Luukse velsorg vir jou aandroetine

Saans wanneer ons snoesig slaap word ons vel beskerm teen enige eksterne aggressors – jou vel regenereer saans en die natuurlike herstelprosesse word geaktiveer. ’n Belangrike tyd om die skade te herstel wat gedurende die dag op jou vel aangerig is. Namate ons ouer raak neem ons selvernuwing af en ons benodig ekstra hulp om al hierdie prosesse aan die gang te hou. Die (luukse!) Sisley Supremÿa At Night-reeks doen net mooi dit. Luukse velsorg word gekombineer met tegnologie, ‘n wenresep.

Lees meer oor die proses, bestanddele en ons persoonlike ervaring met die produkte: Deur Justine Kroes/ Foto’s; Raincoat Media

26/08/2022

Meer oor die Sisley Supremÿa La Nuit/At Night luukse velsorg reeks:

  • Hierdie produkte, spesiaal geformuleer vir gebruik saans, bevat vier geheime plantekstrakte wat die gepatenteerde Phyto Complex LC12* opmaak – ’n wonderbestanddeel wat vir 12 ure na aanwending op die dieper (dermis) lae van jou vel te werk gaan en die proses van die veroudering van jou velselle teenwerk.
  • Die Sisley Supremÿa At Night/La Nuit-reeks beloof 25 verskillende teenverouderingsresultate.
  • Die reeks is ook die afgelope agt jaar deur kundiges by Sisley ontwikkel om die formulasies perfek reg te kry.
Ons is bederf met ‘n baie luukse pajama-partyjie en pamperlangsessie waar ons geleer het hoe om hierdie produkte in ons aandroetine te gebruik saam met ons vriendin Candice-Lee Kannemeyer van In My Bag. Ons mooi pajama’s is van Dream Weaver. Foto’s geneem by Banksia Boutique Hotel.
  • Dit bevat boonop die hoogste konsentrasie van aktiewe bestanddele wat nog deur Sisley vrygestel is.
  • Die Supremÿa La Nuit-produkte werk nie net op die boonste (epidermis) laag van jou vel nie, maar ook op die dieper (dermis) lae om selvernuwing aan te hits.
  • Dit stimuleer kollageen om vel-elastiteit te behou.
  • Dit stimuleer hialuroonsuursintese in die epidermis vir ’n plomper vel.
  • Nog voordele sluit in hidrasie, herstellende en beskermende eienskappe. Dis strelend, kalmerend en daarby ook goed vir die suiweringsproses van die vel.
  • Die produkte stimuleer ook mikro-sirkulasie – iets wat jy sal verstaan nadat jy ’n Sisley produk gebruik het – jy kry vir ’n paar minute blosende wange. Die resultaat is stimulasie op ’n sellulêre vlak wat dus meer bloedvloei na die vel bring en voilá – ’n gesonde glans – die soort wat ons almal graag wil hê.

So ondervind ons die Sisley Supremÿa La Nuit reeks

Suzanne: “Hierdie is ’n reuse-bederf en sekerlik nie iets wat ek ooit self sal kan bekostig nie. Na slegs vyf dae se gebruik voel en lyk my gladder en meer glansend. Ek het aanvanklik gedink ek verbeel myself, maar tot my man het dit opgelet! Vandat ek hierdie begin gebruik het, ruim ek ook ‘n paar ekstra minute in voor bedtyd om die produkte behoorlik te geniet.

Ek span my sintuie in en asem die heerlike reuk in en voel die lieflike tekstuur van die produkte op my vel. Dit is asof ek sommer rustiger raak en meer ontspanne is voor slaaptyd.

Nou beter my skip net inkom voor die produkte op is.”


Justine: “Ek is op die oomblik huiwerig vir nuwe produkte aangesien ek op Ro-accutane was en my vel is sedertdien droog en sensitief. Ek kan egter getuig dat ek geen reaksie op die produkte het nie en my vel voel soveel minder sensitief en meer hidreerd. Die tekstuur en reuk van die produkte is ongelooflik, ’n sensoriese ervaring soos geen ander. My aand velsorg-roetine het nou ’n behoorlike bederftydjie geword.

Soggens word ek wakker met ’n gelukkige, gehidreerde vel. Selfs die aande wat ek sleg geslaap het (kinders!) lyk ek soggens wakker en my oë minder pofferig – te danke aan die wonder oogroom!

Stap 1

Sisley Supremÿa La Nuit The Supreme Anti-Aging Skin Care Lotion

Die nuutste toevoeging tot die La Nuit reeks;

Hierdie sal die eerste stap in jou nagroetine wees.

“Die Sisley Supremÿa La Nuit Lotion berei die vel voor sodat al die ander produkte wat volg optimaal sal absorbeer en dat al die aktiewe bestanddele hul eindbestemming sal bereik”

Tamryn Drysdale, bemarking en komunikasiebestuurder vir Sisley Suid-Afrika

Die produk

  • Bevogtig – ’n gehidreerde vel absorbeer aktiewe bestanddele tot en met 10 keer meer as ‘n gedehidreerde vel.
  • Stimuleer – om die vel vooraf te stimuleer verhoog deurlaatbaarheid om seker te maak dat die sleutelbestanddele hul eindbestemming bereik.  
  • Aktiveer – en wakker die sellulere kommunikasie aan – ’n produk wat aan jou velselle kommunikeer dat daar nog goeie bestanddele op pad is, staan reg! Sodat wanneer die ander aktiewe bestanddele arriveer dit dadelik deur die velselle opgeneem kan word.

Die produk is lig en voel soos ’n hidrerende sluier op jou vel na aanwending en absorbeer taamlik vinnig. Essensiële olies van Damaskusroos, Magnolia en Malva sorg vir die hemelse geure terwyl hierdie olies boonop ’n kalmerende en strelende effek het.

Stap 2

Sisley Supremÿa Anti-Aging Eye Serum

’n Oogserum bekend vir toekennings wen – bevat ook van die wonderwerkbestanddeel Phyto-complex LC12*, hoewel heelwat minder as die serum – jou vel rondom jou oë is tot 5 keer dunner.

Hierdie oogserum verminder die sigbaarheid van donker kringe en pofferigheid rondom jou oë vir ’n onmiddelike wakker en vars oë-voorkoms.

Stap 3

Sisley Supremÿa La Nuit The Supreme

Hierdie produk bevat die hoogste konsentrasie van die gepantenteerde Phyto-complex LC12* – die hart van die Sisley Supremÿa La Nuit reeks.

’n Serumroom-tekstuur wend foutloos aan – en ons voel hoe daardie mikrostimulasie plaasvind, blosende wange en al.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Virtuele haarsalon
error: Content is protected !!