Maak gerus Nuxe Super Serum die middelpunt van jou wintervelsorgroetine. Die serum is super-bevogtigend (sonder om olierig te wees). Die serum bestaan uit mikrosfeertjies (wat soos balletjies lyk) gevul met botaniese olies, omring deur die super-bevogtigende hialuroonsuur. en komplementeer enige van Nuxe se bevogtigers, wat jy natuurlik kies na gelang van jou vel se behoeftes. Deur Suzanne Kotzé
29/06/2023
promosie
Nuxe Super Serum, die Franse botaniese olieserum

Hierdie serum bestaan uit 95% natuurlike afkomstige bestanddele en is ook veganis-vriendelik (geen dierebestanddele of byprodukte word gebruik nie).
Beskou jy na die Nuxe Super Serum van naby, lyk dit asof dit bestaan uit duisende klein balletjies wat in ’n vloeistof omvou is.
Die balletjies
Hierdie balletjes is in der waarheid mikrosfeertjies gevul met botaniese olies, omring deur die super-bevogtigende hialuroonsuur.
Die botaniese olies in die balletjies
Die hoofbestanddeel in die balletjies is ’n botaniese kompleks wat Edelweiss selle bevat. Soos jy dalk sal weet, groei die Edelweiss plante aan die hange van die Alpe.
Hierdie skaars blommetjies word eeue lank reeds gebruik in tradisionele medisyne, maar dit is ook ’n gewilde bestanddeel in velsorg omdat dit ’n baie sterk anti-oksidant bevat (glo sterker as vitamien C) en met selhernuwing help.
Die vloeistof (hialuroonsuur) wat dit omring
Die hialuroonsuur is spesiaal ontwikkel om van ’n uiters lae massa te wees sodat dit jou vel dieper kan penetreer. Hialuroonsuur kom natuurlik in ons velle voor, maar soos baie ander goeie dinge, word dit al hoe minder soos ons ouer word. Deurdat dit bevogtig, help dit ook dat ons velle plomper lyk. Die serum bevat ook een van ons ander gunsteling bestanddele, niasinamied of vitamien B3 wat jou vel helderder laat lyk.

Die bevogtigers wat die serum komplementeer
Crème Prodigieuse Boost vir die eerste tekens van veroudering
Hierdie reeks is ideaal wanneer jy die eerste tekens van veroudering begin opmerk; dit gebeur gewoonlik so vanaf 25. Dit help om die effek wat jou besig lewe, spanning, moegheid en besoedeling op jou vel het, teen te werk. Die produkte bevat almal ’n spesiale anti-oksidant kompleks (wat jasmynblommetjies bevat) en jou vel se natuurlik meganismes ’n hupstoot gee.
Die tekstuur van die bevogtigers is heerlik lig en vars en dit ruik lieflik. Dit help dat jou vel varser en helderder lyk.



Nuxe Merveillance Lift vir plooie en fermheid
Die Nuxe Merveillance Lift velsorgreeks fokus daarop om jou vel se plooie en fermheid aan te spreek. Die reeks bevat ’n groen alg wat al vir langer as 2,5 biljoen jaar oorleef danksy die ongelooflike weerstandigheid van ’n membraan hoog in aktiewe bestanddele.
Die groen alg word in Frankryk bekom deur ’n ingewikkelde wetenskaplike ekstraksie-
proses. Dit is immers nie maklik om die membraan van die alg te deurdring om ’n stabiele
mikro-alg olie-ekstrak, hoog in essensiële vetsure en anti-oksidante te maak nie. En ’n
enkele druppel van die olie bevat volgens Nuxe die konsentraat van vier miljoen mikro-alge!




Lees meer hier: https://stylvol.co.za/n-sterk-ferm-vel-met-nuxe-merveillance-lift/
Nuxuriance® Ultra teenverouderend vir gladder, digter vel
Die teenverouderingsreeks bevat saffraan en die gepatenteerde bestanddeel Bougainvillea Bi-Floral Cells ® wat die kern vorm van hierdie reeks. Dit spreek alle tekens van veroudering aan vir gladder, digter vel. Die tekstuur van die rome is weelderig en dit ruik ongelooflik.



Nuxuriance® Gold vir sterker, fermer vel wat meer opgeplomp is
Die reeks bevat vier patente wat die verouderingstekens aanspreek; verminderde voeding, vel wat minder dig en helder is, plooie, en vel wat meer broos voel as gevolg van ouderdom.
Die formule is meer as 92% van natuurlike afkoms en die tekstuur is strelend, sodat jou vel weer meer gemaklik voel en sterker is. Ideaal vir gebruik vanaf die ouderdom 65+.










