RVLRI.
RVLRI.

’n Goue rvlri horlosie vir jou mode-styl

Hier is voorstelle van goue rvlri mode-horlosies vir verskillende modestyle; of jy nou van ’n meer manlike, vroulike of glansryke styl hou. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s: Jessica Delport

08/09/2023

promosie

rvlri (uitgespreek [re-vel-ri]) is afkomstig van die Franse woord “reveler”. Die woord beteken lewendige feesvieringe. En rvlri wil juis sinomiem wees met vieringe; of dit nou iets groots soos ’n verjaarsdag of herdenking is of kleiner vieringe soos ’n halwe verjaarsdag of ’n vakansie wat begin.

Die sakpas-prys (maar steeds goeie kwaliteit met een jaar *onbepaalde waarborg en drie jaar waarborg op beweging) maak dat dit ook ’n uitstekende keuse is, as jy daarvan hou om jou horlosie as ’n mode-bykomstigheid te dra.

Die rvlri -horlosie as jy ’n manlike tipe styl verkies

Jy hou van skoon lyne, en verkies goedgesnyde baadjies en wit hemde bo enige frilletjies en valletjies of tierlantyntjies. Van ‘boyfriend’ jeans tot blazers; hierdie styl bly en is gewild en ook klassiek. Die horlosie se gesig is ook aansienlik groter as tipiese kleiner vroue-horlosies en die groter gesig maak beslis ook ’n stylstelling (en dis makliker om die tyd te lees!). Rol gerus jou hemp op om jou mooi horlosie te wys.

rvlri black dial gold metal watch (R649, Truworths)

Wenk: die bandjie sal waarskynlik los wees aan jou arm, so laat haal gerus ’n skakel uit.

Die donker gesig van die horlosie kontrasteer mooi met die goud.

Glansryke styl

Hoe blinker, hoe beter! Jy is nie skaam om aandag te trek en jou klerestyl weerspieël dit ook. Diamanté, sequins en hakke is tuis in jou klerekas.

R699, Truworths

Die groter gesig van die horlosie, omring deur diamanté detail, lyk glansryk sonder om oordadig te wees. Dit kan ewe goed werk saam met nog glansryke items as ’n meer besadigde uitrusting (as jy regtig wil).

Vroulike styl

rvlri gold Petite metal watch R599, Truworths

Jy hou daarvan om vroulik te voel en dra graag sagte, vloeiende ontwerpe en materiaal. Jy verkies waarskynlik rokke en rompe bo broeke.

Die kleiner gesig van die horlosie, omring met ’n enkele rytjie diamanté (nagemaakte diamantjies) lyk klassiek en vroulik. Die skakelbandjie is ook baie mooi en dra by tot die vroulike voorkoms hiervan.


rvlri -horlosies is beskikbaar by uitgesoekte Truworths- en Edgars-winkels of op rvlri.com

*Die onbepaalde waarborg beteken die hele horlosie, van die beweging tot die wysers, gesig, bandjie, en glas. As dit gebreek is sal RVLRI dit regmaak en as hulle dit nie kan regmaak nie, vervang hulle dit gratis.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Suzanne toets ’n periokulêre verjongingsbehandeling (oogbehandeling)
error: Content is protected !!