Leandie du Randt
Leandie du Randt

‘n Voorsmakie uit Leandie du Randt se ‘My hacks vir die lewe’

In haar (tweede) boek ‘My hacks vir die lewe’ deel Leandie du Randt antwoorde op vrae wat sy gereeld kry. Van vrae oor hoe sy oor die dood van haar ma en oor haar egskeiding kom, en hoe sy so kan eet en wyn drink. Hier is ’n voorsmakie. Deur Suzanne Kotzé

Die inspirasie vir ‘My hacks vir die lewe’

Die afgelope paar jaar het Leandie met baie vrae te doen gekry. “Van wat ek doen om my lyf in shape te hou, al eet ek byna elke aand uit en drink ’n glas wyn tot hoe kom ek oor die dood van my ma en my egskeiding. Hoe dien en sien ek die Here? Hoe het ek ’n besigheid begin tussendeur al my ander hoedjies wat ek dra?.”

“Ek het besluit om al die vrae en nog meer in een boek te probeer beantwoord wat mooi is om na te kyk en hopelik ook lekker is om te lees. Ek deel graag my geheime, of soos ek dit noem, my hacks vir die lewe, met jou met die hoop dat jy gemotiveerd sal wees om jou eie hacks wat vir jou lewe werk te gaan formuleer en jou beste self te gaan wees.

Leandie du Randt se ‘My hacks vir die lewe’

Leandie du Randt
Fotograaf: Casper Willemse, grimering: Dominique van Zyl Pak van Suited for Hire. Foto’s geneem by Quanterellie

Hier is vir julle ’n voorsmakie van my top hacks vir my lewe

Liggaam

Pas jou liggaam op en vind ’n manier wat vir JOU werk omdat jy van jou liggaam hou en dankbaar is daarvoor, nie andersom nie. En hier praat ek nie net van eetgewoontes nie, maar van styl en versorgingsgewoontes ook. Ek deel meer oor my eetgewoontes, resepte, oefening en styl in hierdie hoofstuk van my boek. E gee vir jou praktiese raad en stappe oor hoe om daai JY te vind met JOU unieke liggaam.

Denke

Jou denke skep jou lewe. Die Here het vir jou dieselfde krag gegee as waarmee Jesus uit die dood uit opgewek is. Jy moet dit besef en met verantwoordelikheid bestuur en vier ook. Hier gee ek praktiese stappe van hoe ek my denke bestuur en ook hoe ek my doelwitte en drome aanpak oor dit heel eerste in mens se kop begin en daar geskep word.

Siel

Jou siel is al wat aanhou leef so hy moet aanhou om die meeste aandag te kry. Hoe plak jy jou siel weer stukkie vir stukkie aanmekaar nadit dit voel of iemand dit uit God se hand uit kom steel het? EK vertel my reis van hoe ek met trauma deel en hoe ek dit benader en deur hartseer en teleurstellings werk – veral omdat ek in God glo. Hoe lyk mens se verhouding met Hom dan as jy so kwaad is vir Hom oor wat gebeur het?

Besigheid

Jy verkoop ’n probleem wat jy oplos, nie ’n produk nie.

Wat is dit wat jy vir ander kan bied om hulle lewe makliker te maak en waaroor jy terselfdertyd passsievol is? Daar lê ’n moontlike besigheidsplan en idee daarbinne.

Ek gee praktiese tips en stappe van hoe ek besigheid en bemarking benader. Ook hoe ek ’n klomp goed gelyk gedoen kry. Deel van die hoofstuk gaan oor hoe belangrik dit is om die mense in jou sirkel te ken en te verstaan. ’n Goeie instrument om dit te gebruik is die Kobus Neethling Breinprofiel – ek vertel meer daaroor ook.

Dan is daar ’n klomp raad wat ek al ontvang het by verskillende mense en plekke en ek het dit ook alles in my BONUSafdeling gesit. Van hoe om van konstipasie ontslae te raak tot wat nou eintlik in die lewe as belangrik beskou word.

Waar is ‘My hacks vir die lewe’ beskikbaar?

Dit is vanaf middel November by Exclusive Books en Bargain Books in Engels en Afrikaans beskikbaar en ook aanlyn by Takealot.com. Dit is ook beskikbaar as ’n e-boek.

Leandie se boekbekendstelling is op 30 November by Exclusive Books, Brooklyn om 18:00 en sy sal daar wees. “Almal is welkom,” sê sy.

As jy vir Leandie vir ’n praatjie wil bespreek kan jy ’n epos stuur na  louis@musicprofile.co.za of irene@speakersprofile.co.za

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Nuwe vriendskappe; ver van huis en nêrens tuis.
error: Content is protected !!