Moedersdag geskenk-idees van Clarins

Moedersdag is om die draai (8 Mei!) en ons deel met julle van ons gunsteling Clarins produkte wat al jare lank in ons smuktassies pronk. Daarby ’n paar nuwe produkte wat ons dink die perfekte moedersdaggeskenke sal uitmaak.

Loer hier as jy dalk ’n paar geskenk-idees nodig het vir jou ma of skoonma. Jy kan natuurlik ook altyd die artikel vir jou man of kinders aanstuur as daar dalk ’n gunsteling is wat jou oog vang.

22/04/2022

Clarins Natural Lip Perfector (R350)

Hierdie lipglans is altyd welkom in ons handsakke, nie net hou dit lippe sag en vir ure lank gehidreerd nie, dit gee ook net so ’n effense kleur. Net genoeg kleur om jou natuurlike lipkleur te beklemtoon. Perfek vir daardie dae wat jy nie lus het vir moeite met ’n lipomlyner en lipstiffie nie.

Suzanne sê: “Ek is gaande oor die gevoel van my Lip Perfector aan my lippe. Amper lekker genoeg om te eet, sonder om taai te wees en dit gee die mooiste natuurlike kleur en subtiele glans (wat jou lippe voller laat lyk).

Clarins Hand and Nail Treatment Cream (R460 vir 100ml)

Glo ons, as jy hierdie handeroom gaan gebruik, gaan dit moeilik wees om weer terug te keer na ’n ander een! Een handeroom, so baie voordele. Die handeroom bevat sesamsaadolie en mirre wat saamwerk om ’n beskermende, onsigbare handskoen om jou hande te vorm. Dit beskerm teen vrye radikale en besoedeling (wat veroudering veroorsaak). Boonop hidreer dit droë vel, alles terwyl dit jou naels en naelvliesies versterk.

Maar die beste deel is, dit versag ook die voorkoms van ouderdomsvlekke op jou hande. Die room trek blistvinnig in en laat ook nie jou hande olierig voel nie.  

Clarins Eau des Jardins (R680 vir 100ml)

Justine sê: “Clarins se reeks fyngeure bly hoog op my gunstelinglysie – bloot vir die feit dat hierdie fyngeur nie net hemels ruik nie maar ook as ’n fyngeur met behandelingsvoordele bestempel word. Die kombinasies van essensiële olies en plantekstrakte in die fyngeur sorg vir ’n soepelsagte vel daar waar jy die geur aanspuit.”

Eau des Jardins is ’n vrugtige, aromatiese geur wat my dadelik meer energiek laat voel wanneer ek dit aanspuit. Jy ruik duidelik die verfrissende sitrusnote (my gunsteling!). Daarby wilde roos en geure van hout. Die geur en gelukkige herinneringe wat ek herroep wanneer ek dit ruik en aanspuit maak keer op keer my dag!”

Clarins Eau Dynamisante (R680 vir 100ml) Hervulbare Fyngeur

Die Clarins Eau Dynamisante, ook ’n geur met behandelingsvoordele, is ’n houterige sitrusgeur (vir beide mans en vroue) met note van roosmaryn, tiemie en patsjoelie.

Clarins is ’n voorstander van volhoubare skoonheid en die botteltjie van die gewilde fyngeur is ook nou hervulbaar. Dit beteken jy hoef nie keer op keer ’n nuwe botteltjie te koop nie.

Clarins Eau Ressourçante (R680 vir 100ml)

Suzanne sê: Hierdie geur herinner my altyd aan my oudste se baba-dae. Ek het dit geskenk gekry by Clarins voor sy geboorte. Ek het sterk geure met ’n nuwe baba vermy. Soos baie nuwe ma’s het ek heeltemal te veel gelees en was bang my gewone parfuum is ‘te oorstimulerend’ vir my baba. 

Hierdie behandelingsparfuum (’n kruis tussen ’n velsorgproduk en parfuum) se aromatiese geure (basilikum, iris en sederhout) was egter lig genoeg en het ’n gespanne nuwe ma dadelik kalm laat voel. Selfs vandag nog as ek dit aanspuit, hoor ek my eie stem in my kop wat dink ‘word kalm, jy kan dit doen’ en ek asem steeds enige spanning uit terwyl ek dit aanspuit.

Clarins Tonic Bath & Shower Concentrate (R385 vir 200ml)

Hierdie lyfwas voel soos sonskyn in ’n botteltjie en is ’n plesier vir jou sintuie! Die geure van hierdie jel-lyfwas word ook geaktiveer deur warm water en laat energieke geure van roosmaryn, kruisement en roosmalva vry. Hierdie lyfwas met min skuim is ook gepas vir sensitiewe velle. Die gebruik van natuurlike essensiële olies in plaas van ander geurmiddels is ook sag op die vel.

Justine sê; Die Tonic Bath & Shower Concentrate is ’n moet na ’n lang drafsessie wanneer my lyf moeg is en spiere styf voel. Ek gebruik dit graag ook saans voor ek inkruip, die geure saam het ’n strelende effek en laat my rustig en kalm voel.

Clarins Relax Bath and Shower Concentrate (R385 vir 200ml)

Die jel-lyfwas word geaktiveer deur die hitte van ’n warm bad of stort en die skuim laat ’n wonderlik geur van basiliekruid, kamille en sitrus essensiële olies deur die stort, badkamer en sommer hele huis agter.

Suzanne sê: As ek nie tyd het vir ’n ontspanne bad om my te laat rustig voel nie, gebruik ek hierdie in die stort. Dit voel en ruik soos ’n ‘spa’ in die stort, en al is die stort hoe vinnig laat dit my heerlik ontspanne voel.

Die artikel is geborg deur Clarins


Lees ook: Pofferigheid en donker kringe? Hallo, Clarins Double Serum Eye

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
N°1 de Chanel
N°1 de Chanel; 10 jaar later
error: Content is protected !!