Hier is ’n paar gunsteling nuwe skoonheidsprodukte wat ons die afgelope ruk ontvang het. Ons het te lekker getoets hieraan. Deur Suzanne Kotzé en Justine Kroes
Nuxe Hair Prodigieux
Ek moet bieg ek was huiwerig om hierdie reeks te toets want
- ek het gedink dit gaan te swaar wees vir my fyn hare.
- ek gebruik gewoonlik net salonprodukte.
Maar ek was so beïndruk. My hare ruik heerlik (danksy die pienk kamille olie, vir eeue al deur Japanese geishas gebruik om hul hare blink te hou), blink mooi en dit voel vol. Ek het die hele reeks gebruik na my weeklise Vrydag-seeswem en dit gaan beslis nou deel van my Vrydag-roetine word.
- Wend die Pre-Shampoo Nourishing Mask (R795) aan voordat jy jou hare was en los dit aan vir 5-10 minute. 2. Die High Shine Shampoo (R475) is silikoon- en sulfaatvry. Dit reinig en voed sonder om jou hare swaar te laat voel. 3. High Shine Conditioner (R575) bevat ook geen silikoon nie en help om van koeke ontslae te raak. 4. Intense Nourishing Leave-In Cream (R545) ruik nie net ongelooflik nie, maar beskerm jou hare ook teen hitte. Wend aan voor jy jou hare blaas. * Die reeks is skoon en veganisvriendelik. Suzanne
Beskikbaar by orleanscosmetics.co.za, Superbalist, Bash.com
Elizabeth Arden 8 Hour
Die oorspronklike Elizabeth Arden 8 Hour is al reeds in 1930 gestig en dit is vandag nie net steeds ’n staatmaker nie, maar ook in verskeie ander weergawes beskikbaar. Eight Hour Cream Sun Defense for Face SPF50 Sunscreen High Protection PA+++ (R525) is olievry en voel heerlik lig op my vel. Dit laat my nie sweterig voel nie en my vel voel gehidreerd. Die nuwe Eight Hour Hydraplay Daily Moisturizer (R565) se verpakking is gerieflik en lig vir reis en jou oefensak. ’n Heerlike elkedag room wat alles doen van hidreer to oliebeheer (nie iets waarmee ek vreeslik sukkel nie). Die Daily Hydrating Body Lotion het die tipiese 8 Hour geur en smeer maklik aan, die die gerieflik groot pompbottel maak dit maklik om te gebruik.
Besoek gerus elizabetharden.co.za om al die 8 hour produkte te sien. Beskikbaar by Dischem en Clicks
SF Skin FunctionalBHA Body Series – Skincare Set
Is hierdie SF Skin FunctionalBHA Body Series (R550) nou ’n oulike stelletjie! Ek is maar lui vir lyfafskilfer, en hierdie produkte maak dit maklik om van dooie vel ontslae te raak (’n moet as jy selverbruining gebruik in somer). Die produkte bevat saliesielsuur om liggies af te skilfer en dit is parfuum, silikoon en alkoholvry. Ek is veral mal oor die Body Treatment, wat amper ’n jellierige tekstuur het, dit is so lekker om te gebruik.
Beskikbaar by skinfunctional.com en retailbox.co.za
Mustela se babareeks
Mammas (en nuwe mammas) Mustela se babareeks is ’n moet-probeer, ’n gunsteling toe ek ekstra versigtig was oor wat ek op my kleintjies se velle gebruik het. hierdie produkte is so natuurlik en veilig, dit word selfs op pasgebore babas en prem-babas in NICU gebruik. Ek het dit ook sommer vir my broer en sy vrou (wat binnekort ouers word) as geskenk gegee.
Mustela se Soothing Chest Rub (R285, Takealot) is ’n masseringsroom wat jy op jou baba se bors gebruik om ’n goeie nag se rus aan te moedig. Die room bevat 98% natuurlike produkte. ’n Kalmerende dennegeur sorg vir die ontspannende gevoel en die room laat babas se velletjies super sag en gehidreerd.
Mustela Nourishing Cleansing Gel with Cold Cream Hair and body (R200 Dermastore) is ’n veilige lyf en haarwas wat sagkens jou baba of kleuter se lyf skoonwas terwyl dit die vel beskerm teen die uitdrogende effek wat badwater op hulle velletjies kan hê. Hierdie reiniger is ’n romerige jel wat wat strelend voel op droë velletjies en verligting bied vir daardie droogheid wat kleintjies partykeer voel na ’n was. Die reuk is glad nie sterk nie, sag, vars en aangenaam. Die pompbotteltjie is natuurlik ’n gunsteling – perfek vir die mamma wat altyd ’n ekstra hand benodig – nou is daar g’n gesukkel met botteltjies oop en toe draai nie.
Mustela Nourishing Facial Cream with Cold Cream (R180 Dermastore) is ’n gesigroom vir babas en selfs pasgebore babas wat met ’n droë vel sukkel. Hierdie room sorg vir onmiddellike en blywende hidrasie deur ’n hidrolipidiese film op die vel te vorm wat babas se delikate gesigvelletjies beskerm teen eksterne aggressors terwyl dit die baba se velletjie sag, soepel en gehidreerd hou.
OptiPhi
’n Afskilferaar met ’n slim formule. Die afksilferaar kombineer AHA’s, BHA’s asook PHA’s en ensieme. Hierdie kombinasie verseker dat die afskilferaar nie net op die boonste lagie van die vel werk nie, maar ook die dieper lae binnedring vir ’n veilige, maar steeds effektiewe afskilfering.
Na aanwending (met die handige kwassie) voel my vel glad nie branderig, jeukerig of ongemaklik nie. Na 5 tot 8 minute spoel ek die produk af en volg op met ’n hidrerende gesigmasker
OptiPhi Dermal Reconstitution Mask (R1 500)
Hierdie masker (voorheen net in salonbehandelings gebruik) is nou beskikbaar vir tuisgebruik en is spesiaal ontwikkel om te gebruik nadat jy die vel afgeskilfer het om vel te streel en hidreer. Die kombinasie van seramiedes, peptiedes en kalmerende ekstrakte bied salonkwaliteit resultate tuis. Gebruik hierdie masker tussen jou salonbesoeke.
Die slim lugdigte pompaksie houertjie is ’n gunsteling. Ek druk een keer af, ek kry meer as genoeg van die masker om oor my hele gesig te gebruik (ek weet dit gaan nog lank hou) Die masker is lieflik sag, strelend en ekstra hidrerend. Ek slaap graag met die masker en los dit oornag aan my vel vir ekstra hidrasie. Justine