Multimaskers; wat is dit en hoe werk dit?

Velsorg volg nie die “een grootte vir almal” benadering nie, en die idee agter “multimasking” versterk die benadering van ’n pasgemaakte velsorgroetine volgens jou vel se individuele behoeftes. Multimasking verwys na die gebruik van verskillende tipes maskers wat op verskillende gedeeltes van jou vel gelyktydig of na mekaar aangewend word. Leer meer oor die “multimasking”-trend en hoekom ons daarvan hou. Ons deel ook ’n klomp van ons gunsteling Sisley-maskers en hoe multimaskers werk. Deur Justine Kroes

17/03/2023

Wat is “multimasking”?

Net soos geen twee areas op jou vel dieselfde is nie, so is geen twee gesigmaskers presies eenders nie. Multi-masking is ’n velsorgtegniek waarby jy verskillende gesigmaksers op verskillende areas op jou gesig gebruik afhangend van jou vel se behoeftes en jou eie veldoelwitte.

’n Voorbeeld hiervan sal wees om twee of meer maskers aan te wend op spesifieke areas op jou gesig – een masker vir jou droë wange, ’n ander masker vir jou olierige T-sone en ’n ander masker vir die fyn plooie rondom jou oë. Jy kan ook direk na mekaar verskillende tipes maskers aanwend

Die belangrike deel van “multi-masking” is om die verskillende areas op jou vel te “lees”, analiseer en te verstaan en eers daarna kan jy presies vir jou vel gee wat dit nodig het.

7 Redes hoekom ons van “multimasking” hou

  1. Om spesifieke vel-bekommernisse op verskillende gedeeltes van jou vel te teiken. Met jou normale velsorgroetine kan jy dalk een of twee velprobleme teiken maar met die multi-masker benadering kan jy ’n hele klompie velbekommernisse, van gedehidreerde vel, fyn lyne, probleemvel soos aknee en selfs dowwe vel op een slag aanspreek.
  2. Velsorgmaskers bevat gewoonlik ’n hoë konsentrasie van bestanddele, daarom sal jy vinnige resultate sien met die multi-masker benadering.
  3. Ons hou daarvan om vir onsself ’n “spa-tipe” ervaring tuis in die gemak van ons eie huise te kan gee – met ’n multi-maskerplan wat hard werk en goeie resultate lewer.
  4. “Multi-masking” is geskik vir enigeiemand en jy kan dit pasmaak vir jou eie behoeftes. Ons velle se behoeftes verander amper net soos die seisoene verander.
  5. Stres, leefstyl en hormone veroorsaak soms velfrustrasies en ons gewone velsorgroetine maak dalk nie voorsiening vir hierdie ongewenste vel probleme nie. Deur middel van die multimasker-metode kan jy blitsig ’n velbehandeling aanpas vir jou vel se behoeftes.
  6. Deur jou maskers “strategies” aan te wend, sal jy verhoed dat jy jou vel “oorbehandel”, byvoorbeeld deur ryk produkte op ’n olierige gedeelte van jou vel te gebruik of dalk ’n uitdrogende kleimasker op ’n reeds droë en gedehidreerde gedeelte van jou vel aan te wend.
  7. Jou maskers hou langer – jy gebruik jou maskers op ’n doeltreffende manier wat die meeste sin maak vir jou persoonlike velbehoeftes.

Multimaskers doen dit so:

Stap 1

Ons glo daaraan om vel liggies af te skilfer voor ons met die multi-masker-proses begin. Deur jou vel voor maskeraanwending af te skilfer, sorg jy dat enige dooie velletjies en oortollige olies nie in die masker se pad sal staan nie. Jou masker kan jou vel beter binnedring en doen wat dit beloof om te doen.

Ons gunsteling op die oomblik is die Sisley Exfoliating Enzyme Mask (R2 000), en is ’n kruis tussen ‘n afskilferaar en ’n masker. Die masker (’n poeier) word gemeng met water om die produk te aktiveer; wend dit soos enige ander masker aan en laat vir een minuut op jou vel (ja een minuut!).

Sisley Exfoliating Enzyme Mask

Die masker bevat ’n natuurlike ensiem van die papajavrug, papain. Hierdie ensiem breek bindings tussen dooie selle af wat op jou veloppervlak opbou en verwyder die dooie selle en velle dadelik (hierdie aksie hits ook selvernuwing aan). Daarna streel ’n kombinasie van essensiële olies jou vel, die fyn skuim van die masker wanneer jy dit afspoel verwyder enige oortollige olies, herstel balans, laat jou vel stralend en sag. Dit alles in een minuut! ’n Moet-hê vir besige vroue wat nie altyd genoeg tyd het vir ’n langdurige pamperlang maskersessie nie.

Sisley Exfoliating Enzyme Mask

Stap 2

Gee vir jouself ’n deeglike vel-analise of doen een by ’n velkenner. Kyk na die verskillende gedeeltes van jou gesig en skryf neer watter area is meer gedehidreerd, lyk dof, waar is fyn plooie die meeste sigbaar, en waar sien jy dalk aknee of puisies en olierige gedeeltes op jou vel.

Stap 3

Verdeel jou vel in die volgende areas en identifiseer maskers wat die beste op daardie areas sal werk.

