aanblygrimering
aanblygrimering

Nege goeie aanblygrimeerwenke

Sukkel jy met grimering wat net nie aanbly nie. Hier is aanblygrimeerwenke, hetsy dit vir warm dae met grimering wat behoorlik afsmelt of vir ’n aandjie uit is. Deur Suzanne Kotzé

Aanblygrimeerwenke

Lucoh Mhlongo, hoofgrimeerkunstenaar vir Revlon Cosmetics, Suid-Afrika, deel die volgende wenke

1. Begin met ’n mat voorbereidslagie (primer)

’n Voorbereidingslagie wat lig voel en ’n mat afwerking het, is ’n moet, veral in die hitte. Dit help om die warmkryblink te beheer, laat porieë minder sigbaar lyk en help dat jou grimering deur die dag aanbly.

2. Kies ’n langaanbly onderlaag

“As dit hitsig is, is die dra van ’n langaanbly onderlaag ononderhandelbaar. Revlon ColorStay Longwear Foundation is my staatmaker vir ’n vars, vleklose voorkoms wat heeldag aanbly en sweet en humiditeit weerstaan.

3. Set strategies met poeier

Minder is meer as dit by poeier kom. Fokus op jou T-sone en die dele wat gewoonlik blink. Moet dit nie oordoen nie. Op die manier lyk jou vel natuurlik en vars instede van aangeplak.

4. Gebruik room en poeier

Om jou blosser en verbronser langer te laat hou, gebruik ’n roomformule onder die poeier in dieselfde skakering. Dit seël die kleur en gee jou ’n soomlose velvoorkoms.

5. Seël jou grimering met grimeeraanblysproei

Grimeeraanbly sproei is die finale stap vir ’n smeltvrye voorkoms. Dit help dat jou grimering soomloos saammeng, en help dat dit vars lyk, ongeag die temperatuur.

(Spuit dit ook gerus deur die dag aan as verfrisser. )

Grimeerkunstenaar Carissa Bosman deel wenke vir sweet-weerstandige grimering,

6. Maak seker jou vel is in ’n goeie toestand

My beste raad sal altyd wees om eerstens na jou vel se welstand en toestand om te sien.  As jou vel mooi lyk, het jy geen of minimale grimering nodig nie.

7. Versorgde wenkbroue, wimpers en ’n lekker lipkleur

As jou wenkbroue mooi is (gekleur en gevorm) en jou wimpers gedoen is (lash lift/ tint en lift) lyk jy sommer al klaar mooi, so al wat jy dan nodig het is ’n lekker lipkleur.

8. Minder is meer

Moenie soggens te veel produkte op jou gesig aanwend nie, hou dit lig. Wend jou dagroom, sonskerm  en primer wat jou vel laat mat lyk aan.

9. Kladpapier (blotting paper)

Kladpapier (blotting paper) is iets waarvan baie mense al vergeet het. Dit werk! Hou dit in jou handsak en klad die sweet en ekstra olies weg. Fenty en Palladio het kladpapier, maar Rizlas se tabakpapiere werk net so goed. Sit dit in ’n ander houertjie, niemand sal ooit weet nie.



Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
grimeertruuks
Lyk jonger met hierdie 10 grimeer-truuks
error: Content is protected !!