Mel die Storieverteller se fiksheidsmissie; (half) Ysterman hier kom ek!

Mel die Storieverteller is hard aan die oefen, en nie om gewig te verloor nie, maar om fiks te word. Voordat sy nog begin oefen het, het sy ingeskryf vir die Ysterman-kompetisie sodat sy ’n doelwit het, en geforseer word om te begin. Sy deel haar fiksheidsreis met ons, haar inspirasie en wenke vir as jy ook wil begin oefen. Deur Suzanne Kotzé

Bygewerk: 9 November 2025

Mel die Storieverteller se fiksheidsmissie

Mel (Melanie Welgemoed) vertel dat sy altyd baie aktief was op skool. “Ek het provinsiaal netbal gespeel, en met kort afstande hardloop was ek vinnig. In my twintigs het ek ook nog gedraf en ek het dit begin mis om aktief te wees en iets te hê om na te werk. Ek het ook agtergekom dat ek baie van my tyd aan Mel die Storieverteller spandeer, en al die op en af toer.”

Die eerste ding wat Mel soggens gedoen het as sy wakker word, is om agter haar rekenaar in te klim en stories te begin skryf. “Dan is dit ’n vinnige breakfast, en dan is dit weer terug by die werk en die videos wat ek maak. Ek het net besef dat as ek Mel die Storieverteller vir nog baie jare wil doen, gaan ek my kop op iets anders moet sit. Iets in my persoonlike lewe wat nie net ‘n klein stokperdjie is nie.

Ek het iewers gelees dat mense soos ek wat workaholicis is, intense stokperdjies moet hê.

Soos as jy ’n sport wil doen, moet jy iets doen soos surf of valskerm spring. Ek het probeer dink wat daar is waartoe ek kan commit sodat ek myself kan forseer om dit te moet doen.

Toe skryf ek in vir die Half Iron Man nog voor ek begin oefen het!”

Mel vertel dat haar inspirasie om in te skryf, ’n kollega is saam met wie sy so 15 jaar gelede gewerk het. “Sy, Magda Nieuwhoudt, het so triathlons gedoen. En dit was vir my so inspirerend. Haar dissipline! Ek het altyd so by myself gedink “Jis, ek sal dit love om so iets te doen’. En sy het ook sommer soos ‘n ystervrou gelyk.”

Aanvanklik is net om te begin oefen die moelikste.

“Net om te begin oefen, veral as jy onfiks is, is nogal tough. Maar ’n mens hoef nie te veel te druk op jouself te sit aan die begin nie. Party mense besluit ‘ek gaan Maandag begin’ en dan gaan oefen hulle sommer ’n uur en ‘n half en dan is hulle so styf dat hulle nie die volgende dag wil aangaan nie, of hulle gooi sommer tou op.

En dit is iets waarvan ek nie hou van die oefenkultuur nie;  dat dit torture moet wees.

Aanvanklik het ek maar net probeer dink watter tipe oefening ek gaan moet doen om fiks te word. Maar net om op te staan en dit te doen was vir my moeilik.”

Mel het ’n afrigter in die Paarl (waar sy bly). “Hy het vir my ’n lekker program uitgewerk spesifiek vir my fiksheidsvlak. En hy gee vir my lekker wenke van wat om te doen en hoe en dit help baie,” sê Mel.

Mel oefen elke liewe dag

“Omdat ek oefen vir ’n triathlon wat swem, hardloop en fietsry insluit, doen ek daai drie oefeninge in die week. Ek ry twee keer fiets, swem twee keer en hardloop twee keer. Op dag sewe ry ek weer fiets, want ek is nie baie goed daarmee nie, en hulle sê mos jy moet jou meeste tyd spandeer aan dit waarmee jy nie so goed is nie, en joh, daai saal is klein!”

Simpel aanmerkings

Mel kry gereeld aanmerkings wat nie altyd lekker is om te hoor nie. “Mense wil altyd iets sê oor jou gewig of hoe jy iets moet doen, maar dan het hulle geen idee van jou agtergrond nie. Ek het bietjie joga gedoen, so ek was nie net ’n couch potato nie.

My lewe is nie soos die meeste ander mense s’n nie.

Naweke is ons op en af besig met shows en reis as ander mense sit en rugby kyk. Mense wil altyd vir jou sê wat vir hulle werk, omdat hulle dink dit gaan vir jou ook werk. En dit is baie snaaks. Mense gee meestal ’n opinie voordat hulle uitvra.

Mel se gewig

Mel kry gereeld aanmerkings oor haar gewig. “Ek het net gesê ek gaan die Ironman doen toe begin mense al vir my sê. ‘Sjoe maar jy lyk goed.’ En ‘jy het gewig verloor, of ‘Sjoe maar jy is nou lekker maer’ en ek het nog nie eens verloor nie. Maar foto’s is ook deceiving, alles hang af van die angles.

Iemand het gesê ‘jy moet nou nie te maer word nie, want dan gaan jy nie meer snaaks wees nie.’

