Koffietafel-stilering moets en moenies

’n Stylvolle gestileerde koffietafel laat ons dekorliefhebber harte vinniger klop, maar soms sukkel ons om die balans en die elemente op ’n koffietafel reg te stileer. Dekorkenner Izelle Visser van Mood Interior sê “’n Koffietafel is dikwels die fokuspunt van ’n leefarea, en die manier waarop dit gestileer word, kan ’n groot impak hê op die algehele voorkoms van die vertrek”. Izelle deel koffietafel-stilering moets en moenies plus elemente wat jy in ag moet neem wanneer jy ’n stylvolle koffietafel wil stileer. Saamgestel deur Justine Kroes.

12/07/2024

5 Moets vir koffietafel-stilering

1. Gebruik die reël van drie’s:

Izelle verduidelik die stileer reël “Die reël van drie is ’n klassieke stylbeginsel wat harmonie en balans skep. Groepeer items in stelle van drie om ’n visueel aangename effek te skep.”

Foto: Pinterest

“Hierdie reël van drie’s werk goed met verskillende tipes items soos boeke, dekoratiewe voorwerpe en plante”.

Foto: Pinterest

2. Verskillende hoogtes:

“Skep visuele kontras deur voorwerpe van verskillende hoogtes te gebruik. Dit bied dimensie en maak die koffietafel meer dinamies. Gebruik ’n hoë dekorelement soos ’n vaas of kandelaar, ’n mediumhoogte dekoritem soos ’n stapel boeke, en ’n lae dekorelement soos ’n kers.”

Foto: Pinterest

“Indien al die items dieselfde hoogte was, sou niks raakgesien word nie, uitstaanelemente is nodig. Kombineer items soos byvoorbeeld boeke, vars blomme, kerse en ornamente om visuele interessantheid en belangstelling te skep, is Izelle se raad.

3. Tekstuur is belangrik

“Meng verskillende teksture en lae om die tafel interessant te maak. Gebruik items soos houtbakke, glasvase, en tekstielplekmatjies of geweefde skinkborde om ’n ryk visuele ervaring te skep. Dit help ook om ’n gevoel van diepte aan jou koffietafel gee.” sê Izelle.

Foto: Pinterest

4. Maak dit persoonlik

“Stileer jou koffietafel met persoonlike items soos byvoorbeeld jou gunsteling boek, ’n erfstuk of ’n unieke kunsstuk. Dit gee karakter aan jou koffietafel en reflekteer jou persoonlike styl. Maak seker dat hierdie items goed saamwerk met die ander dekor om ’n samehangende voorkoms te behou”, verduidelik Izelle.

Foto: Pinterest

5. Seisoenale elemente:

Izelle se topwenk om seker te maak jou koffietafel lyk nie jaar na jaar dieselfde nie: “Verfris jou koffietafel gereeld met seisoenale items. In die lente en somer kan jy vars blomme as seisoenale dekor gebruik, terwyl jy gedurende die herfs en winter jou koffietafel met kerse en warm skakerings kan stileer. 

Foto: Pinterest

Dit gee natuurlik ook die geleentheid om veranderinge aan jou koffietafel se stilering te maak.

Foto: Pinterest

Moenies:

Probeer om die volgende te vermy wanneer jy jou koffietafel stileer:

1. Oorlaai: 

Vermy dit om te veel items op jou koffietafel te plaas. Dit sal geklotter lyk en die moeite van al die stilering ondermyn.

2. Onpersoonlike styl: 

Moet liefs nie jou koffietafel vul met items wat geen betekenis vir jou het nie. Dit kan koud en onpersoonlik voorkom.

3. Ongeorganiseerde plasing: 

Dit is belangrik dat daar ’n gevoel van orde in die rangskikking is. Hierdie skep die gevoel dat daar moeite en beplanning met die stilering plaasgevind het.

4. Verskillende kykhoeke

Moet nie vergeet om van alle “angles” na die items op jou koffietafel te kyk nie. Byvoorbeeld van die een kant lyk ’n fotoraam dalk baie mooi, maar aan die teenoorgestelde kant van die tafel kyk jy in die agterkant van hierdie fotoraam vas. Dink mooi oor elke item en of dit van alle kykhoeke af mooi lyk.

Dit het jy dalk nodig vir ‘n begin:

Mood Interior

Izelle Visser van Mood Interior deel gereeld interessante informasie vir jou spasie op Mood Interior se Instagramblad. Loer gerus hier. Kontak vir Izelle vir ‘n virtuele moodboard, stoffering, kamer oormaaksessies en meubelontwerp, klik hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
georganiseerde tuiskantoor
’n Georganiseerde tuiskantoor vir georganiseerde denke
error: Content is protected !!