Nuwe haartrends wat jy die jaar wil dra

Haartrends vir die nuwe jaar: pak weg jou krultang, reguit is in! Halo minimalistiese bobs, beweging en tekstuur, maar totsiens strandgolwe. Hierdie is van die voorspellings wat gemaak word. Deur Suzanne Kotzé

Stilis Salome de Wet se haartrends-voorspelling

Kaapse stilis Salome de Wet deel met ons watter haartrends sy dink hierdie jaar gaan in wees.

Haarsnitte

Minimalisties bobs

Minimalistiese bobs is so vanaf die middel van verlede jaar al groot nuus en dit word net nog ’n groter ‘trend’. Dink aan midlengte bobs, veral met tekstuur en lae en geronde punte.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Kuiwe

Swoopy bangs was en is steeds groot nuus. (Amper daardie styl van die sewentigerjare).

Foto: Pinterest

Vol kuiwe met tekstuur wat net bo of op die wenkbroue hang is geweldig in.

kuif
Foto: Pinterest
Foto: Intercoiffure Mondial

Lae

Oor die algemeen is beweging in hare baie in, en dit speel goed met een van die grootste trends, hare wat in lae geknip is. Die lae haarstyle is egter korter as net lang hare met lae.

Foto: Pinterest
Hierdie staan ook bekend as die ‘wolf-snit’ Billy Eilish Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Dink daaraan as ’n ‘mullet’ en ’n lang lae haarstyl wat ’n baba gehad het. So dit is so halfpad tussen die twee lengtes en style.

Sagte, geronde style

Die algemene vorm van haarstyle is meer sag en gerond. Reguit lyne en opgeskeerde hare maak plek vir buitelyne wat sag lyk, met tekstuur. Meer ‘undone’. Selfs met kort snitte, sien ’n mens dat daar eerder saggies met ’n skêr geknip word om beweging te skep, eerder as geskeer.

Foto: Pinterest
Foto: Instagram

Beweging en tekstuur is hier om te bly.

Stileringtrends

Sagte, bonsende uitgeblaasde hare

Foto: Pinterest

Hierdie is beslis groot nuus. Dink aan hare wat beweeg en swaai, wat natuurlik hand aan hand gaan met hare wat in lae geknip is.

Reguit hare

Dit is tyd om weer jou haaryster uit te haal, want reguit hare is weer in. Krulle en strandgolwe is eers weer uit.

Emma Stone: foto Instagram

Paadjies

Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar sommige voorspelling sê die sigsag paadjies is weer terug. Ek glo egter jou paadjie hang af van jou styl en ook jou haarpatroon. Ek sien steeds middle- en kantpaadjies en dan ook baie hare wat na voor gekam word. Kuiwe wat lyk of dit ongedoen is, en kort style wat na voor gekam is.

Nat voorkoms

Foto: (c) Intercoiffure Mondial

Die nat voorkoms is in en dit is sekerlik een van die maklikste voorkomste om te doen.

Foto: Pinterest

Sulke ‘ongedoende’ tipe voorkomste, asof jy nou net uit die see uitgekom het, en jou hare net agtertoe gedruk het. Dit is nie noodwendig ’n netjies terugekamde affêre nie, maar eerder ’n effense ‘vuil’ hare voorkoms, ek het net so wakker geword. Al wat jy nodig het is ’n stileerproduk van jou keuse (‘moulding cream’ of spuit, jel of waks) en druk jou hare terug. Hierdie was ook groot nuus op al die loopplanke.

Haarkleurtrends

Meer natuutrlike en sjampanje blonde skakerings

Blonde skakerings wat meer van ’n sjampanjekleur of room is, eerder as silwer of platinumblond. Die kleur lyk ook meer natuurlik.

Foto: Pinterest
Gisele Bunchen Foto: Pinterest

Natuurlike balayage

Balayage wat songesoen en baie natuurlik lyk, eerder as superlig, is die voorkoms vir nou. Die bonus hiervan is ook dat dit baie minder instandhouding verg, aangesien dit so goed uitgroei.

Grys gemeng met kleur

Baie mense het vanaf die Covidtyd hulle grys laat uitgroei. Lang grys hare wat nie in ’n styl geknip is nie, kan egter baie verouderend wees, en daarom is dit goed om ’n lekker ‘edgy’ tekstuur of snit saam met grys hare te doen. Klein babaligstrepies tussen die natuurlike grys help ook om net ’n helderder grys voorkoms te skep.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Warm kleure

Rooi is geweldig groot as dit by haarkleur kom.

Foto: Goldwell
Foto: Salome de Wet
Foto: Instagram

Ek is so ’n groot Duo Lipa aanhanger, en toe sy haar hare rooi gekleur het, wou ek amper flou word van opgewondenheid.

Billy Eilish het onlangs weer net haar haarwortels rooi gekleur.

Enige rooi skakering, van pruim tot kersie en bruinrooi ondertone is op die oomblik ’n groot haartrend.

Brunette kan gerus ook warmer skakerings oorweeg, dink byvoorveeld aan warm kastaiing bruin.

Foto: Salomé de Wet
Heuningbruin hare is ook baie in. Foto: Pinterest

Oor die algemeen is warmer kleure in, of jy nou ’n blondine, brunette of rooikop is.

Sagte pastelkleure

As dit by kreatiewe kleure kom, is sagter pastelskakerings in. Dit is meer subtiel, en jy kan ook ’n reënboog van sagte pastelle saam gebruik.

Foto: Pinterest
Foto: Instagram James Earnshaw hair

Kyk gerus na Salome se Instagram reel oor al die haartrends hier:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
9 algemene bekende snellerbestanddele in skoonheidsprodukte
error: Content is protected !!