Of ‘jy moet nou nie een van daai spiertiertjies word nie, want ons vetties kort ook iemand.’ So asof as ek nou dalk gaan gewig verloor, ek ’n ander persoon gaan wees.”

Mel vertel dat die tipe oefening wat sy doen bekend staan as ‘endurance training.’ Die half Ironman is 2km swem, 21km draf en 90km fietsry en dit duur ongeveer agt ure. “So ek moet baie eet sodat ek energie het wat my kan deurdra vir agt ure. Ek is heel gelukkig met die ekstra gewig wat ek aan my lyf het, want dit gaan my deur daai agt ure dra,” vertel sy laggend.

Aanmerkings oor gewig

Op 8 November deel Mel die volgende plasing op Facebook

“Vir almal (wie my NOG NOOIT in regte lewe gesien het nie en net op foto’s) wat nou WEER so baklei in my comments oor hoeveel ek weeg en wat nou klassifiseer as ‘n kompliment en wat nie – hier is vir julle twee foto’s…

Foto 1 – waar julle kan gaan sê “sy is nog ons lekker dik Mel”
Foto 2 – “sjoe, jy’s skraal, hoeveel gewig het jy verloor!” “Moet nou net nie wegkwyn nie, dan verloor jy jou persoonlikheid”

Ek verstaan NIEMAND het slegte intensies wanneer hulle sê “sjoe, jy’t maer geword nie” – ek weet jy dink dis ‘n kompliment… en party mense sien dit as ‘n kompliment – maar WEEREENS hoekom is ‘vet’ die ergste ding wat ‘n vrou kan wees???

My lekkerste komplimente oor my fisiese voorkoms is

  • 1. “sjoe, jy lyk goed!” – dit sny die konnotasie van gewig uit.
  • 2. “Jy gloei en lyk so gelukkig” – want enige vrou in enige lyf kan gloei en gelukkig wees.
  • 3. “Jy is ‘n inspirasie” – ek het NOOIT gedink dat ek mense sal inspireer nie, net deur te wees wie ek is, en op te staan vir dinge wat ek sterk oor voel inspireer julle – want dalk is ek n sterk stem wat dit wat van julle dink en voel Hardop sê.
  • 4. “As gevolg van jou het ek die week my tekkies aangetrek en begin stap” – wow! Saam stap ons nie om gewig te verloor nie, maar om te beweeg, om ons breine skoon te kry, om die endorfiene te laat loop. En die bonus bysaak is dalk ‘n gesonder liggaam of dit nou maerder is of nie…
  • 5. Nog van my gunstelinge “jy lyk stunning” “jy glow” “jys so mooi” “ystervrou” dit alles haal gewig UIT en sit die klem op geluk wat van binne af buite toe straal.

Bogger hoeveel ek weeg! Ek’t 10km nou die dag gedraf! En enige iemand wat deur so ’n helse tyd kan power through is vir my baie sterker as iemand wat op ’n quickfix diet gaan want hulle dink om maer te wees genees alle emosionele wonde.

Eks mal oor julle – maar onthou asb – woorde dra krag – en iemand anders lees jou comment waar jy praat oor gewig, ’n jong meisie, en sy dink “ek moet maer wees sodat mense van my hou of my komplimenteer” – en dis die grootste leuen wat ons vrouens gevoer is ons hele lewe en ek hoop in ‘n klein manier kan ek net ‘n paar mense se sieninge en woordeskat help verbeter om in effek ander vroue net oor die algemeen te help beter voel oor hulself.”

Mel x

Oefening-oorwinnings tot dusvêr

Mel het vir die eerste keer in haar lewe 7km gedraf. “Die vêrste wat ek al voor dit gedraf het, was 5km vir ‘n Park Run, toe ek nog fiks was in my twintigs. Vir my was dit baie cool om 7km te kan draf.

Ek het ook vir die eerste keer in my lewe op ’n padfiets gery en ek het 30km vanoggend op hom gery. So dit is goed wat ek nooit gedink het, ek sou doen het nie. Ek is mal oor swem en ek is baie opgewonde oor die openwater swem wat ons gaan doen tydens Ironman. Ek sien baie uit na dit om so tussen die branders en visse te swem.”

Mense se obsessie met oefening en gewigverloor.

Vir jare en jare word daai stigma van maerwees in ons kele afgedruk deur die media.

  1. As jy oorgewig is assosieer hulle dit met lelik en ongesond en
  2. Jy moet minder eet en meer oefen. Dit is seker tot ’n mate waar. Ek onthou op universiteit het ek ’n vriendin gehad wat seker elke dag 10-15km gedraf het en sy was so groot soos ek. En ek het altyd gewonder hoekom verloor sy nie gewig nie. En eers toe ek ouer word besef ek dat dit nooit oor gewigsverlies gegaan het nie.

