierdie tydperk. Die ringe maak my veral opgewonde. Die allermooiste toermalyne, wat my aan die oseaan en die kleure van die eiland herinner, is verweef in organiese goud.”
Kirsten Goss se gewildste juweelstukke
Juweelontwerpe van Kirsten wat keer op keer gekoop word en gewild bly is:

Kirsten Goss se gunsteling plaaslike mode-ontwerpers
“Ek is so ’n groot aanhanger van plaaslike ontwerpers. Van my gunsteling ontwerpers wat ek graag dra is:
- Erre
- BAM
- Guillotine
- Good
- Malinki
- Jakob handgemaak
- Asha Eleven
- Kluk
- 1971
- Mareth Colleen
- Sitting Pretty
- Crystal Birch
- Mantua
- Romaria
- Temple of Reason
- Kokonova
- Eltessa Altamure
- Selfi
- W35T
- Thebe Magugu
- Viviers
- Kat Van Duinen
- Lily-Label