Marise Pollard
Marise Pollard

Aanpassingswenke vir lewe in die vreemde

Of jy emigreer of net vir ’n ruk in ’n ander land gaan bly, hierdie aanpassingswenke van Marise Pollard en kosskrywer Vickie de Beer mag dalk help. Die vreemd voel en aanpassing is nie aldag maklik nie. Deur Suzanne Kotzé

Marise Pollard se aanpassingswenke

Marise en haar rugbyspeler man Handrè Pollard bly al vanaf 2019 in Montpellier in die Suide van Frankryk.

Marise en Handrè Pollard
Marise en Handrè Pollard

1. Embrace die kultuur van die mense en die land.

Probeer dinge doen soos wat hulle dit doen. Dit maak dit net makliker om te verstaan hoe hulle funksioneer. Eet soos hulle eet en probeer praat soos wat hulle praat. Dit mag vreemd voel aan die begin, maar dit maak ’n groot verskil.

2. Step out of your comfort zone. 

Moenie skaam wees nie. Maak vriende in supermarkte, restaurante en sommer op straat. Ek het ’n meisie wat ’n foto van my geneem het, se nommer gevra nadat sy my in Engels geantwoord het. Ons het saam gaan koffie drink en vandag is ons goeie vriendinne. 

3. Gaan uit.

Stap in die strate, besoek markte en verdwaal. Dis snaaks hoe ’n mens jouself kan vind as jy nie eintlik weet waarheen jy gaan nie. Ek het al die oulikste plekke ontdek deur te verdwaal.

4. Die huis voel partykeer vêr en dis belangrik dat jy ’n plek kry waar jy kan rustig raak en bid.

Vir my is dit baie belangrik om in die natuur te kom en dit is waar ek my denke prosesseer en kalm raak. Of dit in ’n park, berg of wingerd is. Ek dink dis belangrik dat jy jou plek kry waar jy rustig word en net ’n oomblik neem en dink aan alles waarvoor jy dankbaar is. 

5. Reis

Verken alles wat naby is elke keer wat jy die geleentheid kry. Doen navorsing, lees na oor die geskiedenis en gaan net. Daar is so baie om te sien en te ervaar reg oor die wêreld en as ‘n mens die voorreg kry om in ‘n ander land te woon, moet ‘n mens dit gebruik.

Vickie de Beer se aanpassingwenke

Vickie de Beer, haar man en drie seuns het in Januarie 2020 (net voor Covid) Nederland toe getrek. “Dit voel nie aldag vir my of ek cope hiermee nie, maar ons praat met baie mense daaroor. Ons weet ook nie watter gedeeltes van wat ons voel veroorsaak is deur die Covid situasie en watter deur die emigrasie nie.

Vickie en haar man Joe de Beer

1. Connect met mense op sosiale media van die land waarheen jy gaan.

Daar is altyd ’n expat groep; vir ma’s, of vir ouers of vir watookal. Raak deel van een of meer van die baie groepe. Die inligting wat jy op hierdie groepe kry is van onskatbare waarde. 

Elke land werk op sy eie manier. Net omdat jy iets op ’n sekere manier gedoen het in Suid-Afrika beteken dit glad nie dat dit so gaan werk in die jou nuwe land nie. Nederlanders doen alles op ’n baie spesifieke manier en as jy van buite af inkom, is dit moelik om agter te kom hoe die sisteme werk. Die skoolsisteem was vir ons gekompliseerd, en dit is op hierdie groepe waar jy die meeste inligting kry en waar jy vrae kan vra. Van ‘hoe werk die rommelverwydering in die land’ tot ‘hoe jy ’n selfoonkontrak kan kry.’

Na ’n ruk word jy weer een van die mense wat kan raad gee, want daar was soveel mense wat jou absoluut gedra het aan die begin met hulp en advies. Dit is lekker om te kan teruggee.

Die groepe bied ook emosionele ondersteuning; veral vir die dae wanneer alles net te veel word, veral met die moeilike Nederlanders. Dit is ook waar jy ander gesinne ontmoet wat dalk enersdenkend is as jou gesin, of wat kinders van dieselfde ouderdom het en so vriende kan maak

2. Reik doelbewus uit, maak kennis met ander Suid-Afrikaners en behou kontak.

Ek weet baie mense sê jy trek nie oorsee om met ’n spul Suid-Afrikaners vriende te wees nie, maar om met jou nuwe landsgenote te connect en vriende te maak is nie altyd maklik nie en dit neem tyd. So probeer kennismaak met ander mense wat in dieselfde tipe bootjie as jy is. As jy ’n paartjie is, met ander paartjies, of as jy gesin is, met ander gesinne is dit net makliker met Suid-Afrikaners. Jy maak kennis met jou nuwe landsgenote, maar alles voel anders om saam te kuier as waaraan jy gewoond is. Vir ons was dit van onskatbare waarde om ander Suid-Afrikaanse gesinne te leer ken wat naby aan ons bly. Dit was ook vir ons kinders goed om met die ander kinders te kan praat oor hulle ondervindings, hoe hulle aangepas het ens.

3. Moenie die wonder van die avontuur verloor nie.

Aan die begin kan al die praktiese admin, soos hoe om inkopies te doen en aan die ander kant van die pad te bestuur en jou motor te registreer jou nogal besig hou. Jy moenie net mission en op daai goed fokus nie. Vir ons gesin was dit nog altyd ’n groot droom om in Europa te kan bly.

Ek probeer om daardie wonder van die avontuur lewendig te hou, vir myself en ook vir my gesin.

Die eerste sneeu was vir ons so wonderlik; ons het in die Amsterdamse woud gaan stap en ek het vir ons warm sjokolade ingepak. Nou onthou ons nie dat dit hard lockdown was nie, maar ons onthou die dag wat ons in die woud gaan stap het en dit gesneeu het.

Warm sjokolade in die sneeu

Skep daardie oomblike en geleenthede of dit nou ’n piekniek langs ’n grag is, of in die woud is of ’n biertjie iewers. Dit is hoekom jy gekom het. Onthou dit is ‘n wonderlike geleentheid en ’n fantastiese avontuur en jy moet dit geniet.

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
perfeksie
Vyf redes om jou strewe na perfeksie te laat gaan en eerder Wabi-Sabi toe te pas
error: Content is protected !!