Nuut op die Stylvol-skoonheidstafel

Dit maak ons altyd opgewonde om nuwe skoonheidsprodukte te ontvang en te toets – en natuurlik met ons lesers ons gunstelinge te deel en waarom ons so baie daarvan hou. Hier is die nuutste vrystellings van Nuxe, Chanel en Clarins op die Stylvol-skoonheidstafel. Gekies, getoets en gekeur deur Suzanne en Justine.

23/07/2022

Nuut van Nuxe

Nuxe se nuwe Rêve de Miel produkte bevat heuning as een van die hoofbestanddele vir strelende en versorgende voordele.

Justine sê:

Nuxe Rêve de Miel Gentle Shampoo Bar (R245)

Nuxe Rêve de Miel Gentle Shampoo Bar (R245)

Ja, ’n koekie seep as sjampoe – en julle gaan nie glo hoe wonderlik dit werk nie. Hierdie sulfaatvrye shampoo bar bevat heuning uit Provence en Camelina-olie wat jou hare supersag laat. Ek het my lang hare baie maklik met hierdie seep gewas – en was verbaas hoeveel skuim dit maak selfs al bevat die produk geen sulfate nie.

Ek was altyd my hare twee keer (double cleanse!) en ek het spesiaal nie ’n opknapper (conditioner) gebruik nie om werklik te sien hoe hierdie shampoo bar my hare laat voel. Ek is stomgeslaan, my nat hare wat gewoonlik vreeslik koek, het super maklik uitgekam en drooggeblaas. My hare voel sysag en ruik hemels, ek selfs ’n kompliment van ‘n vriendin ontvang dat ek lieflik ruik (al het ek geen parfuum aan nie). Die bonus – hierdie sjampoesepie is soveel beter vir die omgewing en is gemaak uit 91% natuurlike bestanddele. 10 uit 10!

Nuxe Rêve de Miel Clean Hands Spray (R195)

Nuxe Rêve de Miel Clean Hands Spray (R195)

’n Handreiniger wat in elke handsak hoort! Hierdie handsproei-reiniger ontsmet jou hande met ’n botaniese alkohol en bevat ook gliserien wat beloof om jou hande sag en soepel te laat. Een spuit en die hemelse reuk omvou jou – vryf hande vinnig saam vir ontsmetting. My hande voel skoon en sag – nie ongemaklik droog soos met die meeste aanspuithandreinigers nie, ek het nie eers nodig vir handeroom aansmeer na gebruik nie.

Nuut van Chanel

Justine sê

Chanel Les Beiges Illuminating Dry Oil (R1640)

Chanel Les Beiges Illuminating Dry Oil

Hierdie droë olie van Chanel is onweerstaanbare luuksheid in ’n botteltjie. ’n Droë olie wat dien as ’n effense glinsterende sluier oor jou gesig, lyf of hare. Vir jou gesig – ’n druppel op jou vingerpunte en gebruik as verhelderaar bo jou wangbene. Vir daardie gesonde vel voorkoms – wend oor jou arms en bene aan vir ’n glansende vel.

Die droë olie met superfyn pêrelpigmente (wat die glans bied) laat nie ’n olierigheid of gevoel agter nie – dit absorbeer blitsvinnig en ruik ongelooflik. Gebruik dit op jou hare (minder as ’n druppel!) om daardie wegvlieghaartjies te tem of van mid-lengtes tot haarpunte vir sygladde hare.

Chanel Les Beiges Oversize Glow Sun Kissed Powder (R1540)

Chanel Les Beiges Oversize Glow Sun Kissed Powder

’n Ekstra groot weergawe van die bekende Les Beiges poeierhouertjie – nog onweerstaanbare luuksheid van Chanel wat net weet hoe. Die allermooiste Chanel embleem is op die poeier gedruk en ons voel skoon te skuldig om dit te gebruik want dit is net te mooi vir woorde!

’n Roompoeier tekstuur verbronser – gebruik dit om daardie songesoende voorkoms te skep – met die Les Beiges Oversize Kabuki Brush (R1025) kan jy dit maklik aanwend oor jou gesig, lyf en décolleté.

Ekslusief beskikbaar by Chanel winkels in Sandton City, Menlyn en V&A Waterfront.

Nuut van Clarins

Clarins Skin Illusion Velvet Foundation (R585)

Suzanne sê

Die Skin Illusion onderlaag voel werklik soos fluweel op jou vel! Ek het dit begin dra tydens ’n vakansie in die Drakensberg en aanvanklik was ek huiwerig vir ’n mat onderlaag omdat ek bang was dat my vel dalk droog sou voel in die koue lug. Dit was egter glad nie die geval nie, want die onderlaag is natuurlik ook hidrerend. Wat ek veral van die onderlaag geniet het, is dat dit of lig en natuurlik lyk (met my sproete wat steeds effens deurskyn) of meer dekking gee na gelang van hoeveel jy aanwend. Dit bly boonop ook goed aan. Geen onderlaag teen jou foon of klere nie!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
’n Gunsteling Stylvol-serum, nou selfs nog beter
error: Content is protected !!