Molekulêre krag; verpersoonlikte hupstoot vir jou vel met Sothys Dermobooster

Die nuwe Sothys Dermobooster kosmeseutiese reeks is gelykstaande aan ’n hupstoot vir JOU vel. Jy gebruik dit soos nodig om die verskeie velbehoeftes (van dehidrasie tot veroudering, rooiheid en puisies) te behandel. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Tegan Smith

Promosie

Die nuwe Sothys Dermobooster kosmeseutiese reeks

Maar eers meer oor Sothys

Vir ingeval jy nie bekend is met Sothys nie. Sothys is ’n professionele Franse velsorgreeks bekend vir sy luukse, spa-gefokusde behandelings en sensoriese dog hoogs-wetenskaplike formulerings.

Die nuwe Dermobooster kosmeseutiese reeks

Baie keer as dit by kosmeseutiese (wat staan vir ’n kruis tussen kosmeties en farmaseuties) produkte kom, voel dit asof jy moet kies tussen produkte wat hard werk en sensories is. Dit ruik en voel baie keer meer klinies, maar nie met Sothys nie. Mens kry beslis nog daardie meer sensoriese gevoel, terwyl dit hard werk en hoogs wetenskaplik is.

Meng en pas om by jou vel se behoeftes te pas

Min van ons se velle is maand na maand dieselfde. Sommige dae, is jou vel dalk rooi, of jy sukkel met ’n karbonkel of vier sekere tye van die maand. En dit is wat hierdie reeks so lekker maak, jy kan produkte, van rome tot serums en ampules meng en pas en gebruik soos nodig. Die Dermobooster reeks = ’n hupstoot vir JOU vel. Jy gebruik dit soos nodig om die volgende velbehoeftes te behandel:

  • dehidrasie
  • veroudering
  • rooiheid
  • en puisies/merkies.

Kragtige molekules in verskillende groottes word gebruik om dieper te penetreer. Van die bestanddele sluit in niasinamied, hialuroonsuur, plantkollageen en verskeie sure (soos alfa-hidroksiesuur, betahidroksiesuur, poli-hidroksie-suur en ensieme).

’n Profesionele chemiese afskilfering

Getrou aan die spa-herkoms, is die spilpunt waarom die reeks draai ’n chemiese afskilfering wat ’n 30% suur konsentrasie bevat. Na die afskilfering (wat jy by die salon of medi-spa laat doen) word ’n ampule (gevul met gekonsentreerde bestanddele) aangewend.

Die gekonsentreerde ampules

Sothys is bekend vir hulle ampules en het reeds in 1947 (slegs ’n jaar na hul stigting) met hul eerste biologiese serum ampule vorendag gekom. As ampule-kenners verkoop Sothy’s miljoene ampules elke jaar.

Die vyf Dermobooster ampules

Hierdie ampules is bedoel om vir sewe dae gebruik te word wanneer jou vel ’n spesifieke hupstoot nodig het, hetsy dit vir rooiheid, dehidrasie, veroudering of aknee (volwasse of jeug) is.

Een ampule bevat twee dosisse, vir soggens en saans en die ‘kursus’ van sewe moet binne sewe dae voltooi word. Jy gebruik dit nadat jy jou gesig gewas het en voordat jy bevogtig.

Kies jou velbehoefte

(en meng en pas).

Vir intense hidrasie

Die ‘Pro Dermobooster Moisturizing’ ampules

Sothys ‘Pro Dermobooster Moisturizing’ ampule (R795, vir sewe ampules, uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Hierdie ampule bevat onder andere hialuroonsuur vir intense hidrasie en is een van ons gunsteling ampules. ’n Goed gehidreerde vel help natuurlik dat jou sperfunksie goed werk en dat jou vel gesond bly. Ons voorspel dat hierdie beslis ’n wintergunsteling gaan wees, soos ons velle meer droog word. Veral die Gautengers sal baat vind hierby! ’n Week en jou vel voel gehidreerd.

Regenerative Solution

( Sothys Regenerative Solution (R1195) uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Hiermee saam kan jy die Regenerative Solution gebruik. Die ligte jelformule kan as ’n makser of serum gebruik word op vel wat broos en swak is, veral na estetiese velbehandelings.

REP Repair Balm

(Sothys REP Repair Balm uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Die Dermobooster Repair Balm streel en heel beskadigde, broos vel. Ook ideaal na estetiese velbehandelings en kan op jou gesig of lyf gebruik word.

Teenverouding

Die Pro Dermobooster Youth Ampule

Sothys Pro Dermobooster Youth Ampule(R795, vir sewe ampules, uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Hierdie ampule bevat die sogenaamde plantkollageen, wat ’n botaniese samestelling van sojaproteïn, rys aminosuur en baobabsaad ekstrak is. Dit bevat ook hoë gewig hialuroonsuur vir hidrasie. Dit help met plooie en fermheid.

