Stonecamp bossbag
Stonecamp bossbag

Ons dra nou sjiek Stonecamp leersakke met blinkers

Vandat ons so ’n rukkie gelede hierdie mooi sagte Stonecamp leersakke met blinkers persent gekry het, dra ons dit pal en word oral gestop daaroor. Ons gesels met ontwerper en eienaar Letitia Fly. Deur Suzanne Kotzé

08/04/2022

Die Stonecamp-storie

Letitia Fly, stigter van Stonecamp

Sewe jaar gelede was Letitia op kraamverlof en op soek na ’n mooi leersak. “Ek kon nêrens ’n praktiese en mooi leersak kry wat binne my begroting is nie.” En so is Stonecamp (’n speling op haar nooiensvan Steenkamp) gebore. Letitia, wat op ’n skaapplaas in die Karoo grootgeword het, was bekend met skaapleer. Haar pa, ’n groot leerliefhebeer, het haar ook bekendgestel aan regte nappaleer. Die sagte skaapvelleer is gebruik om hulle heel eerste sak te maak.

Die Stonecamp ontwerpe

Die kontras tussen sagte leer, wat effens ingedra lyk, en glansryke blinkers is een van ons gunsteling ontwerpelemente van ons Stonecamp Bossbags. Dit is die ideale manier om ’n tikkie blink by jou elkedagse klere te sit.

“Ek wou graag iets prakties skep, maar ook iets wat bietjie uitstaan,” vertel Letitia.

Ek is ’n “nobody puts Baby in the corner” tipe en glo (veral ma’s) moet soveel as moontlik pret kies.

Ons het soveel verantwoordelikheide en ‘boksies’ waarin ons as vroue moet pas, dat ek graag sakke wou skep wat ons uit daardie ‘boksies’ haal. Iets wat help om ons te bevry, sodat jy die beste jy kan wees sodat jy met trots jou spasie kan opneem en besit.

Blinkers was nie altyd deel van die Stonecamp ontwerpe nie. “Ek het blinkermateriaal in ’n materiaalwinkel gesien en kon nie help om dit te koop nie. Dit is seker maar my innerlike ‘kraai’ wat na vore gekom het.” Sy het by die Stonecamp werkswinkel aangekom met die materiaal en gesê: “kom ons probeer iets nuuts!”. Van toe af kies sy gereeld nuwe materiale om by die leerreeks te voeg. “Moet my nie in ’n leer- of materiaalwinkel loslaat nie, ek kan myself nie help nie. Ek is mal oor kleure en blink goed; dit maak my gelukkig.”

Stonecamp se topverkopers

Die topverkoper Stonecamp sakke is juis ook die sakke met blinkers. Die Postcalls, Pouch bags en die Bossbag. Mooi werksakke is so moeilik om te kry en ek dink die Bossbag is die ‘ultimate Bossbabe’ bykomstigheid.

Bossbag sakke

Ons dra ons Bossbag sakke (R2 880, 38 cm x 13 cm x 32 cm) oral heen, want deesdae is ons ‘kantoor’ oral. Van koffiewinkels tot langs die rugbyveld en speelparkies! Dit het twee leer handvatsels en ’n leerband wat kan verstel of afgeknip kan word. Die sakke het binne twee dele en is met spons uitgevoer om jou skootrekenaar te beskerm.

Soms is ‘werk’ langs die rugbyveld
of by die lughawe
of by die speelparkie.

Postcall

Postcall (R1 890, 25 cm x 22 cm x 10 cm gemaak van koeivel en blinkers)

Pouch bag

Pouch bag (R899, 19 cm x 24 cm).
Hierdie sakkies is nog een wat ons die heeltyd dra en baie oor gestop word.

Ideaal vir wanneer jy net jou foon, beursie, handeroom, sonbril en lipstiffie wil vat. As ons nie hoef rekenaars saam te dra nie, is dit presies die tipe elkedag sakkie wat ons verkies.

Wat’s nuut?

Die nuutste toevoeging tot die Stonecamp reeks is die Housecall sak (R2 660, 39 cm x 22 cm x 20cm). “Dink ryk Italiaanse fluweel met goeie kwaliteit Suid-Afrikaanse leer. Dit het baie plek en geen skeiding binne nie. Dit word met ’n rits toegemaak met ’n prettige tossel. Ideaal vir elke dag dra.” Vir ons voel dit soos die ideale sak vir wanneer jy by vriende moet gaan kuier en ’n bottel wyn saamneem, plus inkleurboeke, sagtespeelgoed of Lego en natuurlik lipstiffie en parfuum, en dalk ekstra kinderpajamas ook.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Elizabeth Arden en Sparrow Society se mooiste grimeersakkie
error: Content is protected !!