Dit was vir my so cool toe ek die Olimpiese Spele gekyk het om al die verskillende liggame te sien wat die vroulike atlete het, afhangend van watter sport hulle doen.

Met die triathlon dink ’n mens altyd dit moet ‘ekstra small’ en ‘small’ mense wees wat dit doen omdat jy so baie oefen. Maar toe ek begin belangstel het, het ek gesien daar is baie groter vroue (en mans) ook wat dit doen. Toe besef ek: as hulle dit kan doen kan ek ook.

Raad vir mense wat wil begin oefen

Watter raad het Mel vir mense wat ook wil begin oefen, maar nie sovêr kom nie, omdat hulle bang is hulle word veroordeel of hulself net nie so vêr kan kry nie?

Sluk jou trots

Ek was ook daar, ek het nie altyd daarvan gehou om gym toe te gaan nie, want jy is omring deur al hierdie mense wat weet hoe werk al die toerusting. Hulle lyk mos sommer net so asof hulle weet wat hulle doen.

Ander mense kyk nie vir jou nie, hulle is te besig om te oefen

Dit voel dalk of almal vir jou kyk, maar die meeste mense is eintlik ondersteunend en is so besig om self te oefen dat hulle jou skaars raaksien.

As jy bang is begin by die huis.

Sommer in jou pajamas met ’n vyf minute Youtube video. Begin klein.

Begin teen jou eie pas.

Dit gaan oor niemand anders as jy nie. Dit gaan oor jou en hoe jy dinge wil doen, op jou tyd.

Persone wat Mel inspireer

Tracey-Lee Lusty Horwitz

Tracey-Lee Lusty Horwitz of @fitnessgirl_za soos sy op Intagram bekend is, het vir Mel gewys dat ’n normale meisie ook Ironman kan doen. “Tracey is amazing, sy het vir bariatric surgery gegaan. En sy is net ’n toonbeeld van absolute endurance. Sy kon na haar operasie net ’n dieet gevolg het, maar sy wou vir haarself gewys het wat haar liggaam kan doen. En sy doen altyd alles met ’n glimlag, maar sy is ook tog vulnerable. Sy is ’n ongelooflike inspirasie om na haar te kyk. Sy was ook groter toe sy begin oefen het, en sy het nou wel ongelooflik baie gewig verloor, maar sy hou nie op nie. Sy stop nie nou nie, sy het besef hoe goed dit vir haar mentally is om haarself aan haarself te bewys.

Chad Nathan

Chad of @gingerwithagopro op Instagram wat sê: “do one big thing every year that challenges you”

Hy is absolutely crazy. Hy het altyd in die pad gedraf en nou draf hy in die berge. Hy reis baie rond en is die epitomy van ‘gryp elke dag en doen net alles wat vir jou lekker is.’ Ek love dit om sy Instagram stories te kyk ,want dan is hy hier in Alpacaland en draf hy gou teen ‘n berg op, en vanaand drink hy Tequila en gaan slaap 1h en more staan hy weer 6h op om te oefen. Hy neem ongelooflike mooi fotos. Dit is net living life en enjoying life, dit is vir my so lekker om te sien.

Schalk Bezuidenhout

Schalk Bezuidenhout wat gewys het dat ’n besige traveling komediant kan tyd maak vir ’n groot iets soos Comrades – en dit help rêrig met kop skoonmaak en nog stories uitdink! 

Schalk is ’n komediant wat baie meer reis as enige van ons ander komediante. Hy is gereeld ook oorsee, tog maak hy tyd vir oefen so tussendeur, soveel so dat hy die Comrades kon hardloop. En hy deel ook nie veel van sy oefen nie, hy het nie eers Strava nie. Dit was so inspirerend om te sien hy doen hierdie ongelooflike groot wedren en toe dink ek ‘ja ek het eintlik geen verskoning nie ,want hy het ook nie kinders nie, net twee honde en ek het ook nie kinders nie, net twee katte.”

Mel se man, Ronald Welgemoed

Mel se man Ronald (@_ironmunky_ op Instagram) wys haar dat konsekwentheid en disipline die sleutel agter ’n gesonde ingesteldheid en ’n sterk sin van self is.

“My man staan elke oggend 5:00 op om te gaan gym, vandat ek hom ontmoet het. En daai consistency, of dit koud is of reën, is inspirerend. Hy sê ook gym is sy therapy. Hy hou daarvan om byvoorbeeld vir twee weke aan spiere te werk en dan die resultate te sien. Maar dit is nie ‘’n superficial ding nie. Hy kan ongelukkig nie saam met my oefen nie, want hy het asma, so hy doen meer weights.  Dit is vir my absoluut ongelooflik hoe hierdie man van my mense kan motiveer sonder judgement.

Hy het ook geen judgement oor my nie, hy laat my nooit voel ek is dik of pas nie by hom nie of ander vroue is mooier as ek nie. Hy is absolute ’n engel.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Selfsorg is nie selfsugtig nie; maak dit ’n prioriteit
error: Content is protected !!