Hoe kry jy jou tienerseun om velsorgprodukte te gebruik en by ’n velsorgroetine te bly? Ons het dr. Suretha Kannenberg (self ’n tienerseun-ma) gevra vir raad. Saamgestel deur Suzanne Kotzé
Help so jou tienerseun om na sy vel te kyk
So ’n rukkie gelede stuur ek hierdie aan Kaapse dermatoloog, dr. Suretha Kannenberg.
“Ag help tog. Jy is sekerlik ’n kenner op die gebied. Hoe kry jy jou tienerseun in ’n velsorgroetine. Die meisies is so maklik, maar die seuns! Enige wenke?”
Dr. Suretha: “Ek wens ek het goeie antwoord – ek sukkel ook met my tienerseuns! Hier is wat ek egter voorstel:
Hou dit eenvoudig
Nie te veel botteltjies nie. Vogroom/sonskerm kombinasies is my algemene voorstel vir my pasiënte as ek regtig graag wil hê dat hulle vogrome gebruik. Soms is hulle so olierig dat ek eerder net die sonskerm voorstel. Sonskerm is natuurlik die belangriker van die twee. Maak net seker dat die sonkerm ‘non-comedogenic’ sê, sodat dit nie puisies veroorsaak nie.
Produkte op strategiese plekke
Los die produkte op strategiese plekke. Gesigwas in die stort, vogroom by die tandeborsel. Sonskerm by die voordeur of die garagedeur.
Herinner
Probeer, maar onthou om te herinner.
’n Liefde maak dalk net ’n verskil
En dan ‘if all else fails’ hopelik kom daar dalk ’n liefde op die horison wat hulle wil beïndruk. Hopelik begin hulle dan produkte gebruik 😉.
Die aanpassing van die hele tienerproses is moeilik genoeg; moet maar nie te veel druk op hulle plaas nie. Moenie te hard raas nie; hulle sal regkom.
Dermatoloog, Dr. Suretha Kannenberg




Dr. Kannenberg se praktyk is in Durbanville, Kaapstad, maar jy kan ook ‘n aanlyn konsultasie met haar doen. Klik hier: dr.derma.co.za