13 Snoesige winterhuiswenke

Hier is dekoridees vir ’n snoesige winterhuis, reg vir kuier, bordspeletjies of luilekker opkrul op jou bank, want dit is immers hiberneerweer. Deur Suzanne Kotzé

Skep jou snoesige wintershuis só

1. Strooikussings met tekstuur

Daar is tans soveel strooikussings met tekstuur in die winkels; van bouclé tot kunspels.  Dit is ’n maklike manier om jou dekor dadelik meer snoesig te laat voel. Onthou om sponskussings met verekussings te vervang; dit skep dadelik ’n luukse gevoel, en vere vorm ook mooier. Loer gerus by Hertex Haus hiervoor.

Bauhaus Geo Natural Scatter Cushion (
Bauhaus Geo Natural Scatter Cushion (R799, @home en bash.com)
Scripto Scatter in Cognac (R1 200, Hertex Haus)
Priscilla Scatter Cushion
         Priscilla Scatter Cushion (R499, Poetry)
Alaya Scatter Cushion (R399, Poetry)
Woolworths Cotton Velvet Scatter
         Cotton Velvet Scatter (R499, Woolworths)

2. Kombersies in jou leefarea

Vervang gerus jou kombersies elke nou en dan. Die sagste kombersies word wollietjiesrig en lelik. Skenk dit gerus vir ’n projek vir haweloses. Kombersies vir die winter moet natuurlik streelsag en vertroetelend wees. Maak seker dit pas in by jou dekor se kleurskema. Wenk: hoekom nie vir elke familielid ’n verskillende kleur kombersie gee (wat natuurlik by die kleurskema inpas) nie.

Hypoallergenic Cosy Grid Check Blanket
Hypoallergenic Cosy Grid Check Blanket 200x150cm (R599, Woolworths)
Shaggy Fleece Blanket 180x150cm (R349, Woolworths)

3. Skep atmosfeer met kerse

Verby is die dae wat ons net lang of ‘pillar’ wit kerse gekry het; kies kerskleure en vorms wat by jou dekor pas. Onthou ook om met hoogte en tekstuur te speel.  Dink aan ’n vet kers op ’n kleiteëltjie saam met ’n lang kers in ’n koperkandelaar.

NS Die Nederlanders het ’n lieflike gewoonte; borreltijd. Om 5 uur steek hulle klokslag kerse aan en sit ’n paar versnaperinge uit en geniet iets om te drink. Dit hoef natuurlik nie alkoholies te wees nie.

Kuns Solar Candle Holder
Solar Candle Holder (R249 elk, Knus)
Babylonstoren MarmerLaterite Candle Holder
MarmerLaterite Candle Holder 4×4 cm (R190, Babylonstoren)
Babylonstoren Rose Candle Stack – Medium r
Rose Candle Stack – Medium (900, Babylonstoren). Hierdie stel bestaan uit drie kerse en twee houers en jy kan dit stapel en rangskik soos jy wil.
Rekindle Candles Beta Beach Ceramic Candle – Large (R599, Superbalist)
Osaka Candle Holder (R980, Pedersen & Lennard)

4. Geur jou huis warm met warm, speseryerige geure

Die antieke Grieke was glo eerste om geurverspeiders te gebruik in die vorm van riete wat hulle in essensiële olies gedoop het en gebruik het om hul huise en tempels mee te geur. Vandag kry ons natuurlik selfs elektroniese geurverspreiders.

Ons het selfs onlangs hierdie mooi Fester tafellamp gesien (hoog op ons wenlysie, maar ons sien dit nog nie in Suid-Afrika nie).