Vir probleem- of olierige gedeeltes

Sisley Deeply Purifying Mask with Topical Resins

Die Sisley Deeply Purifying Mask with Topical Resins (R2 200), ook bekend as die SOS masker vir ’n blitsig vinnige vel-suiwerende resultaat. Die Purifying Mask beloof om die vel te suiwer en verminder die voorkoms van puisies en velmerkies vir ’n meer eweredige veltekstuur. Die bestanddeel wit-klei absorbeer oortollige sebum en elimineer vel-onsuiwerhede. Hierdie masker sal ons graag gebruik op daardie gedeeltes waar die ongewenste puisies hul verskyning maak (dankie PMS!). Die masker is ook geskik vir kombinasie-veltipes en sal nie die vel uitdroog of trekkerig laat voel nie.

Droë, sensitiewe vel

Sisley Velvet Sleeping Mask

Die Sisley Velvet Sleeping Mask (R2 200) is ontwikkel vir die wat sukkel met ’n ongemaklike droë vel wat styf of trekkerig voel. Hierdie “nighttime comfort” masker herstel jou vel terwyl jy slaap en die natuurlike bestanddele soos heuning-ekstrak en saffraanblomme streel en herstel die vogbalans van jou vel. ’n Masker waarmee ons kan slaap, ja asseblief!

Sensitiewe vel

Sisley Facial Mask with Linden Blossom

Die Sisley Facial Mask with Linden Blossom (R2 200) is spesiaal geformuleer vir die wat sukkel met ’n sensitiewe vel. Beskryf as die “cocooning mask”, beloof die masker om ekstra sag te werk te gaan met jou vel en laat jou vel glansend en sag voel.

Droë vel rondom oë en lippe

Sisley Instant Smoother Eye Contour Mask

Probeer die Sisley Instant Smoother Eye Contour Mask (R2 350) ’n masker geformuleer vir die wat sukkel met pofferige oë en fyn lyne rondom die oog-area. Die Instant Smoother Eye beloof versagte fyn lyne,  en minder donker kringe. Hierdie masker is propvol plantekstrakte soos Gingko Biloba wat sirkulasie bevorder rondom die oog-area. Jy kan natuurlik die masker rondom jou mond en lippe ook gebruik, en die bonus? Jy het nie nodig om die masker af te spoel nie.

Kombinasie/normale veltipes:

Sisley Radiant Glow Express Mask

Die Sisley Radiant Glow Express Mask (R2 050) is geskik vir alle veltipes. Hierdie masker suiwer saggies die vel (danksy die rooi klei-bestanddeel), veral goed vir daardie velle wat dof en moeg voorkom. Ons gunsteling deel van hierdie masker aanwend is die pragtige pêrelagtige glans wat dit gee na aanwending. Die resultaat is sagte, soepel en gehidreerde vel wat glansend en gesond lyk in 3 tot 5 minute!

Sisley Express Flower Hydrating and Toning Mask

Die Sisley Express Flower Hydrating and Toning Mask (R2 300) is ’n vars, hidrerende jeltekstuur-masker. Spesiaal ontwerp vir gedehidreerde, moeë en lewelose velle. Lelie en iris-ekstrak hidreer die vel terwyl sesame-ekstrak vel regenereer. Gebruik die masker voor ’n afspraak of sosiale geleentheid vir ’n onmiddelike uitgerusde velvoorkoms – 3 minute is al wat jy benodig.

Fyn lyne en plooie wat pla

Sisley Black Rose Cream Mask

Die ikoniesie Sisley Black Rose Cream Mask (R2 750) het al onder skoonheidskenners “Cult Beauty” faam bereik. Hierdie gewilde masker word beskryf as ’n “gesig-lig” in ‘n botteltjie en ons verstaan beslis hoekom. ’n Absolute gunsteling in die Stylvol kantoor. Na 10 tot 15 minute van die masker op jou vel lyk jou vel dadelik meer plomp (koebaai fyn lyne). Jou vel is glansend en jeugdig. Dit hoort ’n stapel in enige skoonheidsliefhebber se multimasker arsenaal te wees!

Sisley Black Rose Cream Mask

Justine se multimasker behoeftes

Ek sukkel met puisies op my voorkop, ken en kakebeen, hier sal ek die Sisley Deeply Puryfying Mask gebruik. Ek sal die Sisley Radiant Glow Express Mask op my T-sone gebruik vir vel wat dof en moeg lyk. En die Sisley Express Flower Hydrating and Toning Mask vir daardie ekstra hidrasie-hupstoot op my wange.

Suzanne se multimasker behoeftes

Ek sal heel eerstens my vel afskilfer met die Sisley Exfoliating Enzyme Mask en daarna volg met met die Sisley Instant Smoother Eye Contour Mask rondom my oë om fyn plooie op te plomp. Die Sisley Black Rose Cream Mask is een van my heel gunsteling maskers om te gebruik en ek wend dit graag op die res van my gesig aan. Ek assosieer die reuk van hierdie masker al met spesiale gebeure in my lewe, want ek maak altyd op hierdie masker staat om my mooi glansend te laat lyk. Ek vlieg graag hiermee, want dit smeer in en keer dat my vel uitdroog.

Pssst ‘n spesiale aanbeiding vir alle Stylvol lesers – Gebruik die kode Stylvol23 en ontvang ‘n spesiale Sisley geskenk (ter waarde van R2000) wanneer jy ‘n aanlyn bestelling plaas (kik hier). Offer geldig vanaf 20 tot 31 Maart 2023.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wat is LED ligterapie en waarom is dit so gewild?
error: Content is protected !!