BX Wrinkle Corrector

Sothys BX Wrinkle Corrector (R1750 uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Die Dermobooster BX Wrinkle Corrector help met uitdrukkingsplooie (soos frons, lagplooitjies ens.) en is getoets op vroue wat botoks inspuitings gehad het. Volgens Sothys se toetse help dit dat die botoks beter werk, langer hou en dat jy minder gereeld gespuit hoef te word. Ons is mal oor die verpakking, dit voel omtrent of jy vir jouself ’n inspuiting gee (sonder die seer). Ek moes eintlik al ’n maand gelede vir botoks gegaan het, en dit voel beslis asof hierdie my afspraak nog ’n bietjie kan rek.

Wenk: Wend dit aan op jou plooie, en gebruik ‘n knyp aksie om na plooi na mekaae te druk.

Dermobooster Noctazyme Enhancing Cream

Sothys Dermobooster Noctazyme Enhancing Cream (R1250, uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Die Noctazyme Enhancing Cream kan as bevogtiger gebruik word saans. Dit bevat niasinamied, granaatensieme en probiotika om te help met velhernuwing, vel wat meer glansend lyk, gladder voorkom, meer glansend is en porieë wat minder sigbaar is.

Rosacea/rooiheid

Pro Dermobooster Relief Ampoule

Sothys Pro Dermobooster Relief Ampoule (R795, vir sewe ampules, uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Hierdie is ideaal om te gebruik as jy geneig is om met rosacea, rooiheid of sensitwiteit sukkel. Sommige van ons sukkel dalk nie elke dag hiermee nie, maar nou en dan word jou vel rooi. Dalk van hitte, te veel oefen, alkohol ens. en dan is dit ook wonderlik om hierdie as sewedag-regmaker te gebruik. Dit help om jou vel te heel en streel.

Dermobooster Relief Serum

Sothys Dermobooster Relief Serum (R995, uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Hierdie serum help om rooiheid weg te neem, en moet verkieslik vir 21 dae gebruik word. Jy kan dit oor jou hele gesig gebruik, of slegs op dele waar jy met rooiheid sukkel. (Ek het dit op my wange gebruik.) Dit bevat Centella Asiatica en wit teeblaarekstrak.

Dermobooster Relief Cream

Sothys Dermobooster Relief Cream (R995, uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Behalwe dat hierdie room help met rooiheid, streel en voed dit jou vel. Of jy nou permanent met rooiheid en rosacea sukkel of net tydelik. Dit help ook dat jou vel meer eweredig lyk.

Volwasse- en jeug aknee

Aknee in adolessensie kom meestal op die T-sone voor en 85% van tieners het aknee.

In volwassenes kom dit in ’n inflammatoriese vorm en meestal op die U-sone (ken en kakebeen) voor. 40-55% vroue sukkel hiermee en 30% mans.

Sothys het twee ampules ontwikkel, een vir tieners en een vir volwassenes.

Die Dermobooster Correcting Ampule

Sothys Dermobooster Correcting Ampule (R795, vir sewe ampules, uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Hierdie sewedag-behandeling vir tieners help om vel te suiwer en help keer dat nuwe puisies vorm. Vir gebruik op die T-sone. Dit kan ook net op spesifieke areas of puisies aangewend word.

Skeur die doppie af en druk die silwer aanwendingsballetjie wat saam met die ampules kom in die gaatjie. Wend aan, haal die balletjie uit, spoel dit af en hou eenkant. Sit die doppie weer op.

Dermobooster Clarifying Ampule

Sothsy Dermobooster Clarifying Ampoule (R795, vir sewe ampules, uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Die Dermobooster Clarifying Ampoule is spesifiek ontwikkel vir volwasse vel en help om jou vel se toestand te verbeter en te help met ’n meer eweredige velvoorkoms.

NS As jy soos ons met ‘daai-tyd-van-die-maand-puisies’ sukkel, gebruik dit gerus net voordat jy menstrueer (PMS tyd) en hou dit aan gebruik vir ’n week. Dit is ’n wenner op die karbonkels.

Dermobooster Purifying Serum

Sothys Dermobooster Purifying Serum (R795, vir sewe ampules, uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)a

Die Dermobooster Purifying Serum is bedoel vir olierige en aknee-geneigde velle. Die serum help om olie te balanseer en die voorkoms van puisies te verminder. Dit kan oor die hele gesig gebruik word vir ’n tydperk van 21 dae.  

Dermobooster Purifying Cream

Sothys Dermobooster Purifying Cream (R795,uitgesoekte spa’s en orleanscosmetics.co.za)

Die Dermobooster Purifying Cream is ’n ligte room met ’n mat fluweelagtige afwerking wat oortollige olie absorbeer.

Sothys is beskikbaar by uitgesoekte spa’s en medi-spa’s.

Besoek orleanscosmetics.co.za vir meer inligting

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Virtuele haarsalon
error: Content is protected !!