sakpas lanterns
sakpas lanterns

Mooiste sakpas lanterns

Tuinkuiers en subtiele beligting en kerse gaan hand aan hand en ons het die  mooiste sakpas lanterns ontdek wat ons net moes deel! Alles onder R200! Deur Suzanne Kotzé

Mooiste sakpas lanterns wat met batterye werk

Kapenaars weet dat die Kaapse Dokter nie altyd jou buite-kerse se vriend is nie. Daarom was hierdie lanterns wat met batterye en liggies werk ’n ware vonds. Geen meer rondhardloop om kerse wat uitwaai aan te steek nie.

DH Small LED Glass Lantern in Amber (R155, Builders Warehouse)

Ek kon dit nie glo toe ek hierdie mooi lanterns by Builders Warehouse sien nie. Die glas is dik en swaar en dit lyk soos iets wat mens gewoonlik by ’n duur dekor-boetiek sou sien. Slegs grys is aanlyn beskikbaar, maar by die Kenilworth-tak waar ek was, was daar oorwegend Amberkleure beskikbaar. Ek het ook ’n ‘blush’ kleur gesien. Dit werk met twee AA batterye elk.

Bottle with Light (R49,99 Pep Home)

Hierdie glasbottel het ’n stringetjie fyn liggies binne in. Dit gaan nie noodwendig vreeslik baie lig gee nie, maar dit skep tog ’n mooi atmosfeer. Wees net seker jy toets of dit werk in die winkel. Slegs een van die sewe op die rak in die winkel het gewerk. Ek het hierdie een by Pep Home, Claremont, opgespoor. Dit werk met van daardie snaakse klein ronde batterye (2 x CR2032).

Roped Battery LED Lamp Black (R199,99, Mr Price Home) en Diamond Battery LED Lamb Black (R199, Mr Price Home)

Hierdie skep ’n meer stedelike gevoel. Albei werk met 3 AA batterye elk.

Kers-lanterns (SKU 8584, R54,99 PEP Home)

Hierdie mooi lanternskan sommer as ’n blompotte ook gebruik word. Ek het dit opgespoor by die Claremont tak. En die kleur is net so mooi!

Laat weet ons gerus as jy nog iewers sakpas lanterns opspoor!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
minimalistiese huis
Organiseringswenke vir ’n minimalistiese huis
error: Content is protected !!