Hetsy jy nou jouself in jou 30’s, 40’s, 50’s of 60’s bevind, het elke ouderdom maar sy eie unieke velveroudering wat plaasvind. In jou 30’s is dit die begin van fyn lyne en plooie, in die 50’s word hormoonveranderinge ’n realiteit en in jou 60’s dalk ’n dowwe gelaat as gevolg verminderde vogvlakke en stadiger velvernuwing. Ons en ’n paar Stylvol-vriendinne het heerlik saam tee gedrink en gesels oor die veranderinge wat plaasvind en daarby ook oor die oplossing wat Clarins se gefokusde teenverouderingsrome in samewerking met Clarins se Double Serum vir elke ouderdomskategorie bied. Deur Justine Kroes.
Fotos geneem by Droom Restaurant in Philadelphia; Fotograaf Jess Delport. Klere van Poetry.
26/05/2023
Fyn lyne in jou dertigs
Voor Clarins die nuwe Clarins Multi Active reeks vir vroue in hul 30’s geherformuleer het, het hul vir 1571 vroue in die ouderdomsgroep 30 tot 39 gevra wat hul dink die meeste hul skoonheid affekteer. 59% het geantwoord verminderde slaap en 53% het stres as ’n rede genoem.
Justine (34 jaar) sê:
“Ek kan dit beslis beaam, laat aande werk en klein lyfies wat saans kom inkruip beteken min slaap is van my vroeë dertigerjare al aan die orde van die dag. Daarby ook natuurlik stresvlakke as ’n werkende ma wat al die boksies probeer tik sodat geen balle op die grond beland nie. Ek kan beslis die impak hiervan op my vel agterkom, fyn lyne veral rondom my oë en donker kringe van al die min slaap!”
Justine
Die Clarins room vir jou dertigs:
Min slaap en te veel stres veroorsaak die oorproduksie van vrye radikale. Dit beteken jou fibroblaste wat elastien en kollageen produseer om die vel ferm, glad en soepel te hou, word alewig deur hierdie vrye radikale aangeval en uitgeput. Dit veroorsaak dus die onstaan van fyn lyne, oneweredige veltekstuur en ’n dowwe gelaat – daardie eerste duidelike tekens van veroudering.
Dankie tog vir die Clarins Multi Active Day & Night rome – die nuwe formulasie bevat nouDisselekstrak – ’n Suid-Afrikaanse plant wat die vermoё het om droogte en waterstres te oorleef. Die bestanddeel verhoed dat daardie fibroblastselle voortydig verouder. Die Multi Active Nuit (die nagroom), bevat ’n ekstrak van Kaliforniese Papawer, ’n blom wat saans toevou om homself te beskerm. Die ekstrak hits kollageenproduksie aan terwyl jy slaap en beloof ’n gladde, fermer vel teen opstaantyd.
Vel in jou veertigs verloor volume
Jou 40’s is wanneer jy gewoonlik ’n duidelike verandering in velfermheid agterkom. Namate ons ouer raak neem die ritme van selhernuwing stadig maar seker af, en dit veroorsaak verminderde fermheid en elastisiteit van die vel. Plooie en sonskade word boonop tydens jou veertigs al hoe meer en meer sigbaar.
Suzanne (44 jaar) sê:
“Vandat Ek in my veertigs is, sukkel ek met my vel wat minder glansend is. En meer rooi. My vel is ook besig om minder ferm te raak.”
Suzanne
Die Clarins room vir jou veertigs:
Clarins se Extra Firming Day & Night rome word spesifiek geformuleer vir vroue in hul veertigs. Te danke aan die Organiese Kangaroeblom-ekstrak (plus nog agt ander plantekstrakte) lyk vel fermer, meer soepel en meer plomp, terwyl dit boonop jou vel teen omgewingsbesoedeling en vrye radikale beskerm.
Vel in jou vyftigs en hormoonveranderinge
Daar is ’n direkte verbintenis tussen die vermindering van velfermheid en hormoonveranderinge wat plaasvind in jou 50’s. Peri-menoupouse, menopouse, en post-menopouse se wipplank van hormoon- veranderinge by reeds stadige velselhernuwing in jou 50’s versnel dus die spoed van velveroudering.
Sue Rankin (55 jaar) sê:
“Daar is baie veranderinge waarmee ek sukkel, maar tans is dit duidelike ouderdomsvlekke, sonskade en plooie in my nek wat pla”.
Sue
Clarins se wonderroom vir jou vyftigs
Te danke aan die nuwe formulasie van die Clarins Super Restorative Day & Night Cream bevat hierdie rome plantekstrak – Harungana &Brem, ’n bestanddeel wat glo soortgelyke velvoordele as die teenverouderingsbestanddeel Retinol beloof. Na gebruik is vel glo fermer, gladder en fyn lyne minder sigbaar. Selfs die terugbesorging van ’n glansende gelaat word beloof na die gebruik van hierdie room.
Vel in jou sestigs verloor vog en glans
Plooie en lyne is maar een bekommernis van velveroudering in jou sestigs. Na 60 neem selhernuwing en kollageenproduksie skielik baie vinniger af. Jou netwerk van mikro-voedingstowwe neem boonop ook af, wat dus beteken jou vel se sperfunksie word beinvloed en veroorsaak verminderde vogvlakke in jou vel. Die resultaat? Dowwe, droë en glanslose vel wat lyk of dit soms een groot sluk water benodig.
Amelia (60 jaar) sê:
“My vel het beslis verander van 50 na 60 toe en is nou droog, veral rondom my oë. Ek dink ook my vel lyk soms dof en vaal. Ek moes ook my grimering verander, ek kan nie meer poeier grimering gebruik nie anders lyk my vel net nog meer droog.”
Amelia
Die Clarins room vir jou sestigs
Om daardie droë, dowwe gelaat aan te spreek is Clarins se Nutri-Lumière Day Cream jou antwoord – die room bevat Organiese Wildekastaiïng-ekstrak wat belangrike voedingstowwe terugbesorg aan jou vel. Vel voel dadelik gehidreer, lyk meer glansend, gesond en herstel daardie sperfunksie om lae vogvlakke te verhoed.
Die serum vir elke ouderdom
Clarins se kragtigste teenverouderingsformule is die Clarins Double Serum. Hierdie serum met twee serums in een bevat meer as 20 plantekstrakte en bied ’n fermer vel met versagde plooie, ’n helderder gelaat met porieë wat minder sigbaar voorkom daarby.
‘n Universele slim-serum wat al vroue se grootste teenverouderingskwessies aanspreek, ongeag jou ouderdomsgroep, etniese groep en veltipe. G’n wonder daar word elke vyf sekondes ’n botteltjie van Clarins se ikoniese Double Serum wêreldwyd verkoop nie!
Om die Clarins Double Serum in samewerking met ’n Clarins glansroom te gebruik, verbeter die doeltreffendheid van hierdie rome om die effek van teenveroudering oor alle ouderdomsgroepe te versterk.