Nat na droë reguit hare met die ghd Duet Style

Toe die ghd span ’n maand gelede die geheime nuus van ’n deurbraak haar-stileerder gedeel het, was ons eerste reaksie “wow”! En die hoeveelheid “wow’s” het van daar af verdriedubbel. Die nuwe ghd Duet Style het behoorlik ons verwagtinge oortref – ’n stileerder wat hare van nat na droog neem met die opsie van ’n haaryster daarby (sonder geen skade!). Lees hoe die wonder-stileerder werk en hoe Suzanne en Justine die ghd Duet Style ervaar het. Wees gereed om dalk self ’n paar “wow’s” te uiter!

10/03/2023

promosie

ghd Duet Style

Die nuwe ghd Duet Style is die heel eerste twee-in-een warm-lug-stileerder wat nat hare droog kry sonder enige skade aan die hare.

Kenners en ingenieurs by ghd het die wetenskap van konveksie (convection) en geleiding (conduction) gekombineer en ’n gepatenteerde deurbraak AIRFUSION tegnologie ontwikkel.

Die AIRFUSION tegnologie kombineer die krag van warm lugvloei (convection) en die gematigde (laer) hitte op die stileerplate (conduction) vir gladde, glansende hare wat van nat na droog sonder geen skade gestileer word.

Gebruik dit so:

Stap 1

Begin met skoon gewasde hare wat goed met jou handoek droog gemaak is. Skakel die ghd Duet Style aan – na ’n paar sekondes sal jy die waaier hoor aanskakel en die stileerder sal ’n matige lae temperatuur hittestelling aktiveer vir nat hare. Sodra die liggie ophou flikker en jy hoor ’n ‘biep’ geluid, kan jy met die volgende stap begin.

Stap 2

Verdeel hare in seksies. Plaas die ghd Duet Styler op jou wortels en hou dit daar vir twee tot drie sekondes om seker te maak die wortels word ook goed droog. Dit sorg ook natuurlik dat hare op die wortels effens gelig word.

Stap 3

Laat gly die stileerder nou van die wortel na punte en herhaal tot die gedeelte droog is. Ons het gevind dit neem tot so drie (dalk vier) gly-aksies totdat ons hare droog is. Dit sal ook natuurlik afhang van die digtheid van jou hare en hoe baie hare jy in jou seksies insluit.

Stap 4

Net as die hare droog is – gebruik die “shine shot” stelling op jou ghd Duet Style. Wanneer jy die “shine shot” knoppie druk, stop dit die lugvloei (waaiertjie) en jy gebruik nou die ghd Duet Style as ’n haaryster. Soos enige ander ghd haaryster sal die hittestelling opgaan na 185 grade Celsius vir optimale stilering sonder enige skade. Jy kan jou hare verder reguit stileer of selfs krulle probeer op hierdie stelling.

9 redes hoekom ons van die ghd Duet Styler hou:

  1. Die tegnologie hieragter, dat jy jou hare kan droogblaas en reguit maak met net een toestel, sonder om jou hare te beskadig, is indrukwekkend.
  2. Dit is baie maklik om te gebruik, makliker as wat ons aanvanklik gedink het – hare droog met die lugvloei funksie en ’n ekstra bietjie blink met die “shine shot” funksie.
  3. Dit verminder die tyd wat jy spandeer aan die hare droogmaak proses.
  4. Geen geraas nie – daar is ’n effense geluid wat die lugvloei en waaier deur die stileerder maak. Sê maar totsiens vir die gedreun van jou haardroër se geraas. Dit klink ook super cool as jy dit aanskakel – amper so asof jy saam met jou ghd Duet style gaan opstyg!
  5. G’n “sizzle” geluid, reuk of rook van nat hare wat brand nie. Net sagt gesonde hare.
  6. Die stileerder is verbasend lig, en voel glad nie swaar in jou hand nie.
  7. Jou hare voel sysag na gebruik (julle sal nie glo hoe sag nie!). Selfs die volgende dag was ons hare sag met geen kroes of wegvlieg haartjies om te tem nie.
  8. Na die gebruik van die “shine shot” funksie op die ghd Duet style blink ons hare meer as wat ons gedink het dit kan.
  9. Die ontwerp van die toestel is ook eko-vriendelik en gebruik 45% minder krag as wat ’n haardroër sou.

Justine se ervaring

Ek was werklik beïndruk met hoe vinnig die ghd Duet Styler my lang hare droog gekry het. Ek het drie keer elke nat gedeelte met die ghd Duet style deur my hare getrek totdat die lugvloei dit droog gemaak het (en dit teen ’n lae hitte stelling!).

Ek was wel huiwerig dat die droogmaakproses die beweging op my hare sal verminder, maar dit het nie, in teendeel, my hare was supersag en het beweeg so asof ek ’n salonkwaliteit droogblaas sessie geniet het.

Beslis ‘n moet-hê toestel vir die besige vroue wat nie ure aan hare blaas ‘n week kan afstaan nie! En daarby, geen skade, net sysagte hare vol beweging wat blink soos nooit vantevore nie, wow!

Suzanne se ervaring

Ek gaan nie jok nie, ek was skrikkerig om die Duet te gebruik op nat hare. Ek het drie dae van te vore my hare gebleik, en soos blondines sal weet, is vars gebleikte hare nie iets om mee kanse te waag nie. (Dit word aanbeveel dat jy nie eers jou hare moet was vir 48-72 uur na die bleikproses nie). Hitte is natuurlik ook nie goed vir vars gebleikte hare nie. Ek was bang ek gaan die Duet so deurtrek en dan kom daar ’n groot klos blonde hare saam.

Dit het natuurlik nie gebeur nie, en ek was baie verlig en beïndruk.

Dit het my hare baie reguit en sag gemaak. En selfs die volgende dag het mense opgemerk hoe mooi my hare lyk.

My gordynkuif is wel ’n bietjie te kort vir die Duet en het in allerhande rigtings gestaan. Ek sal dit eerder met my gewone klein borsel of ghd Rise doen.

ghd Sleek Talker

Die ghd Sleek Talker Wet to Sleek Styling Oil (R690) is ontwikkel as stileer-hulpmiddel vir die ghd Duet Style. ’n Hitte-beskerming stileer-olie wat verder sorg vir sagte, glansende hare. Hierdie olie beloof 25% meer beheer oor hare wat geneig is om te kroes (frizz). Wend dit aan jou nat hare aan voor jy die ghd Duet Style gebruik.

Kry dit hier

Die nuwe ghd Duet Style is beskikbaar in swart en wit (R7100) by uitgesoekte ghd haarsalonne of besoek www.ghdhair.com/za vir meer informasie. Klik hier vir ghd se aanlyn winkel.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wat is jou Kate Spade geurpersoonlikheid?
error: Content is protected !!