Zetske van Pletzen se 5 moet-hê mode-items

Aktrise, Ma en mode-ontwerper Zetske van Pletzen het van kleintyd af stukke lap om haarself drapeer om te sien hoe sy dit in ’n kledingstuk kan verander – en dit het nie daar opgehou nie. Zetske se liefde vir mode het deur die jare ontwikkel en gegroei en vandag spog sy met haar eie klerereeks, Halo by Zetske. Lees meer oor Zetske se reeks, en haar 5 moet-hê mode-items: Deur Justine Kroes

11/03/2022

5 moet-hê mode-items in Zetske se klerekas waarsonder sy nie kan klaarkom nie:

1. Gemaklike wit tekkies –

Ek dra werklik my gemaklike wit tekkies saam met alles.

2. ’n Somerrokkie

Ek hou daarvan om rokkies te dra, want dit laat my vroulik voel. Dit is los en gemaklik en boonop is ’n somerrokkie so veelsydig, mens kan dit op- of af-dress.

3. ’n Jumpsuit of eenstuk

 Ek noem dit sommer ’n speelpakkie! Dit is vir my super gemaklik, en ’n lekker opsie as mens net lus is vir iets anders as die gewone broek- of rok-opsie. Ook ’n wen-uitrusting vir wanneer ’n mens agter kinders moet aanhardloop!

4. Enigiets leopard print

Ek hou van enigiets in leopard print! Van klere tot skoene.

Ek het selfs ’n paar gunsteling leopard print leersandale van Blu Betty.

5. Satyn kussingslope

Daar is soveel skoonheidsvoordele, soos minder plooie, minder split-ends, en geen meer slaapmerke op jou gesig nie. Dreamy Duchess se aanlynwinkel (klik hier) het die beste satynslope en ek kan nie daarsonder nie.

Waar kom jou liefde vir mode vandaan?

“Ek is van kleins af mal daaroor om stukke lap om my te drapeer en te kyk hoe ’n mens dit in ’n kledingstuk kan verander. Ek het ook altyd modeparade gehou met my ma se klere.”

Ek het dit nog altyd geniet om prentjies van rokke te teken. En daarby ook om kledingstukke te “modify”. Byvoorbeeld om ’n rok te sny om ’n top te maak of om ’n manshemp in ’n rokkie te verander.” 

Zetske

“Ek het my eie matriekafskeidsrok ontwerp en ’n paar keer in die verlede my eie rokke vir spesiale geleenthede of events.

Hoe het Halo by Zetske as modereeks begin?

“Die idee om hierdie liefde vir mode in ’n besigheid te omskep het eers in 2014 by my opgekom.” Die reeks het begin met mooi ontwerpe vir swanger mammas, vir Zetske inkluis, en vandag ontwerp hulle rokke, rompe, pretpakkies, jasse en die allermooiste bloese. Loer na die ontwerpe hier.

Watter deel van die kleremaakproses geniet jy die meeste? 

“Partykeer is ek propvol nuwe idees en ander kere voel ek net glad nie kreatief nie. Die deel wat ek die meeste geniet is om materiaal te kies. Soms doen ek eers die ontwerp en dan gaan soek ek lap om daarby te pas, maar ander kere sien ek mooi lap en besluit dan eers later wat om daarmee te maak.”

Zetske

“Soms is die finale produk heeltemal anders as die prentjie wat ek in my kop gehad het, maar baie keer is dit BETER as my oorspronklike idee en dit is nogal lekker.”

Ontwerpe deur Halo by Zetske

Hou Halo by Zetske se sosiale media dop vir gereelde aankondigings van Pop-up shops in jou area. Klik hier om die ontwerpe te sien en om te bestel.

Lees ook: Tydlose hemde en bloese op ons stylradar

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Slim stylwenke vir korter vroue
error: Content is protected !!