Minki van der Westhuizen het onlangs haar nuwe rol as ambassadeur vir CATRICE Cosmetics bekend gemaak. Minki, mamma van drie, model en tv-aanbieder gesels met ons oor haar nuwe titel as gesig van CATRICE Cosmetics, haar liefde vir grimering en deel haar heel gunsteling grimeerprodukte. Deur Justine Kroes
08/04/2022
Minki x CATRICE
Natuurlik is dit vir my ’n reuse eer en ’n groot lekkerte om deel te wees van die wonderlike veldtog en CATRICE Cosmetics familie.
Ek is nog altyd lief vir grimering – van kleins af – en ek kan sien al drie my dogtertjies is net so lief vir grimering soos hulle Ma.
Minki van der Westhuizen
Een van my gunsteling redes hoekom ek so gaande is oor CATRICE is omdat dit regtig goeie produkte is waarin ek glo maar steeds baie bekostigbaar daarby.
Ek hou daarvan dat hulle heeltyd aan die voorpunt van nuwe tegnologie is. CATRICE probeer altyd die beste en die nuutste by hul getroue volgelinge uitbring. Dit is ook hoekom CATRICE die heeltyd nuwe produkte inbring – die tegnologie word net so vinnig opgradeer!

Beste grimeerwenke/produkte vir haastige mammas?
- Gebruik iets soos ’n getinte bevogtiger of ’n ligte onderlaag wat lekker vinnig kan aanwend.
- Maskara en ’n blosser is ’n moet,
- En laastens ’n lipliner – hiermee kan jy selfs jou lippe bietjie meer inkleur en jy kan dit ook gebruik as ’n lipstiffie.
Hoe sal jy jou grimering anders doen vir ’n geleentheid of aand uit?
Ek dra nie elke dag onderlaag nie, maar as ek ’n funksie of ’n shoot het sal ek onderlaag en bietjie poeier aansit. Ek sal ook definitief bietjie meer moeite doen met my grimering op my oë (veral met oogskadu).
Gewoonlik neem my grimering my so tussen 7 en 9 minute, maar ek kan lekker lank tittewyt as ek ’n spesiale geleentheid het, dan is dit vir my lekker om rustig my grimering te doen.

As jy vir die res van jou lewe net 3 grimeerprodukte kan gebruik, wat sal dit wees?
Dit sal beslis ’n concealer (verbloemer) moet insluit. Met ’n concealer kan jy net daardie merkies wat pla op jou gesig toemaak. Nie nodig vir ’n hele gesig onderlaag nie.
Absoluut ’n maskara! Definieer jou oë blitsvinnig.
Weereens ’n lipliner, jy kan bietjie op jou lippe smudge en soos ’n lipvlek gebruik en selfs jou wangetjies daarmee kleur.
Enige grimeertrends wat jy nooit sal dra nie?
Oe jinne, ek het al geleer mens moet nooit sê ‘never ever say never’ nie, want selfs goed wat ek ’n jaar gelede gedra het kyk ek nou weer terug en dan dink ek – ek kan nie glo ek het byvoorbeeld lash extensions gehad nie!

Wat is jou gunsteling CATRICE grimeerprodukte om te gebruik?
Die CATRICE Ten!sational 10 in 1 Dream Primer is vir my ’n baie lekker produk, juis omdat hy ook ’n SBF in het en dit sit so lekker onder enige onderlaag.
Enige van CATRICE se volume maskaras is vir my amazing – vir voller langer wimpers. Ek hou nie van waterproof maskaras nie, ek glo dit beskadig my wimpers.
CATRICE se plumping lip liner – ek kan een in elke kleur hê. Ek dra dit elke liewe dag ek is mal daaroor. Ek is verslaaf aan ’n lipomlyner. Die kleure van jou lipstiffies kan jy daarmee meng en jy maak jou opsies soveel groter. As jy byvoorbeeld net twee lipomlyners en drie lipstiffies het, kan jy jou kleure self meng en maak soos wat jy daarvan hou. Beslis ’n veelsydige grimeeritem.
CATRICE Cosmetics is beskikbaar by Dis-Chem, Clicks, Takealot, Superbalist, Skinmiles and House of Cosmetics. Gebruik die kode #Minki10 vir 10% af op jou CATRICE inkopies op House of Cosmetics.
Dit is nou die lekker ding van grimering – jy koop iets maar jy pas dit aan soos wat jy daarvan hou, jou eie styl en jy dra dit mos op jou manier!
Minki
CATRICE het sopas ’n splinternuwe reeks produkte vrygestel – hou ’n ogie op Minki se Instagramblad om te sien wat haar gunstelinge uit die nuwe reeks is. Klik hier om die nuwe produkte te koop.
Die artikel is geborg deur CATRICE / Cosmetix SA
