In die verlede is die blazer gesien as kantoordrag, maar vandag is die nederige kledingstuk ’n moet-hê item vir elke klerekas, of jy nou in ’n kantoor werk of nie. Daar is maar net iets aan die silhoeët wat ’n stylvolle gestruktureerde blazer aan jou uitrusting gee. Of dit nou saam met jou T-hemp en denims is of bo-oor ’n partytjierok is, jou voorkoms met ’n baadjie is beslis meer sjiek en gepoleer. Blazer van jou keuse – oorgroot en lospassend, een in ’n helder kleur of selfs een in leer – hier is 8 van die seisoen se grootste blazerstyle wat ons graag wil probeer: Deur Justine Kroes
08/04/2022
1. Die kraaglose blazer
Dis seker een van die seisoen se grootste blazer trends – gewild te danke aan ontwerpers Maison Margiela, Salvatore Ferragamo en Givenchy (om maar ’n paar te noem). Hierdie baadjiestyl het geen kraag of lapel in sig nie, en ons hou van die sjiek, simplistiese en eenvoudige lyne.
Wenk: Die stylkombinasies hier is eindeloos – dra die blazer by jou hemde met oorgroot krae, of selfs T-hemde met bonkige halssnoere wat ’n stylvolle stelling maak.
Baie van die kraaglose ontwerpe hierdie seisoen het gordels in plaas van knope soos hierdie ontwerp van Mango:
Mango Blazer Harry Brown (R1699 Superbalist)
2. Die militêre styl blazer
Die kombinasie van sterk en sag in die militêre styl blazer maak dit een van ons gunstelinge vir die komende seisoen. Die silhoeët het ’n sterk en definitiewe struktuur met hoekige lyne gekombineer met sjiek blink knope. Beslis ’n uitstaan baadjie met ’n verskil.
Wenk: Kombineer die blazermet satyn rokke of rompe met plooie en sagte patrone om daardie balans te skep tussen sterk en sag.
’n Gunsteling op ons stylradar is die Double Breasted Blazer van Witchery (R2499)
3. Die leer of kunsleer blazer
Te danke aan die 80’s en 90’s trends wat steeds groot bly, is die leer of kunsleer (wat ookal jy verkies!) style tans volop beskikbaar. In oorgroot of meer gestruktureerde snitte, silhoeëtte en skakerings van die reeënboog of in neutral kleure. Beslis ’n trendy item vir die seisoen as jy graag jou winterklerekas wil bybring.
Ons hou veral van die Faux Leather Buttoned Blazer van Zara (R1699) die dubbel blink knope maak dit effens meer luuks, en ons sal graag die baadjie by ’n denim en T-hemp wil dra.
4. Die oorgroot en lospassende blazer
Die oorgroot of lospassende blazer is een van die moeiliker blazer om reg te stileer. Daar is ’n fyn balans tussen ’n te groot en lospassende blazer en een wat net reg sit. Die truuk is dat jy nie moet lyk asof jy in jou baadjie verdrink nie (onnet en slordig!) maar eerder net gemaklik en koel moet lyk! Hailey Bieber gee alewig vir ons daardie oversized blazer inspirasie.
Wenk; Balanseer die res van jou uitrusting, moet nie oorgroot bo en onder dra nie – kombineer byvoorbeeld jou oorgroot blazermet ’n noupassende truirok of noupassende (straight leg of bootcut) denims. Jy wil nie groter voorkom as wat jy werklik is nie.
Ons hou van die die oversized blazer van Mango (R2199)
5. Die helderkleurige blazer
Daar is darem maar net niks soos ’n helderkleurige uitrusting om ’n grys en grou wintersdag op te warm nie! Hierdie seisoen is Dopamine Dressing steeds groot (die idee dat ‘n helder/prettige uitrusting jou emosioneel goed laat voel) en ons kla nie oor die trend nie. Kies uit skakerings van blou, pienk, rooi of selfs Kelly Green, een van herfs/winter se grootste skakerings vir 2022.
Wenk: Kies ’n skakering wat die beste werk by jou veltoon en wat goed gaan werk met die res van die items in jou huidige klerekas.
Kyk net hoe mooi is die blazer van Zara Straight Blazer with Pockets (R1999)
6. Die neutrale blazer
Ons het almal daardie een neutrale stapelblazer in ons kas nodig – wat ookal jou gunsteling neutraal, of dit nou beige, swart of wit is. Hierdie is jou staatmaker baadjie, die een wat jy gryp omdat jy weet dit pas by byna alles in jou klerekas.
Wenk: Kies jou neutraal in ’n snit of styl wat die beste by jou stylpersoonlikheid en lyfvorm pas. Dit sal verseker dat jou neutrale blazer nog vir jare lank ’n stapelitem in jou klerekas sal bly.
Country Road Recycled Polyester Structured Single Breasted Blazer (R2299)
7. Die kort (cropped) blazer
Voorkomskonsultant en stylkenner Susra Matthee sê “Ons het nog nie die einde gesien van die oorgroot “boxy blazers” nie maar as jy voel jy verdrink in hierdie styl (veral “petite” lywe) Daar is nou korter baadjies om van te kies. Moenie dit verwar met die kort baadjie styl van paar jaar gelede nie. Hierdie baadjies is heelwat korter met ’n reguit middellyn. Dit is die gewildste in helder kleure en patrone”.
Wenk: Onthou om hier jou proporsies uit te balanseer – dra jou kort baadjie met ’n hoë middellyf broek of romp. Of gebruik dit om jou middel te defineer by ’n lospassende rok. Ons hou vand die mooi blou skakering: Zara Textured Cropped Blazer (R1099)
8. Die dubbelbors (double breasted) blazer
Dit bly nou maar vir altyd ’n ou gunsteling. Die struktuur en silhoeët wat die styl skep, bly in ’n liga van sy eie. Waar ons voorheen die dubbelbors blazer meer formeel sou dra, geniet ons die seisoen se jukstaposisie van netjies gekombineer met meer informele klere-items.
Wenk: Dra die baadjie by jou denims en T-hemp, bo-oor jou sweetpak (hallo athleisure!) of by ’n gemaklike somersrok.
Die baadjie lyk na ’n tydlose keuse: Witchery Gen Plaid Blazer (R2299)
Lees ook gerus: In die Mode-kollig; Esté Rabé van Bottomless Coffee Band