Kies warm en uitnodigende geure soos vanielje of naeltjies vir kerse of geurverspeiders. Nog goeie geure vir jou huis:

  • FRANGIPANI (plumeria) word met vrede en harmonie vereenselwig.
  • PATSJOELIE verbeter jou bui en beveg depressie
  • SEDERHOUT snoer mense saam
  • SALIE word vanaf antieke tye gebruik om van negatiewe energie ontslae te raak.
Aura Electric Diffuser Celestial,
Aura Electric Diffuser Celestial, (R1 499 @home en bash.com)
Aura Electric Diffuser Breathe (R999, @home en bash.com)  
Cape Island Safari Days Fragrance Diffuser
Cape Island Safari Days Fragrance Diffuser (R649, Yuppiechef.com)

5. Stal jou kaggelhout uit

Houtstoor

Maak jou kaggelhout deel van jou dekor, daar is soveel mooi verskillende houers om kaggelhout in te stoor. Bêre gerus daardie lelike, halfgebrande mandjie waarin jy jou kaggelhout rondkarwei.

Firewood Holder – Indoor (R1 549, Pedersen & Lennard)

Kaggelhoutspirasie

kaggelhout stoorplek
kaggelhout stoorplek
kaggelhout stoorplek

Foto’s: Pinterest

6. Dek met ’n tafeldoek

Verruil gerus jou plekmatjies vir ’n tafeldoek wat lekker lank afhang en ekstra drama en atmosfeer skep. Kies grofgeweefde linne vir ekstra tekstuur.

Laterite Table Cloth (vanaf R2 100 vir 2,5m, verskeie groottes beskikbaar, Babylonstoren)
Linen Table Cloth (180cm x 3m, R1 399, Woolworths)

7. Verander jou beddegoed

Winterlakens bly een van die maklikste maniere om jou dadelik meer snoesig te laat voel. Onthou gerus ook om eers laaswinter se kombers wat in die kas weggepak was, in die son uit te hang, voordat jy daarmee bedopmaak. Die sonlig help om huisstofmyt te vernietig.

8. Bring warm, aardse kleure in

’n Warm, aardse kleurpalet is ’n goeie opsie vir die winter. Bruin word juis as die winter se nuwe neutrale kleur bestempel.

9. Kies klei

Bêre jou glas uitstal-elemente en kies die growwer tekstuur van klei; van blompotte tot kershouers.

Garlic Chubby Vase (R999, Poetry)
Vase Oval Ceramic (R699, @home en bash.com)
Ceramic Cylinder Vessel (R599, Woolworths)

10. Sagte lae lig met lampe

Staan of tafellampe skep ’n uitnodigende, koesterende gevoel. Kies spasies soos hoeke waar dit dalk van nature donker is. Onthou om altyd warm gloeilampe by staanlampe te gebruik.

Hertex House Mystique Floor Lamp – Nightshade (R5 899, Superbalist)
Boletus Portable Led Lamp Rechargeable Black/white (R999, Elevenpast)
Rotterdam Floor Lamp Cane (R5 999, Elevenpast)

11. Speletjiesaand

kaggelhout stoorplek

Winter is die ideale tyd vir bordspeletjies, maar die meeste van ons se bordspeletjies is so diep in ’n kas weggebêre dat ons daarvan vergeet. Kies ’n paar mooi bordspeletjies en stal dit op ’n rak uit, sodat dit maklik bereikbaar is.

Foto: Style Curator, Pinterest

Marble Chess Set (R3 260, Bespoke Home)
Marble Tic Tac Toe Set (R399, Poetry)
H&M Wooden Storage Box (R379, Superbalist)

12. ’n Spasie vir modderskoene

Moenie van ’n skoenrakkie of matjie by jou voordeur vergeet, waar vuil modderskoene uitgetrek kan word nie.

Read more: 13 Snoesige winterhuiswenke

13. Kapstok of jashakke

Hake of ’n kapstok lyk nie net mooi by by jou voordeur nie, en is nie net prakties vir jou gesin nie, maar ook vir kuiergaste. Hoeveel keer plak jou gaste nie net hulle sakke en serpe op die naaste tafel of bank neer nie.

Iconomy coat stand

Black Epoxy Steel Coat Stand with bench (R10 290, lim.co.za)

Hatch Coat Rack (R2 299, Iconomy)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
badkamer
Badkamer regruk
error: Content is protected !!