Ons het vir stylkenners Marilize de Clerq, Susra Matthee en Simone Lombard raad gevra, die moets en moenies van ʼn pofbaadjie asook hoe om die kledingstuk meer stylvol te laat lyk vir die seisoen. Deur Justine Kroes
18/03/2022
Hoe om nie jou pofbaadjie te dra nie
Voorkomskonsultant en stylvolle modekenner Marilize De Clerq verduidelik “Pasop vir ʼn pofjas wat eindig op die grootste gedeelte van jou bobeen, of heup of boud, dit plaas dadelik die fokus op hierdie area wat mens eerder wil vermy – kies dan eerder ʼn langer styl, of een wat bietjie korter is”.
Voorkomskonsultant en stylkenner Simone Lombard stem hiermee saam: “Die grootse probleem met pofbaadjies is dat mense nie die regte snit vir hul liggaamsbou dra nie. As jy redelik baie gewig in jou onderlyf en/of borste dra kan dit baie onvleiend lyk as jou baadjie styf oor enige van die areas span. ʼn Praktiese oplossing is om ʼn groter nommer te kies en ʼn baadjie wat ʼn gordel/toutjies om die middel het, of selfs net ’n baadjie met ʼn middel wat ingeneem is”.
“Dit is belangrik dat jou pofbaadjie by jou leefstyl en stylpersoonlikheid moet pas, dit help nie jy het 15 soorte in verskillende style nie” sê Marilize.
“Kies eerder ʼn mat materiaal vir jou pofjas, ʼn blinkerige pofjas staan uit, dit vang lig so ’n mens gaan moontlik nog groter lyk as wat jy werklik is”. Marilize
“Kies ʼn pofbaadjie wat diagonaal (skuins) kwilt het, diagonale lyne is vleiende, verslankende lyne. As jy dink aan gewone pofjasse se horisontale reguit lyne, is dit dalk nie vir almal so vleiend nie.”
Marilize de Clerq
“Pofjasse van wel bekende outdoor brands, hou dit vir outdoor! Don’t wear it as fashion” Marilize
“Baadjies met klomp klein gevulde pofsakkies kan jou maklik soos die Michelin Man laat lyk. Kies eerder ʼn baadjie met groter sakkies of selfs dalk ʼn kwiltpatroon”. Simone
“Alhoewel jy basies jou pofbaadjie by enigiets kan dra op die oomblik, is dit nog steeds belangrik om proporsies en balans in ag te neem. ʼn Wye broek saam met hierdie wye baadjie of jas kan jou nog groter of slonserig laat lyk, terwyl ’n noupassende broek/romp balans skep.”
Susra Matthee
“Kleur is belangrik wanneer dit kom by ’n pofjas – omdat dit ’n groot kledingstuk is. Dit help nie jy kies ’n kleur wat regtig nie vir jou werk nie. Stylpersoonlikhede is hier ook belangrik – meer eksentrieke mense sal maklik wegkom met helder bont kleure. Maar as jou styl meer klassiek of minimalisities is – moet jou pofjas beslis ’n kleur wees wat by jou gelaat en jou styl werk.” Is Marilize se insiggewende raad.
Simone verduidelik “Bly eerder weg van oorgroot/ bonkige items onder die baadjie. Dra eerder stywe/noupassende kledingstukke onder die baadjie wat jou natuurlike kurwes wys. As jy groot items onder jou baadjie aantrek gaan jy net groter lyk as wat jy werklik is en as die baadjie begin styfspan is dit glad nie meer vleiend nie”.
Stileer jou pofbaadjie so meer stylvol;
“Ek is mal oor die juxtapositioning van ʼn pofbaadjie, met ander woorde jy kombineer twee teenoorgestelde style in een. Bybvoorbeeld ʼn noupassende knit rok wat bietjie meer luuks is met ʼn casual puffer bo oor dit. Die silhoeët onder lyk smart, met die meer gemaklike baadjie daarby. Jy hoef nie jou puffer altyd net met jou sportdrag te dra nie!”
“’n Monokroom-skakering uitrusting (dit beteken jou uitrusting in dieselfde skakering/s van kop tot tone) met ʼn pofbaadjie is ʼn baie moderne en stylvolle benadering om die baadjie te dra.” Is Simone se raad.
“Oorweeg verskillende lengtes en style. Daar is ʼn reuse verskeidenheid om van te kies soos: cropped-snitte, parkas en selfs lang (of kort) moulose baadjies. Daar is ook pofbaadjies van verskillende patrone en teksture.”
Simone Lombard
Susra sê: “Ek dra my swart Witchery pofjas nog elke winter. Dit is tydloos, die warmste item in my kas en baie gemaklik. Hierdie jaar sal ek ʼn paar bonkige plat stewels en ʼn helder handsak byvoeg. My jas het gelukkig ʼn bypassende gordel, wat vorm gee aan die jas. Indien jy een koop wat nie een het nie, kan jy ʼn statement gordel daarby dra.”
“Speel met verskillende teksture om die eentonigheid te breek en meer diepte te skep. Dink aan faux-leer-pels, wol of denim.” Is nog ’n wenk van Simone – ons stem – teksture laat ʼn uitrusting blitsvinnig ook meer luuks lyk.
“Dra ʼn moonbag oor jou baadjie om dit meer struktuur te gee. Jy kan dit oor jou skouers laat hang of om jou middel vasmaak. Dit is ʼn trendy manier om rond te speel met jou pofbaadjies; veral as jy vinnig verveeld word met dieselfde styl.” Sê Simone
Marilize sê “As dit in jou begroting is – kies iets in ʼn kleur of patroon. Ek hou veral van print on print, veral as daar tekstuur by is, dit skep ook bietjie diepte en karakter in ’n uitrusting”.
Vir die seisoen sê Susra “Koop ʼn groot, gemaklike oorgroot pofbaadjie of jas in ʼn helder kleur en wees baie trendy hierdie winter of jy kan belê in ʼn neutrale kleur soos swart en heg dit by jou stapelitem lysie”
“Moet nie jou pofbaadjie net by jou tekkies, boots en stewels dra nie, dit kan gedra word met ʼn fyner skoentjie, iets met ʼn blokhak of selfs ʼn thigh-high-boot. Hier is jou stylpersoonlikheid weer belangrik – pas jou pofbaadjie voorkoms aan by jou persoonlike styl” verduidelik Marilize
Ontmoet die stylkenners:
Volg ons stylkenners en voorkomskonsultante Marilize de Clercq, Simone Lombard en Susra Matthee hier: