Mooiste piekniekbykomstighede

Lente is net die lekkerste tyd vir piekniek hou. Dit is nog nie te warm nie, en (vir die Kapenaars) waai die somerwind nog nie te erg nie. Na ’n lang winter het ons onlangs ons piekniekbykomstighede uitgehaal en besluit dit is tyd vir die geskeurde piekniekkombers en borde wat nie meer bymekaar pas nie om te gaan. Hier is wat die soektog na nuwe piekniek-bykomstighede opgelewer het. Deur Suzanne Kotzé

Piekniekbykomstighede wenke

Hou al jou piekniekbykomstighede in een houer sodat jy dit net in jou mandjie kan pak en nie nog hoef te soek na waar alles is nie.

  • Onthou om ’n nat lappie in ’n plastiekhouertjie of ‘wipes’ vir taai hande saam te neem.
  • Ook ’n plastieksak vir vuil borde, glase en eetgerei.
  • Pak ekstra sagte kombersies in vir wanneer dit onverwags koud word as die son ondergaan.

Mandjies

’n Mandjie wat reeds borde en eetgerei in het, maak natuurlik die lewe makliker, want jy kan net gryp en gaan. Soms hou jy dalk nie van hoe die borde of glase lyk nie, of jy wil ’n mandjie hê wat jy vir ander goed ook kan gebruik.

Country Road Sand Picnic Basket (R 1,999, Woolworths)
@home willow picnic basket 2 person (R999, @home winkels en bash.com)
Yuppie Gift Baskets – Polka Picnic Basket 4 – Person (R1549, takealot.com)

Stoele en tafeltjies

Vir ’n ‘next level’ piekniek oorweeg gerus hierdie; wat nie net ’n tikkie meer gemak nie, maar ook luuksheid aan jou piekniek verleen.

The Iconic Outdoor Chair (R1999, rawoodcraft.co.za)
Hands Free Wine Glass Holder (R149 vir ’n stel van vier, myhandsfree.co.za)
Drink table (R799, rawoodcraft.co.za)
Maxwell & Williams  Picnic Perfect Acacia wood Serving Table (R499, maxwellandwilliams.co.za)

Koelsakke

Country Road Tallow Australian Cotton Medium Picnic Bag (R1 299, woolworths)
Mr Price Home  Stripe Cooler Bag (R179, mrphome.com)
Elevenpast Retro Polarbox (vanaf R999, verskeie kleure beskikbaar elevenpast.co.za)

Piekniekkomberse

’n Kombers met ’n waterdigte agterkant is ’n moet.

Amer picnic mat (R489, Superbalist)
Country Road Percy Recycled Polyester Picnic Blanket (R1 799, Woolworths)
Thandana Picnic Blanket (R899, Thandana.co.za)

Borde en glase

Mr Price Home  Melamine Matt Dinner Plate (R59,99 mrpricehome.com)
H&S Luay plate set of 4 – green (R209, superbalist.com)
Bamboo Plate stel van 4 (R99,95 Woolworths)
Ribbed Wine Glass (R89,95 Woolworths)
Pineapple Shaped Sippy Cup (R99,99, mrpricehome.com)
Typo Always ready collapsible wine glass-rosa powder (R119, superbalist.com)
Manna Hibiscus Design Carafe (R349 Woolworths, grootte 739 ml). Hou koud vir (tot 24 uur) en warm (vir tot 12 uur).

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Meer as net mooi muurhake
error: Content is protected !!