Al word oorgroot kêrelbaadjies deesdae saam met fietsrybroeke gedra, beteken dit nie jy kan dit nie saam met ’n meer vroulike (en vleiende) romp of bypassende broek ook dra nie. Hier is ’n paar van ons gunsteling kêrelbaadjies in die winkels. Deur Suzanne Kotzé
06/05/2022
Baadjies of blazers is ’n groot trend hierdie winter. Ons hou veral op die oomblik van die oorgrote kêrelbaadjies (boyfriend blazers). Dit pas steeds gemaklik al trek jy ’n dik trui onder dit aan. En die langer lengte maak ook jou agerstewe toe!
Dra jou kêrelbaadjie só
- Dra jou kêrelbaadjie saam met ’n bypassende broek, soos wat jy ’n pak sou dra. ’n Oorgroot broek saam met ’n oorgroot blazer is groot nuus, maar tensy jy baie fyn gebou is, kan hierdie eintlik baie onvleiend wees.
- Kies eerder ’n broek in dieselfde kleur wat effens nouer gesny is.
- As jy jou kêrelbaadjie saam met ’n losserige romp wil dra, steek jou bo-stuk by jou romp in sodat die middellyn van jou romp sigbaar is. Hierdie sal keer dat alles te slonserig en groot lyk.
- Wenk: As jou trui lank en bonkig is (soos myne) druk die onderkant onder jou bra in, in plaas daarvan om dit by jou romp in te druk.
- Monokroom. Dra jou blazer saam met dieselfde skakering hemp en onderstuk. Ons het op die oomblik ’n bietjie van ’n monokroom obsessie. (Verwag nog vele mode-stories hieroor!).
Ons dra altwee H&M se Suit Jacket (R429). Justine in ‘Pink’ en Suzanne in ‘Orange’
Kêrelbaadjies op ons wenslysies
Lees ook: 8 Blazers op ons winters/herfslysie