denimbaadjie
denimbaadjie

’n Staatmaker-denimbaadjie

’n Denimbaadjie is ideaal vir hierdie tusseninweer – en jy kan dit oor ’n rok, T-hemp of selfs by ’n denim dra. Maar dis nie altyd maklik om ’n staatmaker te kry nie. Hier is ’n paar gunstelinge wat ons in die winkels gesien het, en idees hoe om jou denimbaadjie te dra. Deur Suzanne Kotzé

18/08/2023

Ek het ’n vriendin onlangs gehelp om haar klerekas reg te ruk en ek kon nie glo hoe min mode-stapelitems sy in haar kas gehad het nie. Daar het ook nie ’n denimbaadjie gehang nie, en ons is dadelik winkels toe om dit reg te stel. En nou leef sy in haar denimbaadjie. (En ek het ook sommer een gekoop!)

Van ons gunsteling-denimbaadjies, tans in die winkels

Omdat ’n denimbaadjie nie ’n modestuk is wat net een seisoen gaan hou nie, is dit die moeite werd om eerder meer geld hieraan te bestee. Moenie skaam wees vir aanpas en nog aanpas, todat jy die regte een kry nie.  

Levi Ex Boyfriend Trucker Jacket (R1 299, Woolworths en Levi-winkels)
Trent Denim Jacket (R1 199, Poetry)
Country Road Slim Australian Cotton Denim Jacket (R1 499, Woolworths)
Cotton On Plus the oversized denim jacket (R799, Superbalist)

Vyf maniere om jou denimbaadjie te dra

Die trukcer-styl baadjies wat nou in die mode is, is oorgroot. As jy die oorgrootvorm onvleiend vind, pas gerus ’n kleiner nommer as jou gewone grootte aan.

1. Oor ’n somerrok vir eksta hitte

’n Lyfkruis-sak is ’n goeie manier om vorm te gee aan ’n lospassende baadjie. Foto: Pinterest

2. Laat ’n gewone rompuitrusting koel lyk

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Die baadjie kan enige romp en tekkies of skoene ’n bietjie meer koel laat lyk. So asof jy koel lyk sonder om eers te probeer.

3. Saam met nog denim

Denim op denim is weer groot nuus. Hierdie trend maak so elke twee tot drie jaar sy verskyning. Dra die baadjie saam met jou denim en ’n T-hemp, of selfs saam met ’n denimhemp.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

4. Sjiek saam met ’n wyepyp broek

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Vir ’n sjiek voorkoms werk ’n wyepypbroek wat hoog om jou middel sit en denimbaadjie goed. Die groter baadjie is ook ideaal om oor jou skouers te drapeer.

5. Sportief saam met ’n ‘jogger’ of ‘leer’ spanbroek

Die ideale naweekvoorkoms!

Foto: Pinterest
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Selfoonbykomstighede
error: Content is protected !!