’n Gastroenteroloog se 12 beste wenke vir dermgesondheid

Daar is allerhande (soms vreemde) raad oor dermgesondheid op die internet en in sosiale media. ’n Gastroenteroloog deel sy kundige wenke. Deur Suzanne Kotzé

Kaapse gastroenteroloog, dr. Jacques Badenhorst, deel gereeld hierdie wenke oor dermgesondheid ook met sy pasiënte.

“Daar is soms maar vreemde goed wat mense glo oor dermgesondheid.”

dr. Jacques Badenhorst

1. Dit is nie nodig om obsessief te wees oor dermgesondheid nie

Baie mense word vreeslik obsessief daaroor om byvoorbeeld speseryerige kosse te vermy of om ‘intermittent fasting’ te doen.

2. Eet ’n wye verskeidenheid kosse

Dink aan daardie diagram wat ons almal in Wetenskap op skool geleer het. Vir dermgesondheid is dit belangrik om ’n verskeidenheid kosse te eet. Dit gaan nie daaroor om banting of zero carbs te probeer eet nie.

Jou dieet moet oorwegend plantvesels (groente en vrugte) bevat en vleis moet nie die oorgrootte meerderheid van jou dieet uitmaak nie.

3. Vermy vetterige vleis

As jy vleis eet, moet dit gesonde vleis, met lae bronne van vet wees.  Vetterige vleis kan veroorsaak dat te veel maagsuur afgeskei word, wat kan lei tot sooibrand of maag- en slukdermsiektes.

4. Verfynde koolhidrate is sleg vir jou dermgesondheid

Verfynde koolhidrate (al die goed wat die lewe lekker maak soos donuts en lekkergoed) moet wel vermy word.

5. Eet genoeg hoëvesel kosse

Enige groente (blare, brocolli, kool, lensies en bone) is goeie bronne van suiker. Vrugte is ook veselryk, maar dit bevat weer baie suiker. Bessies (soos aarbeie en bloubessies) is goeie bronne van veselagtige vrugte.

6. Kou goed

Dit is belangrik om goed te kou. Wanneer jy kou, word verteringsensieme in jou mond afgeskei wat die verteringsproses aanhelp. As jy groot stukke kos afsluk, neem dit langer om te verteer.

7. Oefen gereeld

Oefening is goed vir jou spysvertering aangesien dit bloevloei na jou dermkanaal laat toeneem. Dit beveg ook hardlywigheid en oefening is juis een van die goed wat ons vir mense aanbeveel wat met hiermee sukkel.

8. Slaap genoeg

Dit is asof slaap weer opnuut waardeer word. Daar was ’n tyd wat mense gespog het oor hoe min hulle slaap, maar nou weet ons hoe belangrik dit vir ons algehele gesondheid is, van geestesgesondheid tot fisiologies, en dit is so belangrik vir ons immuunstelsels.  Mense wat op die lange duur nie genoeg slaap nie, is meer vatbaar vir siektes soos diabetes.

9. Geen groot maaltye voor bedtyd

Die algemene beginsel is dat dit beter is om meer gereelde, kleiner maaltye te eet. Vermy ’n groot maaltyd minstens so drie ure voordat jy gaan slaap aangesien dit verteringsprobleme en ook refluks kan veroorsaak.

10. Pre-biotiese kosse vul gesonde dermbakterië aan

Gefermenteerde kos soos kefir, kimchi, kombucha en sauerkraut bevat baie gesonde bakterieë wat moontlike gesondheidsvoordele vir jou derm inhou omdat dit die gesonde dermbakterië wat jy reeds het, aanvul. Vir die meeste van ons is dit onprakties en duur om dit die heeltyd te eet. Eet dit wanneer jy voel jy het dit nodig, as jy byvoorbeeld ongemak ervaar weens bloating of abnormale dermsindroom. 

11. Pre-en post-biotiese aanvullings kan onnodig en duur wees

Daar is ’n persepsie dit aanvullings goed is vir jou dermgesondheid, maar eintlik is dit net sleg vir jou beursie. Dit is onnodig (en duur) om te neem as ’n voorsorgmaatreël.

12. Spreek ’n dokter indien ongemak en pyn indringend raak tot jou lewenskwaliteit.

Baie ‘derm’ simptome is alledaags en normaal, maar jy moet eerder ’n dokter gaan spreek as die ongemak of oormatige pyn, krampe, bloeding of ’n verandering in jou dermgewoontes indringend raak en langer as twee tot drie weke duur.

Kyk gerus na hierdie oulike ‘symptom checker’ op dr. Badenhorst se webwerf as jy wonder oor simptome.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
kinders lees meer
Maak só kinders lief vir lees
error: Content is protected !!