’n Gunsteling Stylvol-serum, nou selfs nog beter

Vel wat gladder, fermer en meer glansend lyk in so min as 7 dae? Ons sê ja asb! Met 5 jaar se navorsing, ‘n studie op 62 identiese tweelinge en ’n gepantenteerde formule wat jou omgewing en leefstyl se impak op velveroudering kan terugdraai, behoort hierdie serum op jou skoonheid kooplysie. Lees meer oor die Stylvol-gunsteling, wat nou vir die 9de keer herformuleer en verbeter is. Deur Justine Kroes

13/09/2014

Clarins Double Serum Generation 9

Die 9de weergawe van die ikoniese Clarins Double Serum is onlangs vrygestel en ons kon nie wag om een van ons heel gunsteling serums te toets nie. Die nuwe generasie 9 Clarins Double Serum stel nie teleur nie. Dit bly dieselfde Clarins Double Serum wat ons ken en ons harte op verloor het, behalwe beter, net soos Clarins kan.

Clarins Double Serum (R1250 vir 30ml; R1700 vir 50ml; R2400 vir 75ml)

5 redes waarom die nuwe Clarins Double Serum op jou skoonheidkooplysie hoort

1. Clarins Double Serum is aan voorpunt van navorsing

Een van die wêreld se gunsteling Cult-beauty-produkte is nou in ’n meer kragtige weergawe as enige van die vorige 8 Clarins Double Serums beskikbaar.

Die indrukwekkende navorsing, wat 5 jaar geneem het, is geïnspireer deur die studie van Epigentika (epigenetics).

Clarins Double Serum (R1250 vir 30ml; R1700 vir 50ml; R2400 vir 75ml)

In die mediese veld word epigenetika beskryf as die studie van die ontwikkeling en veranderinge van ons gene, gebaseer op die leefstyl wat ons lewe. Daar is bevind dat 85% van ons gene beïnvloed en verander word deur ons leefstyl en gedrag.

’n Eksklusiewe studie van 62 identiese tweelinge is deur die Clarins span uitgevoer. Die doel van die studie was om vas te stel of jou leefstyl ’n impak het op hoe jy verouder. Die resultaat? Daar is bevind, dat selfs al het die tweelinge dieselfde genetiese profiel, is daar duidelike bewyse dat albei verskillend verouder weens die impak van verskillende leefstyle en omgewings.

So het die term “epi-ageing” ontstaan – dit verwys na genetiese veranderinge wat plaasvind as gevolg van ’n ongebalanseerde leefstyl. Die resultaat lei tot vinniger velveroudering omdat ’n ongebalanseerde leefstyl die fibroblastselle hinder wat verantwoordelik is vir die vel se jeugdige voorkoms.

2. Die serum kan jou vel se toekoms verander

Die Clarins-span het die plant “Giant Provencal Reed” geïdentifiseer as ’n veerkragtige bestanddeel wat jou vel in staat stel om beter aan te pas in sy omgewing. Net soos wat die plant homself beskerm en ontwikkel vir verdere beskerming in die natuur.

Met die wetenskaplike fokus op epigenetika het hierdie serum die krag om jou vel se toekoms te verander.

3. Bevat 27 kragtige bestanddele & peptiedes

Hierdie nuwe formule bevat 22 plant ekstrakte wat die vel se sperfunksie beskerm en sorg vir hidrasie, 5 aktiewe molekules plus die nuwe ster bestanddeel Giant “Provencal Reed”.

Dit bevat ook peptiedes. Peptiedes stimuleer die produksie van kollageen wat die voorkoms van fyn lyne en plooie versag. Boonop sorg peptides ook vir hidrasie en versterk jou vel se sperfunksie.

Clarins Double Serum Generation 9 herstel en onderhou steeds jou vel se natuurlike balans deur die mengsel van die goue water en olie ratio wat gemeng word soos jy die doppie afdruk.

Hierdie formule bevat natuurlik steeds ook die kenmerkende borrie-ekstrak (wat anti-inflamatories is) en die vel se 5 belangrike funksies bevorder. Naamlik, regeneration, oxygenation, beskerming, hidrasie en voeding vir die vel. Al hierdie bestannddel saam verbeter velfermheid, besorg glans terug tot jou vel en versag die voorkoms van plooie.

4. Die slim (en eko vriendelike) verpakking

Ons gunsteling deel is natuurlik die slim botteltjie. plus die verpakking van die botteltjie is nou meer ekovriendelik as ooit van ter vore .Die doppie word nou vervang met ’n slim sluit meganisme om te verseker jy mors nie. Boonop is die botteltjie gemaak van 94% herwinbare materiale.

Draai eenvoudig die houertjie aan die bokant om meer of minder serum te gebruik. Saans gebruik ons gewoonlik meer serum as gedurende die dag en die slim draai-aksie is ’n handige opsie om minder of meer te gebruik.

Clarins Double Serum bly ’n gunsteling vir ’n aand-roetine, maar is ook ’n gunsteling om soggens te gebruik voordat ons grimering aanwend. dit sorg vir gesonde, glansende vel wat vir 24uur lank gehidreerd bly.

5. Dit bly ’n serum vir almal

Nes die vorige 8 weergawes, bly die Clarins Double Serum Gen 9 ’n serum vir almal en is spesiaal ontwikkel  vir alle ouderdomme, alle veltipes en velskakerings.

Steeds dieselfde ultrasensoriese tekstuur wat ons ken en ons harte op verloor het, maar nou net meer kragtig as ooit vantevore!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
bypassende rompe en bostukke
Bypassende rompe en bostukke
error: Content is protected !!