Moderne, minimalistiese Paastafel

Swart en wit met ’n tikkie pienk en skoon lyne was die inspirasie agter ons moderne, minimalistiese Paastafel. ’n Maklike maak-dit-self-Paaskrans en lapdakkie skep ’n feestelike gevoel. Deur Suzanne Kotzé en Justine Kroes. Foto’s Jessica Lynn Delport

24/03/2023

Moderne, minimalistiese Paastafel

Die mooi linnetafeldoek is Linen House Oxford Grid Tablecloth, Cream (R999 vir ’n ses-sitplek tafel, R1 299 vir ’n agt-sitplek en R1 699, vir ’n 10-sitplek, beskikbaar by Yuppiechef)

So lief soos ons vir kleurvolle oordaad is, asook oulike kindergoed, was ons hierdie Paasfees lus vir ’n meer volwasse Paastafel. Pienk borde bring ’n tikkie kleur in, maar as pienk nie jou kleur is nie, sal wit en ook groen net so mooi lyk hierby.

Mervyn Gers borde
Pienk groot borde en swart kleinbordjies, Mervyn Gers.
Golden Egg, (R390, Babylonstoren) Dit sluit die glas cloche (12cm) en houtsirkel in.

Maak-dit-self borduurring-Paaskrans

Swart sjampanje glase R129 elk, H&M Home. Swart blompot R229, H&M. Plekmatjies Mia Melange Placemats & Coasters Charcoal Jute Jungle (vanaf R1 590-R1 990, afhangend van grootte, vir ’n stel van vier, miamelange.com)

Hierdie Paaskrans is binne vyf minute gemaak. Al wat jy nodig het is:

  1. Die binneste ring van ’n borduurring (Wenk: leen een, of kyk by tweedehandse winkeltjies as jy nie een het nie. Anders is ’n nuwe een ook glad nie duur nie (so om en by R60-R70 by naaldwerkwinkels).
  2. Borduurgare of fyn tou
  3. Groen blare/takkies. Enige groenigheid met ’n sagte stingel wat om die hout sal kan draai. Ons wou graag hê die hout moet nog wys tussen die blare deur.

Koekstander vir mooi goed en hoogte

Glas bobbelblompot (R229, H&M) Swart bobbelblompot (R199, H&M) Hout koekstander (deel van die Forage and Feast reeks, beskikbaar by uitgesoekte Checkers winkels)

Stal ’n paar Paasfees-elemente soos ’n keramiekhasie en ’n glashouertjie met wit eiers uit op ’n koekstander. Plaas dit aan een van die kante as fokuspunt, en so hou jy jou tafel oop sodat daar meer neersitplek is vir kos.

Klein glasblompotjie met fynbos in (R149, H&M)

Hasie-servette

Linenhouse Oxford Linen House Oxford Grid servette (R399, vir vier yuppiechef.com) en Linen house Nimes Linen servette
1. Ons het twee servette gebruik. (Altwee is van Linen House) 2. Plaas die twee servette oormekaar. 3. Rol die servette so styf as moontlik saam op, diagonaal vanaf een hoek na die ander.
4. Vou servette in die helfte
5. Bind die twee rolletjies met ’n toutjie so min of meer twee derdes om die haas se ore te vorm.

Lapdrapeersel

lap drapeersel Paasfees

 Alles wat jy nodig het om hierdie te maak, dit is ook ’n japtrap gedoen

  1. Twee lang ronde stokke (minstens so 1,8m, ons het hierdie by Builders Warehouse gekoop)
  2. Twee ou kleiblompotte (jy kan hulle sproeiverf om hulle te verfris)
  3. ’n Lang stuk lap, lank genoeg om by die kante af te hang. Min of meer jou tafel se grootte plus ’n ekstra drie meter.)

Wenk: “Neem die potte saam winkel toe om seker te maak die hout stokkies pas daarin is,” Justine se raad.

Maak dit so

  1. Dop die ou klei blompotte om en sit die twee stokke daarin
  2. Plaas dit aan weerskante van jou tafel, sodat die blompotte effens onder die tafel is en die stokke ’n klein bietjie uitwaarts gaan. (Wenk: sit ’n baksteen of klein gewiggie in die pot sodat dit in plek bly).
  3. Span ’n tou aan die bokant van die stokke.
  4. Gooi die stuk lap oor, en vou dit in by die tou, sodat daar nie te veel materiaal afhang nie.
  5. Draai die lap liggies om die stokke sodat dit nie uitsteek nie.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
11 Idees vir jou mees georganiseerde werkspasie ooit
error: Content is protected !!